Te midde van groot lof oor die aankoms die afgelope naweek van Kubaanse mediese personeel wat Suid-Afrika kom help om die verspreiding van Covid-19 te bekamp, het daar nou ook indringende vrae ontstaan oor wat die projek die land gaan kos.
Volgens ʼn vorderingsverslag van die departement van gesondheid in Maroela Media se besit, beloop die staatsbegroting vir 187 lede van die Kubaanse Brigade honderde miljoene rande vir die 12 maande wat hulle in die land gaan wees. Altesaam 217 Kubane het uiteindelik Sondag hier geland wat beteken dat die begroting waarskynlik opwaarts aangepas sal moet word.
Die egtheid van die verslag kon nie bevestig word nie. Die tesourie is glo gevra om dié astronomiese bedrae geld vir die Kubaanse dokters goed te keur. Die tesourie kon nie Maroela Media se vrae hieroor beantwoord nie en het navrae na die departement van gesondheid verwys.
Maroela Media het Maandag berig pres. Cyril Ramaphosa het 217 mediese professionele persone van Kuba verwelkom wat Maandag in Suid-Afrika aangekom het om die land te help in die stryd teen die Covid-19-pandemie.
Ramaphosa het vroeër pres. Díaz Canel Bermúdez versoek om die mediese span na Suid-Afrika te stuur.
Die groep bestaan onder andere uit kenners in epidemiologie, biostatistiek en openbare gesondheid, familiedokters en gesondheidsorgtegnologie-ingenieurs.
Die Vryheidsfront Plus se woordvoerder, Wouter Wessels, sê daar is baie onduidelikheid rakende die Kubaanse hulp en die bewerings in die vorderingsverslag word opgevolg aangesien dit nie in die portefeuljekomitee oor gesondheid bevestig kon word nie. Hy sê vrae rakende die koste en wat Suid-Afrika in ruil vir die hulp aan Kuba gee, moet beantwoord word.
“Baie van die verpligte verkrygings- en begrotingsprosedures word tans omseil weens die krisis en die nood. Dit is verstaanbaar dat aankope deur die regering nie tans op die gewone wyse gedoen kan word nie weens die dringendheid, maar deursigtigheid met openbare geld is steeds baie belangrik,” sê Wessels.
Die VF Plus is van mening dat afgetrede dokters en verpleegsters gebruik kan word om die tekort aan primêre en voorkomende sorg aan te vul. Wanneer die krisis verby is, moet die Kubaanse span na Kuba terugkeer en nie toegelaat word om deur die agterdeur, sonder die nodige akkreditasie, in te glip nie. “Dít moet slegs korttermynhulp wees,” sê Wessels.
Siviwe Gwarube, die DA se skaduminister van gesondheid, meen dis belangrik om daarop te let dat die ontplooiing van die Kubaanse mediese werkers ʼn diens is wat Suid-Afrika by die Kubaanse regering koop, en dus nie gratis is nie.
“Dis nie duidelik of die regering ʼn vaardigheidsoudit gedoen het om te verseker dat ons wel die kundigheid kry wat ons benodig en waaroor ons eie mediese korps nie beskik nie,” sê sy. “Die land se beperkte hulpbronne moet aangewend word om in ons eie gesondheidspersoneel te belê en ook in persoonlike beskermende toerusting vir hulle.”
Kuba is welbekend vir sy mediese diplomasie; letterlik duisende Kubaanse dokters werk oor die wêreld in opdrag van hul land se regering en verdien so miljarde dollars in kontant vir Kuba se staatskas.
“Die geld kon beter aangewend word deur Suid-Afrika se eie werklose dokters en mediese beamptes, wat nog nie vir gemeenskapsdiens uitgeplaas is nie, in diens te neem,” sê die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama) in ʼn mediavrystelling wat Dinsdag uitgereik is.
Volgens Sama se voorsitter, dr. Angelique Coetzee, het baie privaat praktisyns aangedui dat hulle bereid is om te help. “Suid-Afrika het talle gesondheidspesialiste, huisartse en epidemioloë wat in hierdie baie uitdagende tydperk die president se oproep om hulp sou gehoorsaam het,” sê sy.
“Daar moes ʼn konsultasieproses gewees het voor die Kubaanse spesialiste na Suid-Afrika gebring is – en dít kon eers geskied ná alle menslike hulpbronne plaaslik uitgeput is.”
Die Solidariteit beroepsgilde vir gesondheidspraktisyns en verpleegkunde het ook Woensdag gesê ’n groot aantal medies gekwalifiseerde Suid-Afrikaners word tans verhoed om te praktiseer.
“Kostes rakende die ontplooiing van die Kubane, wat onder andere addisionele vlugte, kwarantyn, maaltye en tolkdienste insluit, word aangegaan. Hierdie geld kon ook baie produktief aangewend gewees het om die talle Suid-Afrikaanse mediese personeel wat nou onder die pandemie gebuk gaan, by te staan,” sê Henru Krüger, hoof van die gilde. Hy sê die meeste gesondheidspraktisyns in Suid-Afrika praktiseer as eenmansake wat nie onder die huidige regulasies kwalifiseer vir hulpfondse nie. “Geld moet dus ook op eie bodem teruggeploeg word.”
Natalie Zimmelman, die Suid-Afrikaanse Narkotiseursvereniging (Sasa) se hoof- uitvoerende beampte, meen die saak is baie sensitief, word maklik verpolitiseer en gaan boonop met baie emosionele reaksie gepaard.
“Opgeleide menslike hulpbronne is altyd nodig, maar dit neem langer om ʼn span op te bou as wat dit neem om beddens en ventilators en persoonlike beskermende toerusting te vervaardig en dis waar ons grootste tekorte is,” sê sy.
