KSA reageer op gerugte oor inmenging

Vernon Philander en van sy spanmaats Foto: ICC Cricket World Cup 2015

Vernon Philander en van sy spanmaats Foto: ICC Cricket World Cup 2015

Krieket Suid-Afrika het uiteindelik reageer op bewerings van politieke inmenging toe Vernon Philander vir die halfeindstryd van die Wêreldbeker teen Nieu-Seeland gekies is.

Die raad van die KSA het ʼn verklaring uitgereik ná Haroon Lorgat, uitvoerende hoof, gesê het die raad van direkteure stel ondersoek in oor die spankeuse vir die wedstryd teen Nieu-Seeland. Dié hersiening kom nadat Mike Horn, die motiveringspreker wat die Proteas tydens die Wêreldbeker ondersteun het, Donderdag bevestig het dat daar wel politieke inmenging was. Horn het egter Saterdag gesê sy uitlatings is buite konteks aangehaal.

Die ondersoek het Vrydag plaasgevind toe die paneel met Lorgat, Russell Domingo, die Protea-afrigter, en Andrew Hudson, nasionale hoofkeurder, vergader het.

Uit die ondersoek is bevind dat:

– die spankeuse en -aankondiging het die gewone en gevestigde praktyk en prosedures van die keuringspaneel gevolg. Dit sluit ʼn gesprek met die uitvoerende hoof in oor kwessies van transformasie;
– die mediese span het Philander fiks genoeg en beskikbaar verklaar om gekies toe word. Die afrigter het ook direk met Philander gesels om sy gereedheid om te speel, te bevestig;
– Hudson, Domingo en Lorgat het bevestig dat hulle, individueel of gesamentlik, geen opdrag of inmenging van enigiemand ontvang het nie, veral nie van die minister van sport of lede van die KSA-raad nie;
– Hudson en Domingo het namens die keuringspaneel bevestig dat hulle almal bewus is van en die protokol en riglyne volg soos dit deur die raad in 2013 herbevestig is. Dit sluit transformasieriglyne in waarvolgens die paneel, op meriete, minstens vier spelers van kleur moet oorweeg vir spankeuse;
– Die sameroeper en afrigter het met Lorgat vergader wat dit benadruk het dat hulle die beste spelers moet oorweeg terwyl die transformasieriglyne in ag geneem word;
– Hudson en Domingo het bevestig dat daar, soos gewoonlik, ʼn hewige debat was oor die keuring van die span en hulle het die finale span afgeteken met hul volle ondersteuning en vertroue;
– Die sameroeper, afrigter en keuringspaneel het hul tevredenheid met die spankeuse uitgespreek met spesifieke verwysing na die feit dat Philander ʼn gereelde en eerstekeuse-speler was, veral vir toestande in Nieu-Seeland;
– Hudson en Domingo het hul begrip van die riglyne verduidelik en bevestig dat daar talle geleenthede was waar meer as vier spelers van kleur gekies is. Tydens die seldsame geleenthede wat slegs drie spelers gekies is, was dit weens buitengewone omstandighede soos beserings. Die bepalende kriteria was telkens volgens meriete;
– Domingo het bevestig dat hy nooit ʼn SMS van Lorgat ontvang het soos beweer is nie, en Lorgat het ook bevestig dat hy nooit ʼn SMS aan Domingo gestuur het nie.

“Gebaseer op hierdie inligting, en Mike Horn se verduideliking, is dit duidelik dat die bewerings in die media vals en ongegrond is,” het Chris Nenzani, president van KSA, gesê. “Die raad is tevrede met die bevindings van die hersieningspaneel en die prestasie van die keuringspaneel, die afrigter en die uitvoerende hoof. Ons bedank al die partye vir hul eerlikheid en bereidwilligheid om aan hierdie proses deel te neem.”

Nenzani het gesê die raad wil van die geleentheid gebruik maak om die Proteas geluk te wens met hul Wêreldbeker-veldtog en besef dat die span hul beste gelewer het, maar op die dag uitgeklop is deur ʼn span wat net so goed is. “Die raad besef dat hierdie ʼn emosionele saak is, en dat dit nie maklik is om dit te demp nie. Die raad hoop egter dat die saak nou afgehandel is.” Hy het gesê die raad en KSA sal nie verder hieroor kommentaar lewer nie.

Bron: Sport24, News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

johannes van rooyen ·

Nie 1 van die mense sal hul salaris op die spel plaas vir die waarheid nie in die nuwe SA is daar mos ñ groot probleem met die waarheid ! Bewys my verkeerd asb !!!

Stephan ·

Ja, ek ons moet julle glo…Bla, bla, bla…
Dit klink soos ‘n kliënt wat net die relevante antwoorde gee in opdrag van sy prokureur.
Dis ‘n jammerlike dag wanneer mens jou respek vir toplui begin verloor, dat sport (weereens!) seerkry.
“Skoenmaker, hou jou by jou lees” (maw. Politici, hou julle neuse uit sport!

