KSA maak ommeswaai oor tydelike raad

Argieffoto.

Die nasionale krieketbeheerliggaam wat aanvanklik die tydelike raad verwerp het wat deur die sportminister aangewys is, het gister ʼn ommekeer gemaak en die raad goedgekeur.

Min. Nathi Mthethwa het verlede maand die tydelike raad die mandaat gegee om Krieket Suid-Afrika (KSA) se administratiewe huis in orde te kry.

Die nege lede, wat deur oudregter Zak Yacoob gelei word, is die taak opgelê om die beleërde krieketorganisasie se beeld en naam op die plaaslike en internasionale verhoog te herstel.

Die ander lede van die raad sluit Omphile Ramela, Judith February, prof. André Odendaal, Caroline Manipuri, dr. Stravos Nicolaou, Xolani Vonya, Andile Mbatha en Haroon Lorgat in.

Nodeloos om te sê het hierdie stand van sake nie ʼn gunstige reaksie by Mthethwa ontlok nie.

“Dit is duidelik dat krieket in ʼn absolute warboel is en dat my ingryping ingevolge die wet nie net genoodsaak sou wees nie, maar ook geregverdig,” het hy gesê.

Maar volgens berigte het oudregter Yacoob bevestig dat die lederaad uiteindelik die gesag van die tydelike raad goedgekeur het.

Verskeie spelers – onder wie Farhaan Behardien – het hulself vroeër tot sosiale media gewend om hul misnoeë met KSA se lederaad uit te spreek.

“Sonder spelers sal die spel waarvoor almal so lief is, sukkel om voort te bestaan. Ek vra die lederaad om na die toekomstige spelers om te sien,” het Behardien op Twitter geskryf.

Intussen sal Engeland se krieketspan vir 10 dae in kwarantyn wees voordat die T20-reeks op 27 November in die Kaap begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Andre ·

KSA is een groot grap.Gaan daar REGTIG nog iemand wees wat hulle tyd en geld gaan mors om die klomp kniebuigers te ondersteun ? Sport is KLAAR in die land en ons stel nie meer belang in enige span wat probeer om SA te verteenwoordig nie.KSA kan julle nog laer daal en nog meer kruip voor die regering ? Skandelik.

Misky ·

Mthethwa foeter alles op. Hy moet net gaan!!!!! Hy het genoeg skade aan ons sport aangerig wat hy nie sal kan regmaak nie.

Jakes ·

Nogal verbaas dat Malema se naam nie op die raad verskyn nie, Ek het n gerug gehoor dat hy wel n lid is van die regterlike dienskommisie.

Niklaas ·

Het onse Nathi ooit in sy lewe al ‘n krieketkolf vasgehou, wonder ek? Sy uitsprake laat altyd my lekker lag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.