Kuiergas skiet rower by oord in reservaat dood

Die Manyane-oord in Noordwes. (Foto: Facebook)

Skote het die naweek by die Manyane-oord in die Pilanesberg Nasionale Park geklap toe vyf rowers by ʼn chalet daar ingebreek het.

Lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder in Noordwes, het gesê ʼn paartjie in een van die chalets was vermoedelik reeds in die bed toe hulle Saterdagaand geluide buite die huisie gehoor het.

Vyf rowers, klaarblyklik gewapen met messe, het die deur oopgebreek en die chalet binnegekom.

Volgens Funani het die man sy vuurwapen uitgehaal en een van die rowers in die chalet doodgeskiet.

“Hy het gesien dat hulle messe by hulle het en het een van hulle geskiet. Die ander het met ʼn skootrekenaar weggekom,” het Funani gesê.

Die ander aanvallers is nog soek. “Die paartjie is gelukkig ongedeerd.”

Volgens ʼn gas by die oord is die man wat op die rowers geskiet het, ʼn oudpolisieman. “Ons het die skote gehoor, maar kon nie juis iets sien nie. Dit is baie erg, ʼn mens kan nie eens meer gaan vakansie hou nie,” het sy gesê.

Volgens dié gas is hulle uit vrees vroeër by die oord weg.

“Die bestuur het niks gesê (oor die voorval) nie, dít is die probleem. Ek gaan beslis nie weer terug nie,” het sy gesê.

Sy het gesê daar is klaarblyklik vroeër dieselfde aand ook by ʼn tent in die oord ingebreek. Verskeie items is glo gebuit. Die gaste was nie in daardie stadium in die tent nie.

Funani het gesê die polisie ondersoek klagte van moord en gewapende roof.

Die dossier oor die moordklag sal aan die direkteur van openbare vervolging vir ʼn beslissing voorgelê word.

Maroela Media het versoeke om kommentaar oor die voorval aan die bestuur van Manyane-oord gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Judge Dredd ·

So wie sou die klag van moord indien?
Ek sou dink meeste is redelik gelukkig dat die rower gedood is.
Miskien het sy makkers die klag ingedien?

Marius ·

Judge Dredd daar word automaties ‘n geregtelike dood ondersoek gedoen deur die polisie om te kyk of die persoon wat geskiet het reg opgetree het.
Toe ek in polisie was het hulle dit met ons ook gedoen as ons geskiet het.

marous ·

As daar getuienis is , moet ‘n moord dossier geopen word . As daar nie getuienis is nie moet ‘n geregtelike doodsondersoek geopen word . Dit kan formeel gehou word en daar is voorskrifte wat die hof moet volg om te sorg dat getuies hulself nie inkrimineer nie . Dit blyk dat alles net soos met die res van die land by die deur uitgefoeter het . Die polisie het geen idee nie en die nvg en howe nog minder .

Nerens meer veilig ·

Die Oorde moet meer sekuriteit aanstel anders gaan hulle gaste verloor ek wil nie gaan vakansie hou ini bos en die heeltyd bekommerd wees oor inbrekers terwyl ek slaap nie!!!!
Die Inbrekers weet daar word niks aan gedoen nie !!!!!

Lolla ·

Stem saam Marius dit is hoe dit gedoen word. Standaard prosedure.

Rudi ·

Nerens meer veilig – jou veiligheid is JOU eerste belang. Bewapen jouself, kry self verdediging opleiding en maak seker dat jy jouself en jou geliefdes kan beskerm. Soos die man. Dis so maklik soos dit.

Paul ·

Snaaks genoeg… die ander aanvallers (wat weggekom het) sal nou met die dood van hulle makker aangeklaar word onder die gemeenskaplike doel doktrine (doctrine of common purpose).

Leseding ·

Judge Dredd se vraag is nog steeds NIE beantwoord NIE. Wie het die MOORD saak geopen (Wie is die Klaer) ?, en in watter hoedanigheid.

Dit is al amper SAP /ANC beleid om te antwoord daar is nie ‘n saak geopen omdat daar nie ‘n Klaer is nie. Wat is die ROM en by watter Poliese stasie ?

Wurmpie ·

Die klag is ingedien omdat ń “skuldige” ń onskuldige inbreker wat gewapen was dood geskiet het

JS ·

Dit is standaart prosedure, iemand is dood en dit moet ondersoek word, in baie gevalle sal die saak uit gegooi word as daar genoeg bewyse is dat die man homself en sy geliefde moes beskerm.

mooimens ·

vakansie plekke kan meer sekuriteit aanstel as vakansiegangers bereid is om meer te betaal (vir hul veiligheid)

Marius ·

Kan ons ‘n tyd kry hoelaat dit gebeur het of moet ons nou al 19:00 as ons vakansie nou al gaan slaap.Hulle wil he ons moet by die huise bly oor naweke hulle wil ons vryheid ontneem.

