Kuba-skenking: Regering se appèlaansoek môre aangehoor

(Foto: Kubaanse ambassade in SA/Facebook)

Die regering se aansoek om verlof tot appèl teen ’n uitspraak wat hom verbied om R50 miljoen aan Kuba te skenk, sal Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof aangehoor word.

Die burgerregteorganisasie AfriForum gaan die aansoek teenstaan. Dít op grond daarvan dat die dringende interdik op ’n tussentydse basis toegestaan is hangende die uitslag van ’n latere hersieningsaansoek van die besluit om die skenking te maak.

AfriForum voer aan dat daar geen rede is om teen ’n dringende hofbevel te appelleer nie en dat die regering ’n geleentheid sal kry om sy saak te stel wanneer die hersieningsaansoek aangehoor word.

“Die burgerregteorganisasie is optimisties dat die aansoek om verlof tot appèl nie suksesvol sal wees nie en dat die hersieningsaansoek sal voortgaan,” sê Ischke van Eeden, mediaskakelbeampte by AfriForum.

Dr. Naledi Pandor, minister van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco), het haar tot die Pretoriase hooggeregshof, die Hoogste Hof van Appèl in Bloemfontein en die Konstitusionele Hof gewend om teen die vorige uitspraak te appelleer.

Dirco het vroeër onderneem om miljoene aan Kuba te skenk in ʼn poging om die voedseltekort in dié land te help verlig. Dié aankondiging is egter wyd gekritiseer gegewe die stygende werkloosheidsyfer en armoede in Suid-Afrika.

AfriForum het die skenking as “irrasioneel en onwettig” beskou en hom toe na die hof gewend om die skenking te verhoed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Marius ·

Kan nie glo dat die regering nog steeds met onnosele arrogansie geld wil skenk vir honger cubane terwyl hul eie mense honger lei nie. “Charity begins at home”.

Johann ·

Arrogant! Lekker as jy toegang het tot onbeperkte fondse vir hofsake en regs opinies? En naiewe belasting betalers se geld aan jou Comrades uit te deel? Wat van die ANC doen dit uit hulle.eie sakke? O JA ….HULLE IS BANKROT!!!!!

Althes ·

Kwazulu Natal het die geld meer nodig na die onlangse natuurramp. So ook die drooggeteisterde Oos-Kaap.
Om broodnodige geld te skenk aan ñ ander land, is ñ belediging vir elke landsburger wat swaar gebuk gaan onder staatskaping en korrupsie.

Gerra ·

Op n stadium het die spul gesê hulle gaan dan kos gee ipv die geld.
Wat is die verskil?
Het Suid-Afrikaners nie die geld òf die kos nodig?

Andre ·

Dit het niks met “charity” te doen. nie. Dis ANC geldwassery, nadat Dubai gesluit is. Dink mooi – en watch this space…

Pieter ·

Dit is maar net ‘n afbetaling op die opgehoopte losiesgelde wat hulle agterstallig is vir die jare wat die ANC in Kuba weggekruip het

KhoiKhoi ·

Dink maar net.
Was kommunisme nie die politieke stelsel wat die wêreld se probleme sou oplos nie?

Papsak ·

Asb kyk na SA hoeveel werkloses honger mense slenter hier rond maar julle wil ander lande help nee dit werk nie so nie pluk by vergeet ander lande kyk na julle land julle wil regeer so kom pligte by

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.