Kuilsrivier-polisie trek meer as 500 verdagtes vas

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie in Kuilsrivier in die Wes-Kaap het die afgelope week meer as 500 verdagtes vir verskeie oortredings in hegtenis geneem.

Kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, het gesê deur middel van klopjagte wat gedurende die week uitgevoer is, is 180 verdagtes vir dwelmoortredings vasgetrek en daar is op meer as R12 000 se dwelms en meer as 400 liter alkohol beslag gelê.

“Altesaam 324 verdagtes is in hegtenis geneem op aanklagte van onder meer moord, poging tot moord, aanranding, die besit van gevaarlike wapens, die onwettige besit van vuurwapens, verkragting en opsetlike saakbeskadiging,” het hy gesê.

Kinana het gesê ʼn man is ook Sondag in hegtenis geneem nadat hy lukraak op ʼn polisievoertuig losgebrand het. Niemand is in die voorval beseer nie.

Brig. Vincent Beaton, bevelvoerder van die Kuilsrivier-groepering, het die polisiebeamptes geloof vir hul toewyding om misdaad in die gebied hok te slaan. Hy het ook ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om die polisie by te staan in hul geveg teen misdaad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

J.Z ·

Maak nie saak of dit verdagtes of oortreeders is nie,al wat wat my aangaan is dat die Kuilsrivierpolisie hul werk doen,dit is verblydend

Vlammie ·

Ek dink die polisie in Kuilsrivier is puik en verdien ‘n pluimpie!
Is hulle dan al polisie stasie wat sulke goeters doen?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.