KSA se president bedank

Chris Nenzani, president van Krieket Suid-Afrika. Foto: Twitter.

Chris Nenzani, Krieket Suid-Afrika (KSA) se president en voorsitter van die raad, het sy bedanking aangekondig.

Sy bedanking is reeds van 15 Augustus van krag. Nenzani se verlengde termyn sou oor minder as ʼn maand tot ʼn einde gekom het. Hy het die leisels van KSA in 2013 oorgeneem.

Volgens KSA sal ʼn nuwe president en voorsitter van die raad tydens die jaarlikse algemene vergadering op 5 September aangestel word.

Nenzani en die res van die raad loop die afgelope tyd kwaai deur oor bestuurskwessies by KSA.

“Nenzani het waardevolle leierskap, insig, hulp en rigting gebied in die bevordering van krieket, met die fokus op transformasie en toegang vir die meerderheid van die Suid-Afrikaanse bevolking,” het KSA in ʼn verklaring gesê.

Beresford Williams sal tot 5 September as president waarneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

koos10 ·

Wat het jou gedryf om die jou termyn klaar te maak nie???
Daar is soveel dinge aan die gang by KSA, dat ons seker maar self kan kies?

Hennie ·

Wie gee om? Hierdie is nie nuuswaardig nie. Sport in SA is in sy laaste snikke!

Nie Verbaas ·

Transformasie ten koste van prestasie. Gee in elk geval nie om meer oor Suid Afrikaanse kniebuigende krieket en rugby nie.

twaalfboor ·

Mnr Graham Smith, as jy altwee kniëe buig is daai pos dalk joune. Gou maak voor AB jou dalk voorspring.

MakersMark ·

Snaaks Mtetwa kritiseer KSA day die senior poste deur wit mans gevul is. So al buig Smith, de Villiers en slaprug Pienaar albei kniee sal dieselfde afgod daarvoor hul buig hul nie beloon nie want hul is ook te wit.

Adam Adriaan ·

Ja die stage coach is al amper oor die afgrond, perde het al weggebreek met disselboom saam met hulle gevat.

J ·

Kroeket SA …. ‘kul jou hier … kul jou daar’ … !

Die soustrein het seker ‘ontspoor’ ? … die geld is klaar? …so sy job is afgehandel?

‘Organised loafing’! … terwyl breindood tv kykers sit en staar na die ‘screensaver’ … bolletjies rol en hol!

Get a life!

MakersMark ·

Gelukkig ondersteun ek nie SA se nasionale sport spanne nie. Te veel inmenging en kwotas vanaf die regering. Nie lank nie dan lyk rugby en krieket soos sokker.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.