Maroela Media het die departement van gesondheid Dinsdag genader om kommentaar, maar wag nog op ʼn antwoord.
Die saak laat meer vrae as antwoorde. Kan die ANC niks deursigtig, verantwoordelik, konsulterend en professioneel uitvoer?
Nee hulle kan ongelukkig nie
Hoop hierdie Kubejaanse dokters is beter as hul soldate.
Al wat hulle in gemeen is is die feit dat hulle kommuniste is.
cyril invited them, he can pay them. I really don’t get why we need doctors from cuba.
You are 100% correct. Cyrill must pay them and he is going to pay them with our money.
Belaglik,wit en bruin suid afrikaners word weggewys om medies te studeer agv kwota sisteme gebaseer op ras en dan word kubaanse dokters ingebring om te help en die belasting betaler moet betaal hiervoor.
Michael, jy is 100% korrek, onthou dit is pay back time vir die onbeholpe anc regering.
Micheal…..sinnelose besluite wat in die land gemaak word is almal se ondergang
Jy is in die kol Lukie!
Gewonder wat hier aangaan ,nou gaan die ANC eers alles ontken en dan sal dje waarheid uitkom. Ons het nie geld nie aitog
Toe Dr….. Zuma minister van gesondheid was, was sy al gepla met Kuba. Nou het sy haar sin gekry ten nadeel van RSA dokters en študente.
Wonder in watter 5 ster Hotel is hulle ingeboek en wie is die eienaars van daai hotel of verblyf . In KUBA NOEM HULLE DIE MENSE MET DIE WIT JASSE DOKTER . Sal graag hulle CV wil sien
Wat n mors van geld!!! Ek het geweet dit gaan miljoene kos, die mense wat ons land beheer het geen benul van “budgets” en somme maak nie. Waar is daai kastige mediese studente waarvoor ons ook betaal het vir opleiding in Kuba (die lot wat daar so gestaak het vir meer “pocket money” elke maand)? Wat is die obsessie met Kuba. Ons mense kry swaar, is werkloos maar betaal miljoene vir “dokters” vanuit Kuba. Daar word wereld wyd, selfs in Australie melding gemaak van ons wonderlike private mediese dienste en spesialiste in SA! Nou is dit eens vir my duidelik hoekom daar weer melding gemaak was dat die rykes meer moet begin bydrae.
Seker het Jacob hulle gewerf sy dokter is mos Kubaan?
Dit was heel moontlik hoekom hy soheentoe was. Seker nog aftree geld gewees
Corona het nou ‘n oop tjekboek geword.Na die inperking gaan alles net duurder word en so ook belasting.Wat my verbaas laat is dat die regering nou slegs op die virus konsentreer en nie na ander rampe ook kyk nie bv,droogte hulp aan die boere in die Noord en oos Kaap.Hulle is immers ons voedsel voorsieners maar word soos ‘n lastige entiteit behandel.Hierdie Kubane gaan nie goedkoop gehuisves word nie.Ek verstaan ook dat die standaarde van Kubaanse universiteite van die laagste is in die wereld.Ons medici behoort dit as ‘n belediging te beskou.
Dis “payback time”. ANC skuld Kuba vir hulp tydens “struggle”.
En so mors ANC nog geld onnodig. Waarvoor is kubane hier? Praat hulle darem Engels of het niemand daaraan gedink nie?
???? Elkeen kry n tolk
Ten duuste
Nie een van daai klopmp sal aan my raak nie
Die land behoort aan Sjina, die mediese omgewing aan Kuba, die werkplek aan Unies en die besighede aan BEE. Wat is volgende??
ANC uit gevang die kubane kos 440 miljoen groot grap en ons eie mense moet by die huis sit
Soveel van ons eie drs sit nou met geslote of leër praktyke agv inperking, sal graag wou help teen laer koste as die Kubane wat nou nog huisvesting ens. ook moet kry.
Hoe word sulke duur besluite geneem sonder om die mediese gemeenskap te raadpleeg? Ons voel beslis ‘ blindsided’ ; so ook die belastingbetaler!
Kom ons werk op n skamele R200m salarisse vir die 187 “dokters/ingenieurs” vir 12 maande. Dit werk uit op R89,000 per dokter per maand! Die wonderlike Kubaanse regering kry natuurlik die grootste deel van die salarisse, moenie dink die dokters sien veel van die geld nie. Dis natuurlik hul vyfster verblyf, kos en vermaaklikheids-toelae uitgesluit. Dit seker nog so R40,000 elk per maand minimum; dus nog so R90miljoen. En moenie nog so R100miljoen vergeet vir amptenare se harde werk nie. Dus kos die sirkus ons seker net so R400miljoen.
Waarom is ek nie hieroor verbaas nie? ons hoogs-opgeleide mense (medici) is mos nie deel van “OUR PEOPLE” nie, derhalwe is hulle nie goed genoeg agv hulle velkleur nie… hierdie narre wil NIE aanvaar dat hierdie land na 1652 deur die gehate wittes tot op ‘n stadium as die MEES ONTWIKKELDE LAND IN AFRIKA opgebou is, maar is sedert tweekeer1994 tot rommelstatus verklaar. Ek wonder waarom???????????
Ek is seker sinies….maar ek ruik alweer n rot
Die ANC is Kuba-verskrik! Suid-Afrika het genoeg uitstekende mediese dokters. Die land se finansiële toestand is alreeds haglik. Wat verstaan hulle nie?
Nou breek die af per persoon in lyne soos verblyf, kos, vergoeding ens. Wat van al ons finale jaar mediese studente en daardie SA Dokters wat graad het maar nie werk nie. Ek wonder hoeveel komissie die onderhandelaar gekry het?