Kubaanse ingenieurs – departement kry uitstel

Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, water en sanitasie (Foto: Chantall Presence/ANA)

Solidariteit het die departement van menslike nedersettings, water en sanitasie se versoek om die spertyd vir ʼn alternatiewe voorstel in verband met die invoer van Kubaanse ingenieurs te verleng Donderdag toegestaan.

Dít nadat die departement sy aanvanklike spertyd van Woensdagmiddag misgeloop het en Solidariteit vanoggend aangedui het dat hy met geen ander opsie gelaat is as om met regstappe voort te gaan nie.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê nou die organisasie het in oorleg met sy regspan bepaal dat dit wel billik sou wees om die departement uitstel te gee, hoewel hulle die aanvanklike spertyd misgeloop het.

Die nuwe datum vir die departement om sy voorstel vir Solidariteit aan te bied, is nou eerskomende Maandag omstreeks 16:30.

solidariteit-teen-discovery-veldtog-dirk-hermann

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

“Vir ons bly die primêre fokus steeds die beste belang van plaaslike werknemers en veral ons uitstekende Suid-Afrikaanse ingenieurs,” sê Hermann.

“Ons bly steeds daarop toegespits om die belange van Suid-Afrikaanse werkers te bevorder, hetsy deur middel van ʼn substantiewe, geformaliseerde ooreenkoms, of deur middel van regsoptrede, indien nodig.”

Maroela Media het vroeër berig Solidariteit meen daar is geen regverdiging daarvoor om Kubaanse ingenieurs ten duurste in te voer om Suid-Afrika met sy waterprobleme te help nie terwyl daar wel Suid-Afrikaanse vaardighede beskikbaar is.

Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, hou vol die Kubane is nie hier vir indiensneming nie, maar om munisipale amptenare te mentor sodat werk geskep kan word.

Die koste van die 24 Kubaanse ingenieurs beloop sowat R65 miljoen – en dít terwyl Kuba self probleme met sy waterinfrastruktuur ondervind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
annie

Hoekom is ons so lief vir Kuba? Vertel ons meer oor die Kubaanse banke. Hoeveel geld uit SA word daar gewas en gebère?

Hans

Kyk mooi……. iewers in die vergelyking raak daar van die R65M weg……..

Willem

Uitstel uitstel uitstel. Dit al wat die regering ken.

Mariana

En Maandag het sy steeds geen antwoorde nie en weer word als uitgestel en van uitstel kom afstel.

Hennie J

Ek probeer om my onpubliseerbare sienswyse van die minister te versag: Sy is n outokraat en duld geen teenstand nie; sy sal julle rondneuk maar sal NOOIT toegee aan julle versoeke nie. Gaan voort met die hofaksie want teen die tyd julle agterkom sy speel net, is die kubane al hier.