CJAN ·

Die Proteas sal NIE en KAN nie ‘n wereldbeker wen NIE!!! Tensy spelers opvorm gekies word en die politiek uit krieket verban word, sowel as uit rugby.
Die wereldbekerrugby gaan dieselfde pad loop hierdie jaar. Die bokke gaan in hulle semis geklop word. Ek hoop ek is verkeerd.
As politiek verder in enige sport toegelaat gaan word, gaan en sal Suid Afrika nooit ooit weer ‘n faktor wees in Wereldsport nie.
Al sportsoort waarin SA nog gaan uitblink is, as dit ‘n individueel sportsoorte is, soos swem, golf byvoorbeeld.
Al wat hierdie twak op ‘n end kan bring is as die Wereld gaan ingryp en se dit is nie die beste SAspan nie, sorry ons speel nie meer teen julle nie of die buite wereld gaan SA se naam so krater maak dat dit lagwekkend gaan wees.

Peet Schabort ·

Ook ek wil van die VERleentheid gebruik maak om . . . . . .
Doet so voort, hou net NOORD.
Ek gaan ‘n krieketkolf vir soetkoek opeet.

Righard van Dyk ·

“Dit sluit transformasieriglyne in waarvolgens die paneel, op meriete, minstens vier spelers van kleur moet oorweeg vir spankeuse”
So wat is dit nou eintlik, volgens kleur of meriete? kan onmoontlik 2 standaarde toepas wat teenstrydig is met mekaar nie. Asof mens nie genoeg van politiek kry nie nou word dit op die sportveld in mens se keel afgedwing. Genoeg om mens naar te maak!!! Dink om onder isolasie te speel is beter as voor te gee jy speel jou beste span. Wat ‘n klap in die gesig is dit nie vir ander wereld krieket spanne nie. As ‘n spelers van kleur goed genoeg is dan kies hom, ek is n groot JP Duminy fan want hy verdien sy plek sonder twyfel. KSA dink die publiek is stupid en probeer alles in hulle vermoe om die waarheid weg te steek in vrees dat krieket geboikat gaan word in opstand. As ons tegnies gesproke nou daarna gaan kyk is krieket n koloniale sport, vir wat dit ook nou afbreek want soos met standbeelde sal daar niks van oorbly nie. Dink ons moet maar begrafnis hou vir krieket in Suid Afrika.

Bets van Aswegen ·

aanhaling: “Hudson en Domingo het bevestig dat daar, soos gewoonlik, ʼn hewige debat was oor die keuring van die span en hulle het die finale span afgeteken met hul volle ondersteuning en vertroue;” met wie is die “hewige debat”? daar is 3 kante van ‘n storie: hulle s’n die ander kant s’n en dan die waarheid. Indien hulle loopbaan op die spel is, sal dit nie ongewoon wees om maar enige iets te “bevestig” as hulle weet anders is hulle sonder ‘n werk. Waar ‘n rokie trek, is ‘n vuurtjie.

Theo ·

Ek is klaar met span sport in die algemeen omrede ek geld spandeer om die beste speler op die veld te sien, ongeag ras of kleur. Dit is egter duidelik dat dit nooit weer die geval sal wees nie a.g.v. korrupte politieke inmenging. In kort, middel vinger vir julle en die slapgat amptenare.

Chris ·

Ek stem saam met alles wat hier gese is.Maar een ding klink nie vir my reg nie en dit is ‘waar is die Kaptein se kommentaar’ of, het hy nie meer seggenskap oor die Span keuse nie ?

Henry ·

Indien mens die sprokies ge-glo het oor die wigte en teenwigte wat regverdigheid, menswaardigheid, veiligheid en ‘n hele spul ander goeie dinge in hierdie droewe land sou verseker, dan moet ons seker ook hierdie snert wat die nuwe regime aan ons smous, as vye aanvaar.
Terloops. Die kaptein het geen sê nie. Hy moet gewoon die opdragte van die politieke base wat die salarisse betaal, uitvoer.
Wat’s nuut???

CHRISTA ·

Is dit nie ‘n klap in hulle gesig om te besef hulle is gekies omdat KSA MOES en nie omdat hulle ‘n plek in die span VERDIEN het nie!!!

Gus ·

Die ooglopende inmenging reeds op die dag van spel, was duidelik. Hoekom Philander speel, terwyl hy nie op sy beste is, en Abott wat die beste nuwe-bal aanvalsbouler is, op die kant sit. Ek weet daar WAS inmenging! Jammer Mike, jy is iemand wat net goed doen en bedoel. Nou word jou naam betwyfel, deur ANC beamptes met ń hoogs ongeloofwaardige reputasie. Cheers SA krieket, AB, Vernon,Donald, en kie, wys jul ware kleure!

Dave ·

“…op die dag uitgeklop is deur ʼn span wat net so goed is.”
Snert!
…op die dag uitgeklop is deur ʼn span wat beter is.

Ettiene Gouws ·

Daar is een groot faktor wat in beide rugby en krieket ‘n verskil kan maak: Toeskouers. MAAK HUL SEER BY DIE KAARTJIE KANTORE…

Cvj ·

Ek luister vandag na RSG. Ene Hall, lid van die Protea -krieketspan se bestuurspan tydens die afgelope Wêereldbeker toernooi, het volgens mediaberigte gesê dat die Proteas ten spyte van politieke inmengery hul beste sou gee. Nou weet hy skielik te vertel dat hy nooit so gesê het nie. Maar volgens die nuusleser was dit wel sy presiese woorde as die band teruggespeel word.
Sies tog, mnr Hall, lyk my jy het soos so baie ander voor jou geswig voor dreigemente dat indien jy nie saamspeel en dit nou ontken nie, dit definitief die einde van jou loopbaan sal beteken. So in die lig hiervan, vergewe ek jou daarvoor!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.