KSA moet volledige verslag uithaal en wys

Thabang Moroe. Foto: African News Agency.

Krieket Suid-Afrika (KSA) het onderneem om die bevindings van ʼn volledige forensiese verslag aan die parlementêre sportkomitee voor te lê.

Die bevindings van die veelbesproke Fundudzi-verslag, wat onder meer gebruik is om die beleërde nasionale krieketbeheerliggaam se voormalige uitvoerende hoof, Thabang Moroe, finaal die trekpas te gee, was aanvanklik een van KSA se bes bewaarde geheime.

Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) en ander belanghebbendes het aangedring om die volledige verslag onder oë te kry. Hoewel KSA vroeër die week ’n opsomming van die bevindings bekend gemaak het, klink dit nou asof hy ongetwyfeld met die hele sak patats voor die einde van die week vorendag sal kom.

Volgens die bevindings wat reeds bekend gemaak is, het Moroe glo byna R65 000 se alkohol met die organisasie se kredietkaart aangekoop, terwyl hy ook die dienste van ’n maatskappy vir R3 miljoen bekom het; sonder om die korrekte prosedures te volg.

Op die administrasie-front is die afgelope jaar waarskynlik die donkerste tydperk nog in KSA se geskiedenis.

Benewens die wêreldwye Covid-19-pandemie wat sorg dat bitter min krieket in Suid-Afrika gespeel word (afgesien van die 3TeamCricket-inisiatief, waar die Black Lives Matter-beweging in elk geval meer aandag as die spel self geniet het), strompel KSA van die een administratiewe fiasko na die volgende.

Moroe is van wanbestuur beskuldig en afgedank, die organisasie se president en waarnemende uitvoerende hoof het bedank, kultuurkampe is aangebied, die waarnemende president moes inderhaas om verskoning vra nadat ’n raadslid op sosiale media na ’n groot borg gekap het wat besluit het om nie sy borgskap te hernieu nie, terwyl transformasie op almal se lippe is.

Verder weet niemand wanneer die Proteas weer sal krieket speel nie, terwyl die toetskaptein nog nie eens aangewys is nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Landi

Hehehe ja-nee… soveel vir Affirmative Action ????

Androclus

Waar hulle aan bewind is ,is daar net bankrotskap as gevolg van stelery (nie wanbesteding nie)

Dup

Dit is wat gebeur wanneer politieke/kader aanstellings in topbestuur van sportliggame gemaak word.Politieke doelstellings word geprioritiseer en sport gaan by die agterdeur uit.Die onlangse aanstelling van ñ prominente ANC lid op WP rugby se direksie is ñ voorbeeld.Alles gaan oor mag en beheer en somtyds beland die lang vingers ook in die geldkas.

Cd

Krieket is ook nou gekaap en in die grond in bestuur.
Die wat dit knie wil buig , doen dit , my lojaliteit met die ouens het ook opgedroog.
Dit sal n span word wat nie meer op wereldvlak sal kan kompeteer nie.

Jakes

Weereens n bewys dat hierdie mense onbevoeg en onbeholpe is in alles wat hulle aanpak.