KSA eis dat Proteas die knie buig

(Foto: @OfficialCSA/Twitter)

Die dae waar vryheid van keuse swaarder geweeg het, is verby – die Proteas word nou verplig om die knie ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging (BLM) vóór hul oorblywende T20-Wêreldbekerwedstryde te buig.

Dié verwikkeling kom nadat Krieket Suid-Afrika (KSA) se raadslede gisteraand eenparig besluit het om ’n opdrag uit te reik wat vereis dat alle Proteas ’n verenigde standpunt teen rassisme inneem deur die knie te buig.

Spelers kon vantevore self besluit of hulle wil staande bly, die knie buig of ’n vuis in die lug steek.

“As die spelers nog nie heeltemal gemaklik met die gebaar is nie, kan hulle op aandag staan om steeds die veldtog te respekteer,” het Dean Elgar (toetskaptein) destyds vóór die reeks teen die Wes-Indiese Eilande gesê.

Kommer is egter nou uitgespreek dat die spelers se verskillende houdings ’n indruk wek dat die inisiatief nie ondersteun word nie; selfs al word dit onopsetlik gedoen.

KSA het in ’n verklaring gesê dat die raad ná deeglike oorweging besluit het dat die span ’n verenigde standpunt teen rassisme moet inneem, veral gegewe Suid-Afrika se geskiedenis.

Volgens die verklaring buig ander spanne gereeld die knie en is dit hoog tyd dat die Suid-Afrikaanse spelers dieselfde doen.

“Die verbintenis om rassisme die nekslag toe te dien is die gom wat ons moet verenig, saambind en versterk,” het Lawson Naidoo, KSA se raadvoorsitter, gesê.

“Diversiteit kan (en moet) in baie fasette van ons daaglikse lewe tot uitdrukking kom, maar nie wanneer dit by ’n verenigde standpunt teen rassisme kom nie.”

Die Proteas speel vandag in hul tweede groepwedstryde teen die Wes-Indiese Eilande, ’n span wat nog met elke wedstryd die knie buig.

Kieron Pollard, Windies-kaptein, het vroeër gesê dat hy nie ander spanne kan dwing om dieselfde te doen nie.

“Die gebaar moet nie net gedoen word om ons te ondersteun of omdat ons simpatie soek nie. Almal het hul eie mening oor rassisme en BLM en ek kan nie vir mense sê wat om te doen nie. Baie keer verwag jy dat mense op ’n sekere manier optree en dan is jy teleurgesteld wanneer hulle dit nie doen nie,” het Pollard gesê.

Quinton de Kock is een van die Suid-Afrikaanse spelers wat tot dusver staande gebly het.

“Dit was my persoonlike keuse. Soos wat Lungi (Ngidi) vroeër gesê het, dit is elkeen se individuele besluit. Niemand word gedwing om iets te doen nie – nie in die lewe nie. Dit is hoe ek dinge sien,” het De Kock gesê.

Nathi Mthetwa, sportminister, het verlede jaar gesê dat hy nie teen Faf de Klerk en sy Sale Sharks-spanmaats sal optree wat besluit het om staande te bly nie.

“Ek kan nie namens Saru praat nie, maar ek het geen planne om teen die spelers op te tree wat nie die knie gebuig het nie,” het hy tydens ’n parlementêre sessie gesê. Hy is egter steeds teleurgesteld in hul optrede.

“Ek sou egter in my plig versuim het as ek nie belanggestel het in die redes waarom die spelers op verskillende maniere hul eensgesindheid met die Black Lives Matter-beweging wou toon nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

116 Kommentare

Jean ·

Quinton as dit vir dieselfde rede is dat jy ontrêk het, dan het jy my respek.

Tertius ·

Absoluut! Net soos dat daar gestry was vir n reg knie te vat het jy ook die reg om dit nie te vat nie.

casper ·

Dit is NOU die tyd vir Blanke Suid Afrikaners om op te tree teen die BLATANTE rassime in die land !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Harry ·

Nou kan ons gerus agter Quinton staan. Hy staan op vir wat hy in glo. Ons kan ook!

My siening ·

27 jaar diskrimineer ANC en kaders EFF teen blankes so watter lewens matter nou?

wendy ·

So hulle begin mense dwing hoeveel wit mense is nie vermoor nie all lives matter

casper ·

Krieket is net so berewe nou as Bafana Bafana — Albei hopelose spanne wat ons rasstiese bedrewenheid en onvermoë vir die wereld ten toon stel !!
Enige blanke wat sport beoefen op professionele vlak sal goed doen oorsee en oof ‘n baie beter betaling ontvang as in die land.

