Kubaanse ingenieurs ‘groot vermorsing van belastinggeld’

Lindiwe Sisulu (Foto: Chantall Presence/ANA)

AfriForum het ’n brief aan Lindiwe Sisulu gestuur waarin die burgerregte-organisasie die aanstelling van 24 Kubaanse ingenieurs bevraagteken.

Dié ingenieurs is op 19 April vanjaar aangestel om die departement van water en sanitasie te help om probleme met waterinfrastruktuur op te los en hul kennis te deel.

Sisulu, minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, sal môre ’n seremonie lei om die Kubaanse ingenieurs te verwelkom.

“Die hoogs gekwalifiseerde Kubaanse kundiges sal raadgewers op provinsiale en plaaslike vlak landwyd bystaan,” het die departement gesê. “Hulle sal hul vaardighede deel in meganiese, elektriese en siviele ingenieurswese, asook projekbestuur.”

AfriForum meen egter dat dié aanstelling ’n groot vermorsing van belastingbetalers se geld is aangesien Suid-Afrika oor ervare, gekwalifiseerde ingenieurs en vakkundiges beskik wat meer as bekwaam is om die departement te ondersteun.

Die organisasie versoek in die brief dat die Kubaanse ingenieurs se ervaring en kwalifikasies bekendgemaak word, dat ’n verslag wat die water- en infrastruktuurprobleme uiteensit, beskikbaar gestel word, asook dat die departement ’n aksieplan voorsien van waar die ingenieurs gaan werk.

Die departement het volgens AfriForum in 2017 ongeveer R12 miljoen bestee om Kubaanse ingenieurs aan te stel en het nooit ’n verslag uitgereik oor die werk wat verrig is nie. AfriForum het ook in die brief versoek dat ’n omvattende finansiële struktuur van wat dit die belastingbetaler gaan kos, bekendgemaak word.

“AfriForum het male sonder tal reeds probeer om ’n vergadering met die minister te belê oor die organisasie se jaarlikse blou-en-groendruppelverslag waarin verskeie waterprobleme onder die loep geneem word,” het Lambert de Klerk, AfriForum se bestuurder vir omgewingsake, gesê.

“Ons beskik oor ’n lys afgetrede ingenieurs en vakkundiges, asook mense wat steeds in diens is, wat meer as bereid is om die departement te help om dié probleme op te los. Dit is onaanvaarbaar om Kubaanse ingenieurs aan te stel terwyl Suid-Afrika bekwame en gekwalifiseerde ingenieurs het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Boer ·

Ek stem saam dit is n mors van belasting geld. Ons land het van die beste ingeneurs in die wereld en hulle noem hom n Boer.

Alet ·

Enigste rede hoekom hulle hier is is omdat dit die kommunistiese vriende van anc is. Plaas hulle daai geld gebruik en meer universiteite bou om jongmense op eie bodem op te lei en werk te gee. Dan sal werkloosheid ook afneem. Breinselle werk nie lekker nie lyk dit my.

Nie Verbaas ·

Met huidige slaagpunt van 30% sal dit nie help om nog universiteite te bou nie. Ons onderwys stelsel is ver onder standaard en sommige studente hoort nie eers op n kampus nie. Ons het egter van die beste ingeneurs in die wereld in ons eie land. Die probleem is dat hulle wit is.

Michael ·

“Our people” besef nie eers sy wys vir hulle eie ingenieurs ‘n middelvinger nie en dan sal hulle natuurlike nooit wit ingenieurs wil gebruik nie. Dis maar hoe Afrika rol

Francois ·

Die korup ANC regering is te diep ingekruip by Cuba. Iewers maak iemand weer baie geld

Danie ·

AfriForum. Sy sal nie luister nie. Sy kan nie die aanbod aanvaar dat daar nog blanke ingeneurs in SA is wat bitter graag sal wil help. Dit sal vir haar en die ANC n klap in die gesig wees, want as sy dit aanvaar gee sy en haar party erkenning dat hulle nie die nodige kennis en hulpbronne het om n land te bestuur nie. Sy kan ook nie haar eie mense wat opgelei is gebruik nie want sy kan hulle nie vertrou nie, dus maak sy en haar party gebruik van hulle vriende wat hulle opgelei het tydens hulle apartheid struggle net om hul vriendskap bande te versterk want hulle weet dat hulle nie vir altyd aan bewind gaan bly nie en dan gaan hulle die kubane weer nodig kry soos destyds met die grens oorlog.

casper ·

Ons was ‘n span van 11 gekwalifiseerde ingeneurs wat to UGU munisipaliteit pro bono wou help met hulle dienslewerin en hulle het blatant geweier terwyl daar nie een enkele professionel ingenieur in hulle diens was nie. Blatante rassiste !!

Edward Donald ·

Regtig!!! Dit gaan my te bowe dat die regering bly belasting betaalers se geld mors op idiotiese ideas.
My pers mening is dat die regering weier volstrek om goed gekwalifieseerde wit ingeniers in diens te neem. Dit is astrant, dom, nalatig en eintlik rasisties. God Seën SA

Baardman ·

Regering is regtig onnosel, Nou gaan die geld belastingvry uit die land.

Persheks Adri ·

Kry mense van ander lande om dinge hier te kom regmaak terwyl ons eie mense sonder werk sit gggmmmfff dis mos ons wat betaal nie die narre nie tsek ons sakke raak leeg

Pierre ·

Kubaanse Dokters, Kubaanse Ingenieurs die struggle arm strek wyd en ver dus tyd vir die ANC om terug te betaal vir al die jare se ondersteuning wat hulle van Kuba geniet het.

