Kubane sal SA se wateringenieurs van raad bedien

water-kraan

(Foto: Pixabay)

Altesaam 24 Kubaanse ingenieurs is na Suid-Afrika ontbied om die regering se pogings tot waterdienslewering en verwante dienste “te verbeter en te versterk”.

Sputnik Ratau, woordvoerder van die departement van water en sanitasie, het gesê minister Lindiwe Sisulu sal Donderdag die seremonie lei om die Kubaanse ingenieurs te verwelkom.

“Die hoogs gekwalifiseerde Kubaanse spesialiste sal raadgewers op provinsiale en plaaslike vlak landswyd bystaan,” het Ratau gesê. “Hulle sal hul vaardighede deel in meganiese, elektriese en siviele ingenieurswese, asook projekbestuur.”

Van die ingenieurs se kernverantwoordelikhede sluit in die praktiese eksplorasie na volhoubare waterhulpbronne, instandhouding en bestuur van waterverskaffing en sanitasie-infrastruktuur, asook die strategiese beplanning van dié hulpbronne, veral in landelike en benadeelde gemeenskappe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

69 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anton

As hulle Australië of Kanada gevra het was die raad in Afrikaans ????

Brett

Charity starts at home….. Soos die engels man se..
Ons sit met genoeg ingenieurs met beter Kwalifikasies….. Wats die ware verhaal wie se hand is in wie se sak. Verkoop weer ons land onder ons uit…… Hou ons geld in ons land… Proudly South Africa

Nie Verbaas

Ek kan dit nie glo nie. Ons het al bewys dat daar meer as genoeg kennis onder wittes is om die probleme op te los maar dit sal mos n klap in die gesig vir die ANC wees om hulle te vra om die probleme op te los. Kubane sal kom en gaan en ons sal weer terug wees waar ons was.

Andries

Hoop die regering kry die Kubane om hulle te wys hoe om n land te regeer ook, daar is baie opreg gekwalifiseerde mense maar oor hulle vel kleur kry ons maar liewer ander lande om ons muslikings te kom uitsort. Ek sak my kop in skaamte om te hoor ander lande moet ons wys hoe om ons water bestuur van alle dinge te kom uitsort, maar steeds word die onbevoegte mense betaal op in diens te wees

Cd

Kuba is nou nie n baie goeie voorbeeld van vooruitgang nie.
Seker voel die regering maar tuis tussen hulle.
Ons as ingenieurs kan n baie beter bydrae lewer al is ons afgetree maar ….te wit.
.