Michelle ·

Is Suid Afrika nou amptelik ‘n diktatorskap? Of ly ons aan ‘n nasionale minderwaardigheidskompleks wat ons alles slaafs laat navolg, ongeag individuele oorwegings?

Chris dupreez ·

n Standpunt teen rassisme inneem. Hoe belaglik. Net wanneer dit julle pas. Hoekom neem die regering nie n standpunt teen die openlike rassisme van Malema en sy gespuis in nie. Mooi so Quinten,

Vexed ·

Dit moet ‘n plesier wees om Nathi teleur te stel, ek weet dit sal ‘n lied in my hart sit!

Dirk ·

Dis hoekom ek nie meer die sport ondersteun nie.Politiek en nogmaals politiek..

Net ek ·

Dis weens die politiek in sport en die geknielery dat ek geen sport meer kyk of ondersteun nie! Ek kniel net voor God en geen ander nie!!

Niklaas ·

Dalks reken die knielers dat dit groter suksesse sal waarborg op die speelveld. Ek betwyfel dit

BARNEY ·

Dit is jammer dat rassisme soos blatant afgedwing word, sonder om te kyk wie BLM werklik is. Die knie big het niks te doen met swart mense, maar als te doen met ander onderdrukkende doelwitte. Ek dink dit vergelyk nou met Daniel en sy makkers wat geweier het om die knie te buig voor die koning. Ja ek wonder of die spelers wat daarteen gekant is dit tog gaan doen.

Gerhardus ·

Quinton de Kock verdien die ondersteuning van elke regdenkende persoon. Ek is net verstom dat van sy spanmaats te slapgat is om saam met hom te staan. Quinton ek is trots op jou!!!

RB ·

Dis die verskil tussen volgens beginsel of voorkeur lewe.
As dit jou beginsel is om slegs die knie te buig voor God die Almagtige dan sal jy daarby staan ongeag die prys.
As dit slegs ‘n voorkeur is, doen jy dit terwyl dit maklik is. As dit jou sak kan skud omdat jy moontlik nie meer mag speel nie, dan buig jy maar.

Hopeloos te veel mense leef volgens voorkeur.
Beginsels het integriteit nodig.

Anel ·

En afgod sport word gedien. Het lankal nie meer belang nie. Was nogal baie lief vir my sport. Maar nou ja, politiek meng orals in. So totsiens.

Frank ·

Ons nommer 1, Quintin, 8ste in die wereld, het onttrek.
Net soos die KSA ons wereldbeker aspirasies gekelder het deur ‘n onfikse Philander te laat speel ipv ‘n presterende mede bouler, so kelder die armsalige “victims” hierdie toernooi. Hou Nortje en Klaassen ook dop….. My liefling sport in sy maai in…..

Andrew ·

hahahaha , die duiwel los ook nie daai klomp uit nie. Altyd n ietsie.

Johan ·

Nou ja, toe, wanneer gaan hierdie idiote besef dat die BLM beweging ‘n blerrie spul kommunistiese gemors is? Dit het niks te doen met menseregte nie, alles vals misleiding. Maar, soos ons die satANiC Gutternment geleer ken het, weet ons dat daar nie veel aangaan in die boonste vertrek nie. Die F1 renjaer Daniil Kvyat het dit só mooi gestel: “In my country we kneel only before God and our flag!” Dan groet ons maar krieket ook, nê? Dis in elk geval net ‘n ge-organiseerde leeglêery, deesdae … !

Axel ·

Ek sal dan nooit weer krieket kyk nie. Het ONS MANNE nie hul eie keuses om te maak nie?? BELAGLIK KSA

Nici ·

Dit het niks met rassisme te doen nie. BLM gebruik ras as ‘n trojan perd wat marxisme bevorder.

Anton ·

Ek was as skoollaaitie en in my vroee volwasse lewe groot aanhanger van ons geliefde krieketspan en krieket oor die algemeen. Met al die inmengery van die politiekuste en “management” met kwotas ensovoorts, het die eens geliefde sport ‘n vaag herhinnering geword vir my.

Hierdie artikel bevestig net weereens dat ek op niks uitmis nie.

Luxrider ·

Nou tyd vir alle regdenkende Christen spelers om te ontrek, veral as mens kyk na waar die oorsprong van Black Lifes Matter lê, beslis nie in rassisme nie.
KSA en enige een wat hulle wil ondersteun moet net bietjie navorsing gaan doen.

Dup ·

Ek sal albei knieë buig vir All Lives Matter….nie vir EEN bepaalde ras nie.Rassisme teenoor sekere minderheidsgroepe in SA vier tans hoogty.
Waarom moet een rasgroep soveel beskerming en aandag kry en dit in 2021? Kan hulle nie onafhanklik op hulle eie bene staan nie?

