Kubane moet SA dokters oplei, sê LUR

dokter

Foto: DarkoStojanovic/Pixabay.com

Sibongiseni Dhlomo, LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal, het die nasionale regering versoek om Kubaanse dokters aan te stel om Suid-Afrikaanse mediese studente op te lei.

Dhlomo het aan die finansiële portefeuljekomitee in Pietermaritzburg gesê hy glo dit sal meer kostedoeltreffend wees om Kubaanse dokters na Suid-Afrika te bring om plaaslike studente op te lei, eerder as om die studente na Kuba te stuur.

Dhlomo het gesê die program, waar Suid-Afrikaanse studente in Kuba opgelei word, is baie duur, maar hy het dit benadruk dat dié opleiding ongeëwenaar is.

“Ek het my versoek aan [minister van gesondheid] dr. Elias Motsoaledi en [minister van hoër onderwys] dr. Blade Nzimande gerig dat ons Kubaanse professionele persone moet kry om die opleiding van ons studente te hanteer,” het Dhlomo gesê. “Dit is meer kostedoeltreffend om 20 professionele persone te kry om 400 studente op te lei.”

Hy het gesê hy het onlangs besoek aan Angola afgelê waar só program in gebruik is. Dhlomo het gesê hy is oortuig dat ʼn soortgelyke program die antwoord sal wees op Suid-Afrika se tekort aan dokters.

“Wat doen mens om ʼn dokter op te lei? Jy het ʼn onderwyser, student en pasiënt nodig, en ons het dit hier in die provinsie,” het hy bygevoeg. “Dit is die beste opleiding in die wêreld. Hulle [die Kubane] het nie malaria nie, en daar is nie TB nie en die vroue sterf nie tydens kindergeboorte nie en dit is die beste resultate ooit in die wêreld.”

Die program, waar Suid-Afrikaners na Kuba gestuur word om mediese opleiding te ontvang, is onlangs weer onder die soeklig geplaas nadat sommige studente geskors is omdat hulle versuim het om aan die voorwaardes van hul kontrak te voldoen. Sommige studente het glo die grootste deel van die dag “gebid en gepreek” en dit het daartoe gelei dat hul akademiese prestasie agteruit gegaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Loon ·

Ek is op gelag nou, waar is ons eie onderwysers?
Ons het instellings vir opleiding,
Ja kry hulle maar, dit sal mooi inpas by die staatshospitale!

Michael ·

Die regering diskrimineer teen wit studente wat medies wil studeer maar Kubaanse dokters is nie ‘n probleem…….hoekom moet ons belasting betaal vir hierdie rasistiese incompetent regering???

PJ ·

Ons het van die beste dokters in die wèreld maar blykbaar nie goed genoeg

THEA SWART ·

doen julle self ‘n guns en gaan lees op oor “Cuba” dit is blykbaar een van die voorste mediese instellings en ek het ook altyd ‘n vieslike aanmerking oor hulle gehad maar na dese dink ek dis tans beter as ons eie – anyway wie gaan elke jaar vir 400 student wat wil leer Cuba toe stuur om dit daar te gaan doen as om van hulle eerder hier te kry teen goedkoper om hulle hier te kom leer –

Otter ·

Thea, ek hoor wat jy sê, maar dit is baie sleg as ‘n regering ‘n land se vermoë om kritiese opleiding te gee vernietig, en homself dan totaal afhanklik maak van die mense van ‘n ander land. Dink daaraan:ons het vroeër self wêreldklas dokters opgelei!

DMC de Koker ·

Probleem is daars soveel beter opsies as Kuba as jy dan regtig moet opleidingsmense kry. Kry dan eerder dokters van Duitsland of Amerika af, maar al hoekom die regering hand om die blaas is is omdat Kuba dieselfde kommunistiese agenda as ons eie regering op die Hart dra.

Ek dink ook hierdie is klap in die gesig van die mediese skole van Tuks, Wits, Kovsies, Maties ens.

Melt Olckers ·

Hoeveel van die inligting wat Kuba oor homself uitbasuin is propaganda? Hoeveel is waar? Hulle verdraai dan self hulle eie weergawe van die oorlog in Angola.

DD ·

Thea, dalk moet jy verder as net Kuba se mediese vermoëns gaan lees en sien hoe hulle kommunistiese regering die landsburgers beheer en voorskryf tot in die fynste besonderhede. Dink jy daardie beginsels gaan nooit oorspoel na SA regering toe nie. Is dit nie maar net ‘n manier van die kommuniste, soos China ook, om ‘n stewige voet in die deur te kry nie?

Oosie ·

Elke dag raak alles net meer en meer belaglik!! Breinloosheid in die staatsektor is aan die orde van die dag.

Willie ·

My een kollega se seun moet in China vir n Dr studeer ondat hy wit is, en daar geen plek vir hom hier is nie… maar Kubane is aanvaarbaar.. O ja en die Kubane ken al ons land se skete…

jaco ·

baie kubane, veral die meer geleerdes, is ook wit, so hoe gaan hulle werk in SA affirmative action tot voordeel wees?

Trolle ·

Lyk my daar is glad nie meer hoop vir die goverment nie,die snaakse goed wat hulle doen partykeer net omdat hulle wit mense haat.

Justa ·

Daar kom nie eers malaria in Kuba voor nie. Doen eers navorsing LUR voordat jy met so n belaglike redenasie voor die dag kom. Die Kubane kan nie eers Engels behoorlik praat nie.

wynand ·

O my genade nou het ek alles gehoor. Daar is nie woorde nie.

