KSA kry tydelik sy eerste vroulike uitvoerende hoof

Kugandrie Govender. Foto: KSA.

Krieket Suid-Afrika (KSA) het vandag bevestig dat Kugandrie Govender as die tydelike uitvoerende hoof van die nasionale sportbeheerliggaam aangestel is.

Dít kom nadat dr. Jacques Faul – wat ook in ’n tydelike hoedanigheid gedien het – Maandag bedank het.

Govender sal die beheerliggaam se eerste vroulike uitvoerende hoof wees, sy het 23 jaar ondervinding in die korporatiewe sektor en dien as KSA se kommersiële hoof.

“Ons glo dat Kugandrie die regte persoon is om KSA vorentoe in hierdie tydperk te neem. Haar ondervinding het haar ongetwyfeld voorberei vir die belangrike rol wat sy moet vertolk,” het Beresford Williams gesê.

Williams, nes Govender, is ook in ’n tydelike hoedanigheid aangestel. Hy moes inderhaas die president-leisels by Chris Nenzani oorgeneem het.

Nenzani, KSA se president en voorsitter van die raad, het óók vroeër sy bedanking aangekondig; dit was reeds van 15 Augustus van krag.

Op haar beurt weet Govender dat ’n moeilike tyd moontlik op haar wag.

“Dit is ons mandaat om te verseker dat krieket ’n inklusiewe sportsoort vir alle Suid-Afrikaners is. Terselfdertyd is dit belangrik om ons aansien plaaslik, sowel as internasionaal, te verbeter,” het sy gesê.

Govender en Williams sal tot en met KSA se algemene jaarvergadering op 5 September in hul onderskeie poste waarneem.

Faul moes verlede Desember inspring om die kastaiings uit die vuur te krap ná Thabang Moroe weens beweerde wanadministrasie geskors is.

Dit was die tweede keer hy ’n krieketkrisis moes kom beredder: In 2012 is hy ook as KSA se tydelike uitvoerende hoof aangestel nadat Gerald Majola die trekpas oor die IPL-bonusskandaal gekry het. Hoewel hy toegesien het dat hardebaarde soos Graeme Smith en Mark Boucher deur KSA aangestel is, was dit hoegenaamd nie ’n maklike paar maande nie.

KSA is onder meer deur minister Nathi Mthethwa oor die vingers getik oor ’n gebrek aan transformasie op bestuursvlak, terwyl die Black Lives Matter-beweging en klagtes oor rassisme in hierdie tydperk wortel geskiet het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anel ·

Kan jou nou meer. Hierdie mense kan nou regeer in Indië en hier, sodat sport reg lyk. Die Suidafrikaner mag net nie in gesogte poste maar dien nie. So gaan al die sport liggame bankrot raak. Maar nou ja. Aangesien ons nie meer goed genoeg is nie, sal ons geld ook nie meer goed genoeg wees nie. Ek was baie groot sportondersteuner. Een goeie ding van die virus, dit het my van sportondersteuning genees. Gebruik my Saterdae nou baie beter. Mis dit nie eens meer nie.

Adam Adriaan ·

Hier is ‘n groot kat in die duiwehok. Al die matrose is besig om die skip te verlaat. Dit ruik na staats inmenging en korrupsie.

Jaco ·

Maak ALLE sport finaal 100% swart. Dan is our people tevrede dat die gehate rassisme en diskriminasie finaal weg is en dan weet sportlui wat nie swart is nie mos nou finaal hulle moet wegbly uit sport. Dit kan nie so moeilik wees nie. Die 1 week se administrasie en die “probleem” van transformasie en rassisme in sport is finaal opgelos.

david ·

Ek stem nogal saam met Jaco. Jaag al die wittes uit ! Geen bestuurs poste, afrigters en veral geen wit spelers meer nie.
Ons kan hulle help–as all die vaders van wit kriektspelers hulself die vraag afvra–is dit in my kind se beste belang om deur hierdie rassistiese kwota vereistes beledig te word ?
Indien nie..as al hierdie ouers net dadelik as ouers van hulle betrokke skole besluit dat hulle kinders nie meer BESKIKBAAR is vir die betrokke provinsie se verteenwoordigende spanne as gevolg van die strukturele rassisme waaraan hulle blootgestel word.
Skole kan net soos voorheen teen mekaar meeding , maar sonder doe provinsie se inmenging. As daar swart spelers in daardie spanne is kan hulle nog steeds speel–alles gaan net so voort soos voorheen.
‘N laaste gedagte—wanner is transformasie voltooi. Mens kan nie vir ewig transformeer nie…!
Wanneer alles SWART IS ? Soos in SWART APARTHEID..?

Sarel ·

Pasop voor julle kritiseer. Sy msg dalk baie meer weet as baie van ons . Behslwe vir vrouwees val sy buite die Kwotastelsel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.