Pieter ·

Daarsy, nou kyk ek ook nie meer krieket nie. Julle kan gaan doppies blaas. Wat van my mense wat op plase vermoor word? Mag SA sport helemal ten gronde gaan, totdat politiek ophou om in te meng.

Archie ·

Daardie “gom” veroorsaak dat SA nooit weer presteer in enige sport

Aai ·

Quinton De Kock sou doring daar is baie lande wat jou more sal vat vir wie jy is as speler en nie wat hierdie clowns by KSA wil he.

Konserwatief ·

KSA verdien om te val en niemand wat verstaan wat die agenda agter BLM is behoort die proteas op enige wyse te ondersteun nie. Die wat nie bewus is van die agenda van BLM moet baie vinnig uitvind.

Wakkerslaper ·

…en laat ek raai – nie EEN borg sal hulle ontrek nie… maar dit was nou ‘n veldtog teen blanke haat of die moor van WIT Boere…. of dalk TROTS BLANK… ou boeta!

Irma ·

Ek sal dit ook baie graag wil sien, of gaan hulle te lamsakkig wees om ook standpunt in te neem.

Malan ·

Quinton het intussen standpunt ingeneem. Mooigedoen jong man. Ek het baie respek vir jou. Maar terselfdertyd moet ek sê dat ek geen respek het vir Heinrich Klaasen nie. Tot nou toe het hy ook nie gekniel nie, maar helaas, soos slapperds maar doen, het hy toegegee aan die politici. Waar is jou ruggraat jong man?
Ek het ook my televisie af geskakel. Op geen manier sal ek hierdie span ondersteun nie. Hopenlik verloor julle vandag weer en dan is dit vir alle praktiese doeleindes die einde..

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

…..epos! Skuus, ek so bietjie disleksies!

Wakkerslaper ·

Dit is tyd om ons EIE sport ligas te begin waar ‘n speler ALLEENLIK op meriete gekies word en waar sulke TWAK soos blm nie geduld word nie!

JM ·

“Ek hou van ‘n man wat sy man kan staan …” Quinton de Kock het ál my respek. Mag hy van krag tot krag gaan. Hy het nie KSA nodig nie, daar is lewe ná KSA.

Pieter ·

My voorstel is dat ons ‘n beweging begin met die leuse “I will stand up for human rights”. Enige speler wat dan die knieg vat vir BLM, teken dus protes aan teen alle menseregte.
Ek sal protes aanteken teen enige beweging wat ondersteuning bied aan BLM, teryl ek steeds enige vorm van rassisme veroordeel. Dit gaan nie vir my oor rassisme nie, maar wel oor die beweging wat dit ge-hijack het en amper net so korrup is as ons regering.

Michael ·

Mmmmm ja ek buig my knie net voor God. Ek is jammer maar ek kan nooit SA krieket weer ondersteun nie.

Willem ·

Hierdie “gom” wat almal moet saambind is meer soos kougom en spoeg as enigiets anders. Hoekom is politiek in sport nou skielik aanvaarbaar? Destyds met apartheid het hierdie “saambinders” ‘n groot probleem met politieke inmenging in spirt gehad, of hoe?

JohanR ·

In die lewe buig jy net die knie drie maal…..by jou bed waaneer jy bid, voor die persoon wie se hand jy voor vra om te trou, en by die graf van geliefdes.

Vernon ·

G..vol vir politieke korrektheid. Kyk al jare nie meer krieket nie…

LekkerOuJan ·

Ek ondersteun al lankal die span wat teen die ou blommetjies speel. Hulle is in elk geval “useless”.. Stel niks meer belang in krieket nie en ek het dit altyd geniet. Quinton sterkte met jou loopbaan verder ek bewonder jou dat jy by beginsels staan.

Anoniem ·

Al hoekom ek die toernooi nog sal volg, is om te sien hoe die patete uitgeskakel word en om die uitdrukking van “weer verloor” op hul gesigte te kan sien. Ek het nooit kon droom dat ek my eie land se krieketspan so sal verafsku nie.

Klipkop ·

Ek hoop van harte dat hulle knie ook sal buig teen alle spanne teen wie hulle voortaan speel.

piet ·

So dis kniebuigers teen kniebuigers, jy omdersteun dus die ander span wat ook kniebuig wat teen ons speel. Maak nie vir my sin nie, kan jy verduidelik?

Dirk Mostert ·

Ek stel voor, geniet nog die toernooi, maar ondersteun spanne wat nie kniel nie.

