KSUT verander eksamenlokaal

Administrasiegebou by die Bellville-kampus van die Kaapse Skiereilandse Universiteit vir Tegnologie (KSUT) Foto: KSUT

Administrasiegebou by die Bellville-kampus van die Kaapse Skiereilandse Universiteit vir Tegnologie (KSUT) Foto: KSUT

Die Kaapse Skiereilandse Universiteit vir Tegnologie (KSUT) het die plekke waar studente hul eindjaareksamen moet aflê, geskuif.

“Weens omstandighede buite ons beheer, is ons jammer om jou mee te deel dat die eksamen, wat volgende week geskeduleer was om by die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum sou plaasvind, nou na die Bellville-kampus en Wingfield- militêre basis in Goodwood toe moet skuif,” het KSUT in ʼn verklaring op sy webwerf gesê.

Die Fakulteit Sake- en Bestuurswetenskappe gaan die eksamen by Wingfield skryf. Alle eksamens begin onderskeidelik om 09:00 en 14:00 en studente moet ʼn uur voor die tyd by die lokale aanmeld.

Busse sal voorsien word vir studente wat in Kaapstad en Mowbray in koshuise bly en studente sal onderskeidelik 07:00 en 12:00 opgelaai word.

Alle eksamens wat in Wellington afgelê moet word, sal by die Wellington-kampus plaasvind soos voorheen aangedui.

“Studente word weer daaraan herinner om hul studentekaarte, identiteitsdokumente of paspoorte saam te neem om toegang te bekom tot busse en eksamenlokale,” het KSUT bygevoeg.

KSUT het ook die besluit geneem om die eksamen vir die Nasionale Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde tot volgende jaar Januarie uit te stel.

“Ons besef dit was ʼn baie moeilike tyd vir studente en daarom het ons die besluit geneem om studente wat, vir watter rede ook al, nie gereed voel om nou die eksamen af te lê nie, toe te laat om volgende jaar die hereksamen te skryf. Studente wat van hierdie opsie gebruik wil maak moet met hul onderskeie fakulteitsbestuurders reëlings te tref.”

Studente word ook aangeraai om die webwerf te besoek vir finale eksamenroosters.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

irene ·

Ons is nou moeg vir hierdie soort van nuus. Ons regering is slap met sy nasie.
stop die nuus van studente hul wil net in die media wees

pop ·

Almal weet as jy iemand sy sin gee sal dit net aanhou en aanhou. Nou is almal voortvlugtig voor n handjievol studente, wat eintlik agter tralies hoort. So die weermag moet ernstige studente nou beskerm??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.