Kubaanse dokters: Eer eers SA se eie mediese helde

Medici van Kuba kom in April 2020 in Suid-Afrika aan. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Suid-Afrikaners en veral die land se gesondheidswerkers, sluk swaar aan president Cyril Ramaphosa se aankondiging dat die Kubaanse mediese werkers met die Nobelprys vereer moet word vir hul plaaslike werk in die stryd teen Covid-19.

Philip van Staden, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder oor gesondheid, het gesê Suid-Afrika se eie mediese helde word tragies misken deur die president se uitsprake in dié verband.

“Die land se eie gesondheidswerkers moet daagliks hul werk onder uiters moeilike omstandighede doen, in baie gevalle met min of geen hulp nie wat betref medisyne, beddens of beskermende klere en toerusting,” het Van Staden gesê tydens die parlementêre debat oor Kubaanse dokters se rol in Suid-Afrika teen Covid-19.

“Hierdie reuse-opoffering van die land se gesondheidswerkers word onderstreep deur die feit dat die sterftesyfer onder plaaslike gesondheidswerkers weens Covid-19 die vyfde hoogste in die wêreld is.”

Wat die Kubaanse betrokkenheid aanbetref, het die VF Plus voortdurend daarop gewys dat die kundigheid van plaaslik afgetrede dokters en verpleegpersoneel voorkeur moes kry. Dit het nie gebeur nie en 217 Kubane is teen R240 miljoen na die land gebring.

“Die omvang van hierdie vergryp blyk duidelik uit statistiek wat in Januarie vanjaar bekend gemaak is wat wys dat 40 000 poste tans vakant is in die departement van gesondheid en dat talle dokters sukkel om werk te kry,” het Van Staden bygevoeg. “In November 2020 moes ʼn groot aantal dokters wat hul internskap van twee jaar moes doen, verneem dat daar nie geld is om hulle te betaal nie.”

Hy het gesê Kubaanse dokters is nie die oplossing vir enige van die land se gesondheidsprobleme nie. “Die regering moet eerder die gesondheidstelsel opknap en die plaaslike kundigheid gebruik. Kubane is bowendien nie vertroud met plaaslik omstandighede nie. Dit is wyd bekend dat mediese sorg een van Kuba se grootste uitvoerprodukte is.”

Die tydskrif Time het in 2018 berig dat dit die Kubaanse staatskas aanvul met (in randwaarde) sowat R210 miljard per jaar. Dit terwyl die dokters self glo slegs tussen 10% en 25% van hul salarisse ontvang.

“Die VF Plus wil daarom elke dokter en gesondheidswerker in die land bedank vir hul harde en onbaatsugtige werk, nie net tydens die pandemie nie, maar te alle tye onder uiters moeilike omstandighede. Hulle is die ware helde.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Rentia ·

Terwyl op radio amptelik gesê is die spulletjie van Kuba doen admin werk oral in die land omdat hulle nie almal Engels kan praat nie, en dus nie met pasiënte kan kommunikeer nie. Nou deel ons pryse uit daarvoor? Kan ek dan ook een kry vir admin? Die land het meer as genoeg uiters bekwame mediese personeel.
CR is net in Kuba se bas opgekruip..

Groen Ghoen ·

Hoeveel is al deur die jare aan Fidel Castro en sy Kubane betaal? Daar is o.a. die Kubane wat die “Weermag” se voertuie voorsien, R260m vir die entstof, R240m vir die dokters… Waarom kon die geld nie hier bestee word nie? Die mense se logika sal selfs vir Einstein koudsit.

pompies ·

Daar is dit nou misken jou eie mense en gee erkenning aan buitelanders wat nie eers n taal behoorlik kan praat nie en wat vir hulle diens ten duurste vergoed word. Welgedaan Ramaposa jy is ook n groot mislukking.

Gert ·

R240 miljoen kon heelwat meer RSA dokters betaal het vir dieselfde werk, maar ja CR moet sy jtommies ondersteun tot nadeel van ons eie mense

Mallie ·

CR kruipgat. Tipies van die ANC. Kuba moet een of ander tyd produce.

KB ·

Die beheptheid vd ANC met die armmoedige sukkelende kommunistiese land (Kuba) spreek boekdele. Dit maak vd ANC presies wat hulle is…’n volslae skande vir die mensdom.

Gerrie ·

‘n Familielid van my kan getuig van die patetiese mediese kundigheid wat sy van ‘n Kubaanse “dokter” by ‘n provinsiale hospitaal ervaar het. Ek aanvaar Ramaphosa dans bloot op sy Kubaanse politieke skuldinvorderaars se wysie.

Nico ·

Die regering kon meer gedoen het met die miljoene wat spandeer was, die groot probleem is rassisme is ook kommunisties. Daar is en was genoeg medisie en dokters wat kon gehelp het, nou moet die Kubane vereer word wat nie eers Afrikaans of engels kon praat nie.

Pietertjie ·

Dit wys mens waar die ANC se lojaliteit lê. Gatkruip in hierdie plek bring mens nêrens.

Connie ·

Welgedaan Ramaposa jy is ook n groot mislukking. Eer ander wat nie eers hul moue oprol nie, ek skaam my vir jou wat ons mense nie eers eer nie, hulle is eintlik die harde werkers wat hul moue oprol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.