Thom ·

Gelukkig kniel ek voor niks of niemand nie en NZ en AUS verskaf my ure se sport-genot !

Swartskaap ·

Ek kyk glad nie krieket nie maar as ek sou, dan het ek die All Whites van New Zeeland ondersteun.

piet ·

Hulle krieketspan word die Black Caps genoem. Hulle sokkerspan is die All Whites omdat hulle wit klere dra.

Dirk Mostert ·

Hulle het gister soos een man gekniel voor hulle teen Pakistan verloor het.

JohanCzu ·

Dit is tyd dat witmense besef daar is nie meer vir hulle plek in Afrika nie.

pieter ·

hoop net hulle buig ook as hulle teen Pakistan en Indie speel ter ondersteuning van die Christene wat in daardie lande erg vervol word

Hennie ·

Wie is die Proteas? Wie gee regtig om wat die “chokers” doen.

Casper ·

Is dit alles vorme van rassisme of is dit net rassisme teen “our”people.Ek eerbiedig my geloofsoortuiging en sal nie die knie buig nie.Hierdie kommunistiese ideologie sal in geen hof water dra nie.

Wakkerslaper ·

So van wanneer af mag ‘n werkgewer sy werknemers dwing om ‘n bepaalde ideologie te volg en te ondersteun…? Redelike seker dit is ongrondwetlik?

Misky ·

Baie waar wat jy sê en hulle werk eintlik vir die regering/land. Net so goed my baas sê ek moet elke ogeend eers die knie buig vir BLM. Ek sal smile al die pad bank toe nadat ek CCMA toe was

Carl ·

En net daar hoop ek die Windies gee (ek kan nie meer sê ONS span nie) hulle ‘n pak slae vandag! Sal nie meer KFC eet nie en sal nie meer krieket kyk en die proteas ondersteun nie. Welgedaan KSA dat julle julself vervreem en welgedaan Quinton dat jy nie die knie buig nie.

miavos ·

In Suid-Afrika is BLM nie ter sprake nie. Wel die omgekeerde. Dis belaglik hoe African-Americans hulle merk probeer maak op n land soos Suid-Afrika waar wittes lank al nie meer in beheer van enige iets is nie. Hulle stryd is bloot om oorlewing.

N ·

Hulle moet maar kies voor wie hulle knieg wil buig. Vir Christenskap of BLM.

donsie ·

jy gaan net op jou kniee as jy jou girl vra om te trou en natuurlik die belangrikste jy buig jou knie voor God. As ek so iets teen my beterwete moet doen, dan bedank ek uit die span., wat het nou geword van mense regte???

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Seker vrywilliglik verplig? Skaam jul KSA, julle lotte maak my naarkies! Ek buig net die knie voor God en Hom alleen. Tsek!

Kokerboom ·

Kom ons boikot SA krieket. Laaste dat ek hul verder sal dophou

piet ·

Dan moet jy maar krieket heeltemal los want ander spanne buig ook die knie.

Irma ·

Ja piet, jy is heeltemal reg, selfs die All Blacks het gister die knie gebuig voor hulle wedstryd teen Pakistan.

Stefanus ·

KSA treë ongrondwetlik op en ek vertou hulle sal oor die vingers getik word. Vryheid van spraak is om self te besluit in watter organisasie ‘n mens wil behoort en indien jy een nie wil ondersteun nie is dit jou keuse. Selfs die ampseed vir parlementslede is aangepas om nie-Chsistene toe te laat. Miskien net waar die fout lê.

Ek hoop regtig KSA heroorweeg hulle standpunt om sport vir almal moontlik te maak en dat ons nou wysheid aan die dag moet lê om die sport waarvoor ons almal so lief is behoue te kan laat bly. Om teen die wêreld te kompeteer moet ons almal toelaat om hulself ten volle uit te leef tot eer van die indivdue en tot volle potensiaal vir die land en span. Ek hoop regtig vir ‘n sinvolle deurdagte uitkoms tot voordeel vir die spel, die land en almal wat dit lief het.

Stefanus ·

Quintin en jy mag maar die knieg buig as jy kolf en die bal trek vir ‘n vier of ‘n ses.

marius ·

Vir wie ? Die ou vrou met die hondjies voor wie die hoof nar van die hool op beide sy knee val en haar voete soen as hy geld bedel ?

Johannes ·

Nou moet ons voor die krieketgod knie buig. Jy buig net jou knie voor die ware God. Vir hoelank moet ons nog steeds agteroor buig vir ń regering wat nie alle mense se lewe as waardig ag nie. Hoop die resultate op veld word deur swakkelinge blootgelê.

