Kuberaanval op Krygkor

Foto: Google Maps

Foto: Google Maps

Kuberkrakers het ʼn aanval op Krygkor, die wapenverkrygingsagentskap van die departement van verdediging, se webtuiste geloods.

Lulu Mzili, woordvoerder van Krygkor, het egter gesê die inligting waartoe toegang verkry is “nie sensitiewe en geklassifiseerde inhoud” bevat nie.

Sy het gesê ʼn span kuberkenners is byeengeroep om ʼn forensiese analise te doen om die volle omvang van die voorval te bepaal. “So kan ons strenger maatreëls en ingryping verseker om soortgelyke pogings in die toekoms te verhoed.”
Mzili het Krygkor se belanghebbendes verseker die saak kry dringend aandag.

Die kuberkrakers vereenselwig hulle glo met die internasionale kuberkraakgroep, Anonymous. Die inligting wat tydens die aanval bekom is, is glo op die sogenaamde “donker web” geplaas. EWN het vroeër berig dokumente oor fakturering en ander finansiële inligting is moontlik tydens die aanval gesteel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ben Prinsloo ·

Kuberkrakers wat tot n nasionale wapentuiginstansie se rekenaars kan deurbreek. Dan sê die agbare woordvoerder dit is op nie belangrike dokumente, wie wil sy om die bos lei? Nou sal ons meer van ons regering se verskuilde agendas te wete kom, hou maar die spasie dop.

Theuns ·

Stem saam Ben. Van die eens trotse weermag het niks oorgebly nie! Elke instelling wat veronderstel is om deur die regering bestuur te word het net ‘ OTM geword met n begroting waar daar miljoene Rande ingepomp word om in die Kaders se sakke te verdwyn
.

Jan maak n Plan ·

Ek sal graag wil sien wat hierdie mannetjies uitgevis het, ek glo die ware gebeure om die wapen skandaal kan dalk ook net daarin wees. Dit sal nou n mooi truksvy wees ne.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.