Otter ·

Dis tydmors om met so ‘n mens ‘n gesprek te probeer voer waarin jy logiese argumente gebruik. Hy het ook toegang tot die feite wat ons het, tog kom hy met dié sotlike oplossings. Wat het hy nodig – ‘n Handboek oor hoe om sy werk te doen?
Ons MOET onsself onafhanklik maak van die ANC regering. Dan kan ons begin dóén i.p.v. tyd mors om hierdie sothede te probeer weerlê.

jaco ·

in die 1980’s, VOOR die ANC ontban is, het sekere wit regse organisasies hulle begin beywer vir ‘n wit tuisland. die wit Nasionale Party regering wou hulle nie help nie. al wat hierdie organisasies gekry het, was Orania, wat ‘n gehuggie in die bos is. Selfs die regse Konserwatiewe Party, wat op ‘n stadium omtrent 1 miljoen wit (meestal Afrikaner) stemme gekry het, het ook gelag vir hierdie idee van ‘n wit tuisland. Diegene wat nie wou help nie en diegene wat daarvoor gelag het, is nou seker spyt, maar nou is dit FINAAL TE LAAT. Ons moet nou maar insluk en inval en uithou.

Winston ·

@Loon.Dan gaan daar net 5% van die huidige mag oorbly. Die ander gaan loop agv uitputting! LMGA . @Otter: stem saam met jou. Antwoord n dwaas nie in sy sotheid nie. Ons mors ons tyd en pêrels voor die swyne.

niel ·

dit is nou die grootste bespotting van ons hoogs gekwalifiseerde dokters in suid afrika wat ek nog gehoor het.Daai kubane ken ons nie praat nie enige van ons inheemse tale nie..omw wat sal ons nog moet aanhoor van die mal regering dink hulle moet kuba toe gaan vir opleiding

JohanP ·

As daar net meer respek is en die studente nie die instellings boikot en beskadig nie sal Alles ok wees. 20jaar gelede het oorsese lande ons mense gesoek…..you is die die teenoorgestelde. Kan niemand Sien waar heen ons op pad is nie? Klaar verby die punt van omdraai en opbou. So jammer dat so mooi land ten gronde moet gaan. Kan maar net bid.

oogies ·

Dis belaglik verby …… waarvoor studeur ons kinders dan in Suid-Afrika om dokters te word. Wens die regering wil n slag hulle oe oopmaaak ,want op die tyd en stadium met alles wat gebeur lyk dit vir my hulle doen alles toe oe sodat hulle nie verantwoordelik heid hoef te aanvaar vir die gebeure nie .Hoop net die dokters wat hulle nou vir ons wil stuur kan GROOT ASB AFRIKAANS praat,want dit is so n pyn as jy by n hospitaal kom en die persoon kan jou nie in jou eie taal akkomudeer nie……..se maar net

DMC de Koker ·

Daar is sprake dat die Puk ook ‘n mediese skool gaan kry vir die opleiding van dokters. Hoop net nie een van hierdie kubane eindig op in Potch nie. (Hopelik kry die Puk sommer ‘n veearstsenykunde fakulteit ook; want keuring by Tuks vir dit is hoogs diskriminerend).

MCS ·

Nou het ek als gehoor! RSA het die bestes van die aller beste gehad! Chris Barnard om net een tenoem! Die dogtertjie Pippie se veloorplantings wat gekwee was en oorgeplant is was die eerste in die wereld! Ons beste Dr bly en werk in ander lande! Daar is nie hoop met die mense wat in beheer van sake staan! Hulle is oningelig en weet hulle staan met hul rug teen die muur en maak belaglike verskonings sodat hulle slim voorkom!

Theresa ·

Mnr Lem oftewel blade: Jy het my nou so laat lag oor die TB malaria en vrouens wat kraam, dat ek nou nog ‘n ernstige hoesbui het!!! Ag nee man. Ons het die beste Mediese professore in die land – dalk nou al bietjie oud, maar ek belowe die BESTE. Jy sal nie duur hoef te betaal nie, want hul is reeds hier. Net eenkant toe gestoot…

m ·

Kubaanse dokters…… behoed ons…. Ons regering darem ma beheb het hierdie mense. Mag ek nooit deur een van hulle behandel word nie………….

Rita Kloppers ·

Nou het ek alles gehoor. Laat ons mense wat keuring verdien keuring kry. Daar is soveel wat wil Dokters word , wat nie die geleentheid gegee word nie. Maar nee, die dommes word kanse gegee. Wat n grap

Ida ·

Malaria = muskiete, TB = AIDS en sterftes = onvoldoende opgeleide mediese personeel. Wit kennis is land uit. So gaan alles ten gronde en ons betaal vir “uitlanders” om iemand op te lei wat slegs 50% hoef te behaal. Dus as jy 50% foute maak, raak dit 50% van ons land se bevolking, maak nie saak velkleur.

Wynand ·

Ek is seker die regering word nie deur hulle behandel nie! Net deur wit dokters. Ek wonder nou waarom?

Jef ·

Daar is genoeg dokters in Duitsland en Nederland wat SA mediese studente wil oplei tot gekwalifiseerde arts en spesialiste en ek dink dat die omstandighede en ellende in SA die dokters afskrik om SA toe te kom, hulle weet dat jy as blanke nie veilig is in SA nie, die wil is hier by die artse maar dis die veiligheid wat roet in die ete gooi.

maryna ·

Ons was laas jaar by ‘n privaat hospitaal deur ‘n Kubaanse dokter behandel…. geskeurde ligamente is as sagte weefsel besering gediagnoseer, voorskrif was panado’s, rub rub en ‘n generiese anti-inflamtoriese medikasie. die apteker het net haar kop geskud toe sy die enkel sien en die medikasie. Ek dink persoonlik dis nie ‘n goeie idee nie maar as die pap op die grond val sal ons dit maar optel en die miljoene belasting geld afskryf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.