Kuba klop om hulle werkloosheid te verminder
Rusland klop om kern aanlegte bou
China klop om hulle eie “Stede” in Limpopo te bou

Beloftes maak skuld en mense vergeet nie gou nie en skuld moet betaal word.

Tjom ·

Net soos die ‘hoogs gekwalifiseerdes’ wat moes help met covid. Klomp useless kommuniste. Julle eintlike hoogs gekwalifiseerdes het die land verlaat.
Dir is wat jy kry as jou departemente se kwalifikasies laer as matriek gelieg word.

Pieter ·

Belasting op stand dit is al wat julle siek ANC se ore gaan oop maak.

jzjz05 ·

Die ANC kan nie wit ingeneers aanstel nie dit is teen hul beginsels, net soos hulle ook nie wit toerism wil help nie. hulle vat eerder wit kapitaal om hul skuld aan die Kubane te betaal.Nou weet ons ook hoekom die vliegtuig Kuba toe is , om hulle pelle te gaan haal

Gert ·

En moenie vergeet dat daar baie blanke ingenieurs dokters en ander bekwame mense in Suid-Afrika is wat beter of dieselfde kwalifikasies het wat werkloos moet bly sodat die kamarade gehelp kan word nie

Mariana ·

En gaan sy enigsins ag slaan op daai brief. Nee nes met die dokters gaan hulle steeds doen wat hulle wil. As daar iets is waarmee hierdie ministers baie goed is, is dit belastingbetalers se geld mors. Dit gaan nooit ophou nie.

Sonia ·

Dankie Afriforum – druk en druk hard tot julle ordentlik reaksie kry

Bushy ·

Die regering het of geen vertroue in hul landsburgers, of besig met slinkse planne. Al wil hul dan die wittes boikot is daar glo ek meer as genoeg Swart ingenieurs wat meer bevoeg is as kubane. Ongelukkig word staatsamptenare nie aangestel op meriete nie maar op die basis van wie jy ken. Nepotisme vernietig ons land en nie dat daar nie genoeg bekwame mense is nie.

Madz ·

Net ‘n ander kanaal om belastingbetalers se geld te “verduister”!

Nie Verbaas ·

Hoekom waarsku hulle dan reisigers om nie kraanwater te drink in Kuba as die Kubaanse ingeneurs dan so fantasties is nie?

henndrik ·

Ek stem saam en ek wonder – moet daar vir die mense tolke ook aangestel word?

JM ·

Die ANC is Kuba-verskrik! Hulle is te stiksienig om te besef dat hulle hul eie ondergang bewerk. Die wiel van geregtigheid draai stadig maar gewis.

Kokerboom ·

Die Dame leef op haar eie troontjie, is verhewe bo ander en misken SA ingenieurs,swart en wit, deur outokratiese arrogante optredes. Toon weereens hoe vêr die regering verwyder is van die SA volk. Dis ‘n absolute skande.

Sias ·

As Sisulu so lief is vir Kuba, waarom gaan bly sy nie daar nie. Dit is dan so suksesverhaal.

Agge nee ·

Sy sal ongelukkig nie van die ervare, plaaslike ingeneurs kan gebruik maak nie, want hulle is wit en hulle sal nie skroom om korrupsie bloot te lê nie.. Einde van die storie.

'n Simpelman ·

En hier sit gekwalifiseerde mense van alle kleure, by die huis.
Wat ‘n skande.

Hoekom ·

Die Kubane het met kommunisme hulle ekonomie tot in die grond in gery. Nou maak hulle staat op die kapitalistiese republiek van Suid Afrika se belasting geld om daardie eiland te laat aanhou dryf. Dit is al rede hoekom jy daardie werk gaan “outsource” terwyl daar genoeg kundigheid in ons land is…

Jakes ·

Hierdie agbare minister is alewig in die nuus vir die verkeerde redes. Die ANC kommunikeer met die Kubane want die regering kannie met mense redeneer wat slimmer as hulle is nie. Natuurlik is die ANC baie aan die Kubane verskuldig want hulle het destyds gehelp met die struggle en om die useless ANC aan bewind te kry. Of skuld die ANC hulle nog baie geld vir die sigare wat hulle van Kuba af kry?

JohanR ·

My gooiste maar hierdie land is darem lief vir die Kubane! Sal seker nie lank wees dan staan ‘n paar vir ANC verkiesing parlement toe? Ek wonder baie maal of ou pruik, of enige ander ANC ‘n werk in die privaat sektor sou kon kry?

Willem ·

Behalwe die mijoene wat die kubaanse ingeneurs betaal gaan word wat gaan die vewelkoming kos en waar gaan dit gekry word?

LANA is ELANè ·

Ongelukkig hang bekwaamheid van die kleur van jou vel af en nie soseer oor werklike bekwaamdheid nie.

Peetjie ·

Is daar dan nie vertroue in ons eie ingeneurs nie? Of is die opleiding wat hulle ontvang nie op die Kubaanse standaard nie?

Pikkie ·

Asseblief wat ek nie kan verstaan nie is dat ”ONS LAND SUID-AFRIKA BAIE GOEIE BLANKE INGENIEURS HET WAT DIE NODIGE WERK TE KAN DOEN ”WAT SONDER WERK IS OP DIE OOMBLIK” MAAR DIE ANC REGERING WIL EERDER VAN KUBAANSE INGENIEURS GEBRUIK MAAK. DIT IS NET OM KORRUPSIE TE BEWERKSTELLIG MET HULLE SALARISSE WAT WEER SAL GEBRUIK WORD OM KORRUPSIE en SELF-VERRYKING TE BEVORDER ONDER MEDE ANC WERKNEMERS!! DIT MOET ONMIDDELIK GESTOP WORD AFRIFORUM!!
DANKIE
GROETE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.