KSUT-studente op borgtog vrygelaat

Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT) Foto: Facebook/CPUT

Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT) Foto: Facebook/CPUT

Altesaam 25 studente wat verlede week in hegtenis geneem is in verband met gewelddadige betogings by die Bellville-kampus van die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie (KSUT), het Woensdag in die hof verskyn.

Die studente is vrygelaat op borgtog van R3 000 elk.

Die staat het agtergrondinligting bekom van die studente en bepaal dat nie een van hulle enige vorige oortredings begaan het of dat daar uitstaande lasbriewe of hangende kriminele sake teen hulle aanhangig is nie.

Die studente het voor landdros Ronald Rickerts verskyn wat hulle gewaarsku het om glad nie weer die kampus te betree voor die saak afgehandel is nie, buiten om eksamens af te lê.

Hulle is ook gewaarsku om nie aan enige verdere studentebetogings deel te neem nie, en indien hulle aan betogings sou deelneem, sal hulle in aanhouding bly tot die saak afgehandel is. Indien hulle weer in hegtenis geneem sou word, sal geen hof in die land hulle weer op borgtog vrylaat nie, het die landdros gewaarsku.

Altesaam 24 lede van die groep staan tereg op aanklag van openbare geweld en een persoon, wat glo met ʼn petrolbom betrap is, staan tereg op aanklag van die besit van ʼn ploftoestel.

Hulle moet op 28 November weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

stephanus jesaja Heunis ·

En daar het hulle R3000 vir borg maar hulle is te arm vir hul toekoms?

Sarie ·

Hehehehe!!!! Dis presies wat èk gedink het, toe ek die berig gelees het. Hoeveel van “ons” kan so-iets bekostig? Sò ‘n onverwagte uitgawe, krap mý “budget” vir etlike maande deurmekaar…

Jean ·

Hulle is gewaarsku? het een van hulle al geluister? Regtig hoor, ek wed julle R3000 (borggeld) dat hulle klaar weer besig is om aan te jaag. Die inhegtenisnemings maak van hulle helde as hulle die volgende dag weer terug is op straat om die storie te vertel, almal dink deesdae hulle is vryheidsvegters en die volgende Nelson Mandela. Eers het ek gedink die fout lê by die polisie, maar nou sien ek dit lêby ons regstelsel, seker bang hulle kry nie volgende jaar weer ‘n werkie nie, skep maar terwyl dit papreën, julle tyd is ook maar beperk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.