Kuberkrakers slaan toe op Liberty, eis glo miljoene

Argieffoto: Pixabay.com.

Liberty, die finansiële diensteverskaffer, het laat Saterdagaand aangekondig dat hy die slagoffer van kuberkrakers was.

ʼn Boodskap op Liberty se webtuiste lui soos volg: “Liberty betreur dit om te bevestig dat ons onderwerp is aan ongematigde toegang tot ons IT-infrastruktuur. ʼn Eksterne party beweer hy het data van ons gesteel en het ons in kennis gestel van moontlike swak plekke in ons stelsel – hy het vergoeding hiervoor geëis.”

Liberty het op Twitter en Facebook laat weet dat hy “uitsonderlike pogings en kundigheid” aanwend om die omvang van die ongemagtigde toegang te ondersoek en “toepaslik” sal kommunikeer oor die aangeleentheid.

ʼn Stemposboodskap op Liberty se algemene nommer verseker kliente dat die diensteverskaffer “alle nodige stappe” doen om die krisis te beheer.

Liberty-kliënte het laat Saterdagaand ʼn boodskap ontvang wat dié krisis bevestig. Dit is in dié stadium nog onduidelik presies hoeveel kliënte deur dié voorval geraak word .

Sunday Times berig dat kuberkrakers glo miljoene eis om nie sensitiewe inligting van top-kliënte aan die publiek te lek nie. ʼn Woordvoerder van Liberty het glo ook aan die koerant gesê dat die maatskappy tans met die kuberkrakers kontak het. ʼn Bron het glo ook aan die koerant gesê dat uitvoerende amptenare van Liberty dit oorweeg om die kuberkrakers te betaal eerder as om toe te laat dat die inligting versprei word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jannie ·

Hulle kan gerus maar intern begin soek!! So-iets het gewoonlik sy begin in die maatskappy se boesem!!!

Eish ·

Dit is n groot probleem, miljoene rande se beleggings kan verlore gaan.

John ·

Dis ‘n pessiekte wat gaan versprei. Maatskappye moet nou voorsorg tref! Kies IT-maatskappye met oorleg. Verkeerde mense bewerk verkeerde gevolge. Ons regering word lank reeds gewaarsku teen misdadigers wat hier nesskop en maklik samewerking van amptenare kry.

Kaufman ·

Ramaphosa het gister gevra besighede moet nie na ervating kyk nie, en rasdiskriminerende aanstellingswette raak al strenger, so om met oorleg te kies is nie maklik nie.

Amanda ·

Nogal nie Jannie, dis wat die aliens in ons land kom doen. Hulle sit hele dag op rekenaars en jaag die nonsens aan maar ANC soek mos hulle stemme. Dis die wat hulle hier is. In hul eie land is hulle nie welkom nie want hulle is ervare kriminele. Hulle klim selfs in mansgate on toegang tot telefoon en internet te bekom.

JAN ·

Ja en nou gaan ESKOM vir die stoute reenboog knape selfs hul diensrooster gegee wanneer dit donker sal wees.
Lekker ou Tsafendastan se Prattpark.

Jef ·

IT-ers kan nog veel leer van hierdie krakers, hoe en waar hulle dit leer weet ek nie maar hulle weet baie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.