Theunis ·

Soos gewoonlik word onskuldige vervolg terwyl niks gedoen word om die 4 skuldiges op te spoor nie.

Marthinus ·

Wat hulle versuim om te noem is dat die polisie op die man se gelisensieerde vuurwapen beslaggele het, waarom moet ons hulle vra, dit was nie die wapen wat vir die misdaad gebruik was nie. So ontwapen hulle jou as jy jou en jou familie verdedig.

Elize ·

Hoogtyd dat ons begin terugbaklei! Hoekom wag om vermoor te word? Dis of hy, of jy…

Andre Stander ·

Waar is daardie Maroela Media kommentaar leweraar wat gesê het “mens kan jouself nie verdedig teen 5x of meer gewapende rowers verdedig nie”….???

Ja swaar….

Robert Naude ·

En wie gaan my voorskryf hoe ek my of my mense se lewe moet verdedig. Dit is my lewe en ek sal besluit hoe ek hom sal beskerm , nie die lakse wette en wets toepassers wat dink hulle is die reg nie.

Jan Botha ·

Dit wil lyk asof gastehuise en vakansieoorde meer geteken word. Addisionele beveiliging is hier nodig.

JP ·

Ek was daar die naweek toe dit gebeer het. Beide Manyane en Bakgatla oorde se deure moet gesluit word totdat hulle, hulle oorde kan bestuur. Op die oomblik gebeer dit amper elke naweek by die twee oorde asgv wanbestuur. Ek besoek beide oorde al vir meer as tien jaar en die was die laaste.

Sanet ·

Die Polisie maak die moord dossier oop. Dit is ‘n standaard praktyk. Openbare vervolging besluit dan of die persoon vervolg sal word. In hierdie geval dink ek nie dit sal gebeur nie en net ‘n nadoodse ondersoek sal gedoen word.

Dirk Breytenbach ·

Moord? Die getuienis spreek vanself. Hoekom tyd mors op ‘n uitvaagsel wat duidelik met voorbedagde rade opgetree het? Nou moet die persoon wat homself en sy vrou teen ‘n oormag wou beskerm ook nog ‘n prokureur huur om namens hom op te tree.
Gooi liewer die leer weg!

AMMIE ·

Ons is verlede jaar in Julie maand by die bekende Sondela Natuur reservaat naby Bela Bela beroof. Ons was aan die slaap gemaak met iets wat lyk soos kristalle wat aan die brand gesteek was. Daar was duidelike tekens dat die rowers deur ons handsakke en goedere gekrap het in die sitkamer van die huis by Sondela terwyl ons vas geslaap het. Toe ons wakker word was ons bedwelm en kon nie ordentlik praat nie, jou mond is kurkdroog jou tong sleep en jy is naar. Die ergste trauma waarmee ons nogsteeds sukkel is die gedagte en wete dat die rowers reg langs my en my skoonsuster se bed was en ons selfone gevat het asook my kleinkind se sak vol klere waarmee hulle toe weg is met ons kameras en skootrekenaar. Sondela Natuur reservaat het absoluut niks gedoen om ons by te staan nie, nie eers berading nie. Ons het ook opgepak en gery. Ons het maande na die insident weer die moed gehad om na ‘n ander natuur reservaat te gaan vir ‘n naweek, maar sukkel om te slaap en luister vir elke geluid totdat my man, maar tafels en kaste voor alle deure skuif om veilig te voel, Ons het ook nooit weer ‘n woord van die polisie of Sondela gehoor oor die inbraak nie al is ons honderd persent seker dat dit ‘n “inside job” was. Niemand is nerens meer veilig nie.

Albert ·

Hierdie is alles inside jobs want rowers word deur wrtkers gehelp, dis hoekom oorde niks doen nie

KrokodilBotha ·

Goeie werk Mnr. ou Polisieman. Jammer oor die oord se stilbly.

DS ·

Andre Stander asb die omstandighede is totaal anders as om onverwgas oorval te word. Hulle het geluide gehoor toe al kon hulle hulle self bewapen en verdedig. As jy uit jou slaap gewek word of by deur van jou huis uitloop en oorval word het jy nie tyd om jou wapen te kry en vir hulle te WAG nie.

Andre Stander ·

Uh-huh… leef maar met jou “defeatist mindset” saam. Die van ons wat bereid is om terug te baklei onder watter omstandighede ookal, sal verseker meer kere triomfeer as die “jy kannie …”.

