Kuberwetsontwerp goedgekeur

Argieffoto (Foto: joffi/Pixabay)

Die parlementêre komitee oor sekuriteit en justisie het die wetsontwerp oor kubermisdaad en verskeie ander stukke wetgewing goedgekeur.

Die wetsontwerp het ten doel om oortredings, wat met kubermisdaad verband hou, te kriminaliseer; om die verspreiding van skadelike databoodskappe te kriminaliseer en tussentydse beskermingsbevele te bewerkstellig; om jurisdiksie oor kubermisdaad te reguleer; om die magte te reguleer wat kubermisdade ondersoek; en aspekte te reguleer wat verband hou met wedersydse samewerking wat betref die ondersoek van kubermisdaad.

Rajaa Azzakani, woordvoerder van die komitee, het gesê die wetgewing bied ook die geleentheid dat ʼn toegewyde kontakpunt aangewys kan word en ʼn verpligting dat kubermisdaad aangemeld moet word. Owerhede kan hiervolgens ook ooreenkomste aangaan met ander lande om kubermisdaad te bespeur, te voorkom, te verlig en te ondersoek.

Die komitee het ook die kennisgewing van die verklaring van amnestie wat betref die Wet op Vuurwapenbeheer oorweeg en goedgekeur. Dit volg ná ʼn versoek van die Suid-Afrikaanse Polisiediens vir ʼn nuwe ses maande lange amnestieperiode. Die SAPD moet egter meer inligting aan die publiek verskaf oor die amnestieperiode. Die komitee het gehoor dat nóg ʼn amnestieperiode gemeenskappe nog ʼn geleentheid sal gee om onwettige vuurwapens en ammunisie, en vuurwapens en ammunisie waarvan persone ontslae wil raak, in te handig.

Die verslae sal nou aan die nasionale raad vir provinsies gestuur word met aanbeveling dat dit bekragtig sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

4ntj13 ·

Ek hoop ook dat die blykbare verwarring tussen aansoeke en inlewerings vir vernietiging, blitsig reggestel gaan word, soos dit hoort. Dis ook vir my vreemd dat ʼn Sanna “pistool” op een vernietiging-lys beland het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.