MakersMark ·

Dog die gom wat die span saam bind is die begeerte en energie om te wen. Duidelik word krieket bestuur deur politici en nie sportmanne nie. Laat hul aangaan. Eers buig hul knie saam met die opposisie na die game voor die opposisie.

Irene ·

Ek is vir ALLE lewe…. of jy nou swart, wit of bruin is. Ek respekteer almal…. ALL LIVES MATTER. Maar hier die kniee van my sal net buig voor God. Selfs al beteken dit ek verloor my werk! Self ja al moet ek my lewe verloor.

Tokkel ·

Quinton, hulle mors jou tyd, kom huistoe. Enige ander land sal jou met ope arms verwelkom.

Boeretroos ·

Ag Julle is belaglik , julle soek nou net simpatiek en wys dat niks vir julle self gedoen kan word nie, dis om van te kots, dieselfde geld vir die inenting teen Covid dit bly my keuse , dink julle nou rerig dat die gesindheid van die spelers gaan verander om te se ag siestog shame . KSA julle is lagwekkend teleurstellend, en niemand het ruggraat om op te staan teen die bestuur nie

Marthina79 ·

Hoe “verenig” jy n span deur hulle te dwing om iets te doen? As iemand my dwing om iets te doen wat ek nie wil nie gaan ek eers opstandig wees. Buitendien, dis nou al amper 3 dekades na Apartheid en KSA gebruik nogsteeds die Quota sisteem.

Tino ·

Die raad is duidelik onbevoeg aangesien die grondwet nie in ag geneem is tydens die “Deeglike oorweging “nie

Renier ·

Kwota stelsels is dan klaar rassisties. Nou moet hulle knie buig teen rassisme. HAHAHAHA

Ai tog ·

Daar kan nie meer rassisme wees as in SA sport met al die kwota vereistes nie!!

Danny ·

‘n Knie word nie vir mense en hul wereldse afgode gebuig NIE. Skande dat ons sport ook daarmee heen gaan!! Quinton – RESPEK!

Anton ·

SKA se ander lande buig die knie, ek wil hoor gaan hulle vir PAKISTAN se julle moet die knie buig want SA doen dit. Quentin ek staan agter jou,ek buig net my knie voor GOD die VADER nie voor blm nie.

Papsak ·

Ja nee kyk ek kyk ook nie meer sport nie dit te rassisties en my knie buig voor hulle daar nie n manier nie

piet ·

Dit sal mos nou voldoende wees as elke spanlid ‘n verklaring onderteken dat hulle teen rassisme in sport is. Dan het elkeen mos sy standpunt gestel. Onnodig om die ding verder te dryf.

Cecilia ·

Is BLM is nou n afgod.
Quinton ek ondersteun jou.
Ek sal nie my knie buig voor NIEMAND of enige beweging nie.
Al wie voor wie ek my knie buig is d ALMAGTIGE GOD

Swartskaap ·

Mense, die boikot moet begin by dstv wat hierdie gemors uitsaai. As jy wel van sport hou is daar baie ander aanlyn stromingsdienste waarop jy kan inteken om na jou bepaalde sport te kyk. Dstv is glad nie nodig nie.

Pietertjie ·

Het KSA niks beter om te doen nie? Of kán hulle niks beter doen nie?

Frikkels ·

Dit is waaragtig ñ siek siek spul! Vryheid van spraak is reeds in sy kanon. Nou bodder hulle met vryheid van uitdrukking. As jy wit is, is jy nie in tel in suid afrika nie. Ek, lewe totaal in verkeerde tyd. Ek kan my nie vereenselwig met hierdie gemors wat om ons aangaan nie. Sies! Ga!

Jubba ·

Trots op jou Q! Gaan speel vir n ander span wat speel vir die sport.

Dirk Mostert ·

As KSA teen rassisme in sport is, moet hulle rassekwotas in S.A. spanne sowel as bestuursliggame summier afskaf. Rassekwotas diskrimineer teen blanke sportlui en is dus rassisties.

Danie ·

Die spelers moet standpunt teen rassisme inneem deur die knie te buig vir ‘n rassistiese beweging en die keurders word voorgeskryf van hoeveel swart spelers moet in die span wees???

Nico ·

Wie is hierdie BLM groep, is BLM ‘n god. KSA is besig om die sports god te aanbid, ek twyfel of die sogenaamde protea krieket span ooit weer ‘n toernooi sal wen weens hulle patetiese optredes. Eks. 20:3 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie, vers 5a Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie. Loop KSA nou dieselfde pad as die New Age Movement was sê dat alle gode is een, daar was, is, en sal net een God die Skepper wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.