Krygkor-hoof kry spesiale verlof ná Bosasa-aantygings

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, hoof van die kommissie van ondersoek na staatskaping. Foto: Karen Sandison/ANA

Die uitvoerende hoof van Krygkor, Kevin Wakeford, het Maandag spesiale verlof geneem ná onthullings voor die kommissie van ondersoek na staatskaping wat hom glo in die Bosasa-korrupsie impliseer.

Wakeford word blykbaar geïmpliseer in die beëdigde verklaring aan die kommissie deur Angelo Agrizzi, fluitjieblaser en voormalige Bosasa-bedryfshoof.

Agrizzi lewer die afgelope vier dae opspraakwekkende getuienis oor hoe Bosasa, nou African Global Corporations, reusebedrae omkoopgeld aan ministers en parlementslede betaal het om winsgewende staatstenders te bekom en die maatskappy te help om korrupsie te versteek.

Krygkor het gesê sy direksie het besluit om Wakeford se versoek om spesiale verlof tot verdere kennisgewing toe te staan sodat hy kan voorberei vir sy verklaring in antwoord op die aantygings voor die kommissie.

“In die lig van die jongste media-ontwikkelings waar die uitvoerende hoof van Krygkor … se naam genoem word in ʼn lys van mense wat glo deur die Bosasa-groep bevoordeel is, en die gevolglike bevestiging met die kommissie van ondersoek na staatskaping, het die uitvoerende hoof spesiale verlof versoek,” sê Krygkor in ʼn verklaring.

Krygkor sê dié instelling het nog nooit werk vir Bosasa gedoen nie en het ook nie handelskontrakte met hulle nie.

Min. Nosiviwe Mapisa-Nqakula het Sondag erken dat sy een van die stigters was van Dyambu Holdings, Bosasa se beherende maatskappy, maar ontken dat sy ooit enige dividende danksy haar aandeelhouding gekry het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JohanL ·

Teen die tempo wat mense nou spesiale verlof neem (sekretaris van die Zondo kommissie, Krygkor hoof) gaan menige instansies binnekort sonder hoofde sit en tydelike aanstellings moet maak. Hoop net hulle besin baie mooi vir hulle daai tydelike aanstellings doen :) :) !!! Wie bly oor om uit te kies?

Mags ·

Hy sou beslis nie die bal aan die rol gesit het voordat hy nie al sy bewyse in plek gehad het nie.

Jean van der Riet ·

Hulle , en die hele regering het Suid Afrika verkrag soos met Transnet , SARS , SAL , ESKOM , SANRAL , munisipaliteite , staats parties , dorpe tot op die kniee gebring , ekonomie laat in duie stort en meer onder n sodanige deursigtige regering vir die mense deur die mense !

In 1990 as jong man in die weermag het ek gesien die ding gaan nie oor apartheid nie , maar eerder wie gaan die algehele heerser wees van die land want hy sal al die mag he om te doen wat hy wou . Kyk maar na al die politieke moorde , dis niks te doen met apartheid nie , eerder oor wie in beheer van die geld is !

Absolute power corrupts absolutely !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.