GP ·

Dankie Mnr oud polisieman. Voorbeeld vir ons almal. Bewapen jouself en beskerm jou geliefdes. Vrae kan later beantwoord word. In die geval blyk dit ‘n handbook geval van selfverdediging te wees.

Amanda ·

Ek is baie dankbaar ek en my 3 kleinkinders van 6 en 7 onderskeidelik, was op daardie stadium by vriende in die karavaan gedeelte. Ek glo ons was toe al dopgehou.

Andries ·

Daar gaan weer ‘n getuie opdoem wat 5 km ver weg was en getuig die besoeker het hul ingenooi en dat hul glad nie gewapen was nie.

Hexadane ·

Ek was laas maand by n vakansie oord waar ek en my vrou ten minste twee van die drie aande stoksiel aleen was op die oord, die hoof hek was die hele dag oop sonder veiligheids wag\wagte nie. ekt maar besluit my pistool bly naby my die hele tyd wat ons daar was, was ook my laaste keer wat ek soentoe gaan. Wonder net wat die oord se beleit is omtrent wapens, aangesien meeste plekke vereis dat mens die wapen moet verklaar en Veilig gemaak word en “geseel” word of alternarief in n kluis geberg moet word…

Joe ·

Ja en nou wil die polisie minister ons semi automatiese vuurwapens ook weg vat, lyk my baie meer rowers gaan geskiet en net daar gelos word vir die wurms om op te vreet, want niemand gaan dit meer raporteer nie

Liekie ·

Dis baie teleurstellend om hierdie tipe nuus te lees.
Die boggers kon seker nie Renosters in die hande kry om op te kap nie, en toe maar die mense gaan opsoek in die kamp.
Ek hoop dat Pilanesberg bestuur daadwerklik iets drasties hieraan gaan doen.
(wat help dit jy verklaar met jou ID en voerrtuigregistrasie by die hoofhekingang?
Baie waarskynlik het die swerkaters nog deur die drade gekom …… HONGER

Piet ·

Dis hoe dit gedoen moet word. Wees gereed en baklei harder terug, omgelukkig die enigste werkbare manier.

Joe ·

Ja en nou wil die polisie minister ons semi automatiese vuurwapens ook weg vat, lyk my baie meer rowers gaan geskiet en net daar gelos word vir die wurms om op te vreet, want niemand gaan dit meer raporteer nie

DS ·

Andre Stander dis jou tipe wat nog nooit in so situasie was wat se bekke groot is…. Wag maar tot jy daar was en hom geskiet het daardie dag praat ons weer. Ek is absoluut vir beskerm jou gesin en sal nie 2 keer dink om te skiet as ek die kans kry nie. Maar werklikheid en jou “fantasie” is 2 verskillende dinge.

Danie ·

Kampeer raak by die dag gevaarliker. Tuisbly sonder DSTV die beste vakansie.

Chris Ws ·

Danie dan praat ons nie eers van die duisende rande wat gespaar word aan brandstof,tolgeld en verblyf nie!Neewat,in my eie huis kan ek my verdedig!

Hanna Hoekom ·

Dit maak my sommer van voor af kwaad dat mens nou al n klomp geld moet betaal net om kastig “veilig” te kan gaan ontspan. En nog steeds word jy aangeval! Waar is die dae dat mens sommer jou tentjie in die natuur kon opslaan? Was bevoorreg om onlangs net so in die natuur te kon kamp in die VSA. Kalifornie en Georgia. Was natuurlik nie moeilik om die enkele Suid-Afrikaner in die groep te kon uitwys nie… Ja, ek was ontrent paranoies!

Haan ·

Vreemd om te sien hoeveel mense vra vir “meer sekuriteit” by oorde, maar is tog nie bereid om self verantwoordelikheid vir hul weerbaarheid te neem nie. Die grondwet van SA is een van BITTER MIN wêreldwyd wat sy burgers toelaat om hulself wettiglik te verdedig, soos wat hierdie man gedoen het. Ander is nie verantwoordelik vir jou veiligheid nie, JY is.

Jan Terblanch ·

Sowat drie jaar terug was ‘n vriend van my helder oordag aangeval terwyl hy oor die straat geloop het. Hy het die gewapende rower noodlottig gewond. Moord was die klagte en dit het hom meer as R60000 gekos voordat hy onskuldig bevind was.

Renier ·

Skink ‘n doppie, sit agteroor en geniet die agteruitgang!

Gerhard ·

Kan jy nou dink wat sou die i
Opskrifte gewees het as die ou nie homself verdedig het nie …

“Roof by vakansie oord lei tot moord”

” vrou verkrag op vakansie”

Ek verkies die huidige een baie dankie

Muskiet ·

Ek sien ‘n bemarkings
geleentheid vir ‘n draagbare ‘ vakansie’ tipe alarm stelsel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.