Kuba nie die antwoord op Vrystaat se onderwysprobleme, sê Fedsas

Argieffoto

Argieffoto

Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) het sy misnoeë uitgespreek oor die Vrystaatse departement van onderwys se aankondiging dat onderwysers uit Kuba in die provinsie aangestel gaan word.

Volgens dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van Fedsas, is tientalle opgeleide onderwysers in die Vrystaat werkloos van wie talle met beurse van die Vrystaatse onderwysdepartement gestudeer het. “Dit is asof die Vrystaatse onderwysdepartement nie glo in sy eie belegging nie. Waarom hoegenaamd beurse toeken indien daardie kundigheid nie in die stelsel teruggeploeg word nie?”

Die Vrystaatse onderwysdepartement se aankondiging volg kort op die hakke van premier Ace Magashule se aankondiging dat Kubaanse mediese personeel, onder wie dokters en verpleegkundiges, gaan kom help om staatshospitale in die Vrystaat reg te ruk.

“Enige departement wat kundig bestuur word, sal in die eerste plek nie ’n regruk-poging benodig nie. Dit is egter ’n erkende feit dat die Vrystaatse onderwysdepartement wél hulp nodig het. Fedsas se vraag is egter waarom plaaslike hulp nie ingeroep kan word nie. Fedsas beskik nie net oor die kundigheid nie, maar die federasie het by meer as een geleentheid ook al sy bereidwilligheid verklaar,” het Deacon gesê.

Fedsas is veral ongelukkig oor hoe hierdie aankondiging gemaak is. “Práát net eers met al die rolspelers voordat onverantwoordelike en ondeurdagte planne in die media aangekondig word. Fedsas sê byvoorbeeld nie dat daar nie by die Kubaanse onderwysstelsel geleer kan word nie. Kuba se hoë geletterdheidsyfer is immers ’n voorbeeld van hoe onderwys in ’n ontwikkelende samelewing aangepak kan word. Maar dit maak tog meer sin om hierdie en ander kundiges op bestuursvlak eerder as direk op skolevlak in te kry.”

Fedsas het geëis dat alle planne rakende die aanstelling van Kubaanse onderwysers in die Vrystaat onmiddellik op ys geplaas word. “Daar is boonop statutêre prosesse wat gevolg moet word. Onderwysers word by skole aangestel op aanbeveling van skoolbeheerliggame. Die premier en onderwysamptenare is nie by magte om hierdie aanstellings te maak sonder om die nodige prosesse te volg nie,” het Deacon gesê.

Volgens Deacon moet daar ’n volledige oudit oor onderwysbehoeftes in die Vrystaat gedoen word voordat besluite geneem kan word. “Waar gaan die geld vandaan kom om Kubaanse onderwysers te betaal? Boonop het vorige aanstellings uit Kuba reeds bewys dat om Engels te verstaan nie genoeg is nie. Om ingewikkelde wiskunde- en wetenskapkonsepte verstaanbaar oor te dra, mag taal nie ’n bykomende struikelblok wees nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

se-net ·

Hul kan maar eerder Kubanne as ministers in die parlement aanstel, miskien doen hul n “beter werk” daar ook! Hie-hie!!!!

jacques ·

Wel hulle gaan defnitief nie slegter werk kan doen as die lot wat nou daar is nie.Hulle het nou al ales verkoop wat goverment gehad het,nou verkoop hulle hulle eie mense ook uit.

Peet Schabort ·

Die slogan was “Liberation before education ” vir diegene wat nie daarvan weet. Toe het die liberation gekom sonder die education en dis nou waar ons vandag sit. Hieruit het ontstaan die uitkomsgebaseerde onderwys waar die swakste in die klas die pas aangee. My duitse onderwyser het die opmerking gebruik: ” Jy swem soos ‘n klip en duik soos ‘n kurkprop”. Dit was in 1959 en sal vandag deurgaan as erge rassisme.

anet ·

Ek kan hierdie kruipery en uitreiking na sogenaamde Kubane nie verstaan nie. Hoekom vry die regering so hard na die Kubane wat het hulle wat ons nie het nie?. Selfs Eskom vry na hulle. Miskien is daar iewers iemand wat die antwoorde ken, en my kan help om dit te verstaan.

CHRISTA ·

Hulle wil nie die blanke onderwysers weer aanstel nie, want dan erken hulle mos dat hulle dit nie self kan doen nie.

Lindie Lourens ·

Miskien is die Kubane en die regering op dieselfde vlak en dink en reageer hulle eenders. Anders weet ek ook nie!

Peet Schabort ·

Die STRUGGLE Anet. Van Kuba se kant was daar groot ondersteuning. Dit het nou tyd geword om terug te betaal.

Madelein ·

Kan ‘n mens nie ‘n interdik kry teen die provinsiale regering se uiters onbesonne belaglike besluit nie? Dit is verregaande

catryn ·

Voor 1994 is daar beloftes aan lande in Afrika gemaak, gee vir ons skuiling, as “ons” (ANC) hier in SA aan bewind kom sal daar vir julle gesorg word – Kuba, Rusland, China was deel van ons grensgevegte – hierdie gaan nie verander nie. Ons eie swartes is reeds in hul eie Trustgebiede en nie deel van die reenboognasie nie, daar bly wel ‘n paar in die res van SA wat nie deel is van die Trustgebiede nie. Hulle het reeds hul kultuur behou, hul tradisies, hul eie volkskole, hul eie inisiasieskole – alles vir die belastingbetalers se sak.

Daarom sal daar aanhoude eise ingestel word met grondhervorming en hulle sal gehelp word met die dokumentasie om dit te bewys hulle het waar ookal gebly….

Swart bemagtiging het gekom om te bly en dit gaan nie verander nie – wette wat deur alle partye (behalwe die VF+ ondersteun is, sal nie verander nie, enige wet benodig 2/3 stem om te verander.

Immigrante het gekom om te bly want daar was beloftes gemaak, en hulle sal ook gratis HOP huise, skole, dienste, hospitale, alles gratis ontvang.

Al uitweg uit hierdie kommunisme is Eksterne Selfbeskikking/Self Determination

Hendrik ·

Ek stem saam. Ons kan ongelukkig niks verander aan die grondwet nie en sal dus maar ‘n staat binne ‘n staat moet implimenteer. Ons eie trustgebied as dit so genoem kan word. Selfbeskikking is beslis die oplossing voorentoe met werkskepping vir ons eie menses, wat wil, die hoogste prioriteit. Net die mense wat wil met geen leegleers nie!

Tammy ·

Begin by die Suid Afrikaanse regering met n regruk aksie. Dis waar al die gemors en bankrotskappe begin. As ons n behoorlike regering met kundige mense het wat goeie besluite kan neem is daar geen maar geen regruk aksies nodig nie. Die land sal normaal kan funksioneer. Dis voor die hand liggend hoekom ons in die moeilikheid is op alle gebiede. Die Kubane word tot by ons hospitale as dokters ingesleep, maar ons eie kinders kan nie plek op universiteit kry om vir dokters te studeer nie. Ga!!!! vir die regering.

Rene van Wyngaarden ·

Wat is die Vrystaat se beheptheid met Koeba? Hulle mask Mens naar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.