Kuilsrivier-vrou sedert Dinsdag vermis

Zarah Hector.

Zarah Hector.

Die Kaapstad-polisie het ʼn soektog van stapel gestuur na Zarah Hector (33) van Kuilsrivier wat Dinsdag verdwyn het.

Dessie Rechner, stigter en direkteur van Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, het Vrydag aan Maroela Media gesê Hector is Dinsdagoggend vir die laaste keer gesien toe sy om 08:00 haar werkplek, Oostenberg Lodge, verlaat het.

Haar kêrel het haar as vermis aangemeld toe sy nie later die dag by die huis opgedaag het nie. Sy het in sy motor, ʼn silwer BMW Z3, gery toe sy die laaste keer gesien is. Die motor is Donderdag deur die polisie in Observatory opgespoor, maar daar was geen teken van Hector nie. Sy het geen persoonlike besittings saam met haar geneem nie.

Hector is skraal gebou en weeg sowat 50 kg. Sy het bruin hare, groen oë en ʼn letsel aan die linkerkant van haar nek.

Rechner het ʼn beroep op die publiek gedoen om ʼn plakkaat van Hector wyd op sosiale media te deel in die hoop dat iemand haar sal opspoor. Mense wat haar sien of weet waar sy is, kan die ondersoekbeampte, sers. Binedell, by 021 900 2845 of 079 894 1561 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gesiggie ·

Ai tog ek hoop dat Zarah ok is, en dat niks ernstig met haar gebeur het”’Nogal snaaks dat sy geen besittings saam haar geneem het nie? Ek hoop regtig nie die vrou het iets aangevang…Zarah as jy ok is laat weet die mense ASB” Sterkte aan elkeen wat help soek, mag daar goeie nuus wees.

MM ·

Mmmmm en as hulle haar kry dan sal daar seker gese word hulle kan nie se waarom sy weggeraak het nie.

Niel van Zyl ·

Vra maar net, sal dit nie bietjie help as hulle sê waar die voertuig opgespoor is nie?

Phillip ·

Dagsê Neil

Die polisie het bekend gemaak dat die voertuig in Observatory opgespoor is. Ons het dit by die artikel bygewerk.

Groete

Phillip Bruwer nms. Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.