Kuierplek permanent gesluit ná sterftes tydens stormloop

Die voorval het by Osi's Place plaasgevind. Foto: Facebook

Die voorval het by Osi’s Place plaasgevind. Foto: Facebook

Die Wes-Kaapse dranklisensiëringstribunaal het Donderdag Osi’s Place, ʼn kuierplek in Khayelitsha, permanent gesluit ná ʼn stormloop in Junie die lewe van verskeie jong meisies geëis het.

Ses meisies is op die toneel dood en twee vroue, wat ook in die stormloop beseer is, het in ʼn motorongeluk gesterf op pad na die hospitaal.

Die twee gesamentlike voorsitters van die tribunaal, Vincent Bergh en Lizaan Venter, het die dranklisensie wat aan Osi’s Place se eienaar, Phumlani Abraham uitgereik is, teruggetrek.

Bergh het gesê die tribunaal het dit baie ernstig oorweeg om Abraham ongeskik te verklaar om weer ʼn dranklisensie te bekom. Abraham is egter reeds verbied om enige ander dranklisensie te bekom vir die volgende vyf jaar en tesame met die permanente sluiting van die kuierplek, sal dit genoeg swaarkry vir hom beteken, het hy gesê.

Lees alle vorige berigte oor Osi’s Place op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.