Kubayi wil nuwe olieraffinadery bou

Mmaloko Kubayi, minister van energie (Foto: GCIS)

Mmaloko Kubayi, minister van energie, het Vrydag gesê sy gaan goedkeuring by die kabinet probeer bekom om ʼn nuwe olieraffinadery te bou om Suid-Afrika se afhanklikheid van brandstofinvoere te verminder.

“Ek het besef dat ons land gereed is vir ʼn nuwe raffinadery-belegging,” het Kubayi in haar begrotingsrede in die parlement gesê. “Teen die tyd dat ʼn nuwe raffinadery gebou is, sal die land meer as ʼn derde van sy brandstofvereistes invoer. Hierdie hoë afhanklikheid is nie in die belang van energiesekerheid nie en bevorder nie plaaslike industrialisasie nie.

“Ek sal dus in die derde kwartaal van hierdie finansiële jaar die kabinet nader vir ʼn beslissende besluit in dié verband.”

Kubayi het gesê sy sal verkies indien die projek tussen die openbare sektor en ʼn privaat vennoot in ru-olievervaardiging aangepak word. Die meerderheidsaandeel in die raffinadery moet egter Suid-Afrikaans wees.

Die minister het toegegee dat daar tans ʼn oorvloed olieprodukte op die mark is, maar dit is nie in Suid-Afrika se belang om só swaar te steun op invoere nie, gegewe die wisselkoersskommelings. Sy het gesê kwessies van nasionale soewereiniteit moet ook in ag geneem word.

Die minister het in haar eerste begrotingstoespraak ook aangekondig dat haar departement die sentrale energiefonds sal herstruktureer om die manier, waarop filiale bestuur word, te verbeter. “Ons wil binne die volgende paar maande die sentrale energiefonds herstruktureer om ʼn model te vestig wat dit aanspreeklikheid vergemaklik en seker te maak die entiteit word doeltreffend en professioneel bedryf.”

Die finansieringskorporasie vir mynbou-eksplorasie in Afrika (AEMFC) en die Petroleumagentskap van Suid-Afrika sal deur die loop van die huidige finansiële jaar na die departement van minerale hulpbronne oorgedra word.

Kubayi het gesê die direkteur-generaal van die departement, Thabane Zulu, sal as die uitvoerende hoof van die strategiese brandstoffonds optree. “Ons wil verseker dat ons die aanbevelings kan implementeer in die lig van die verslag oor die verkope van strategiese brandstofreserwes van die land.”

Die minister het onlangs bevestig dat ʼn deel van die land se strategiese brandstofreserwes teen die einde van 2015 verkoop is onder haar voorganger se bestuur. Die verkope word tans ondersoek.

Tina Joemat-Pettersson, wat in Maart afgedank is tydens ʼn kabinetskommeling, het die transaksie ontken. Sy het gesê dit was ʼn skuif van voorraad op die strategiese brandstoffonds.

Die transaksie is wyd veroordeel, gedeeltelik omdat die voorraad verkoop is teen slegs US$29 per vaatjie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Paul ·

Suid-Afrika het bitter min tot geen olie wat natuurlik in die land of die kuswaters voorkom nie. So ‘n olieraffinadery sal, soos al die ander olieraffinaderye in Suid-Afrika, ingevoerde olie moet gebruik.

Indien die plan is dat dit gas of steenkool as grondstof moet gebruik en nie olie nie, dan kan die plan “werk”.

Maar daar is geen rede om “onafhanklik” van invoere te wil wees nie, behalwe as handel-sanksies verwag word.

Hierdie klink meer na ‘n plan om lekker kontrakte te kan uitdeel aan maatjies.

nico ·

Skielik is daar groot haas! Jy is reg! Al die drandstof word in elk geval ingevoer, behalwe vir SASOL. En hulle gaan verseker nie SASOL 4 bou nie!

Kom ons dink gou daaroor.
Die Kernkrag plan is van die baan op die kort termyn.
Die “fracking” projek gaan nie binnekort realiseer nie.

Die ANC moet iewers groot geld vandaan kry vir sy verkiesings veldtog van 2019!

Mense moet nie die fout maak om te dink dat projekte soos die wapen skandaal slegs gegaan het oor die verryking van spesifieke persone nie.

‘n Groot persentasie van die geld gaan na die koffers van die ANC sodat hulle hul verkiesings veldtogte kan finansier.

Kyk maar terug: voor elke verkiesing was daar een of ander masiewe twyfelagtige projek geloots!

En niemand in die ANC se ‘n woord nie want indirek trek elke ANC MP voordeel daaruit!

So hou fyn dop!

Basjan ·

Paul en nico, ek stem 100% saam met julle. Die “dringendheid” van die hele aangeleenthei lyk uiters verdag.

Meneer ·

Waarom invoer teen $40 as jy dit plaaslik kan vervaardig teen $100? Maak sin, minister koebaai

Frederik ·

Me Goodbaai moet dalk ‘n bietjie meer op hoogte kom van die nuutste tegnologie. In SA word daar reeds eksperimenteer met batteryaangedrewe busse. Die konstruksie van haar beplande olieraffinadery kan 10 tot selfs 20 jaar neem om te voltooi, afhangende van die aantal stakings tydens die projek. Teen daardie tyd is seker meer as 60% van die voertuie in SA batteryaangedrewe.

Johan ·

“Ek is deur die Guta familie beveel on die volgende a an julle oor te dra. …

Johann cb ·

Net onlangs is dit bekendgemaak dat die regering al ons brandstofreserwes, miljoene vate daarvan, verkoop het! En dit teen ‘n weggeeprys! Nou wil Me Koebaai ‘n raffinadery laat bou – alles begin nou vir my sin maak…of dalk nie!

Hennie ·

Met Chevrolet se onttrekking is die swak klimaat van onvoorspelbare en oneffektiewe arbeid in die land en die gevolg daarvan duidelik gedemonstreer. Hoe op aarde wil sy hierdie reuse projek aanpak in hierdie omstandighede? Dit klink aanvanklik goed maar uiteindelik gaan die verdorwe arbeid van ons land hierdie boot sink.

JoeV ·

daasy, nog ‘n geleentheid!! nogal goedkeuring van kabinet verwag.

Justice ·

Die Guptas is besig om te diversiveer – ek vertrou die ANC regering niks.

marous ·

Biljoene moet hiervoor uitgekrap word , en die mense wat hul verkies het , krepeer en word aangehits …om grond sonder vergoeding te eis. Wat ‘n siek spul!

Lance ·

Hulle kan nie eers mosgas sukses vol bedryf nie wat van nog ander raffinderye.As ek kan onthou het hulle R24biljoen verlies gely verlede jaar en as ek dit reg het is mosgas ń staatsinstansie in vergelyking met Sasol wat ń wins getoon het van in die R30biljoen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.