‘Kultuur moet verander om Eskom te red’

André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom. (Foto: ANA)

André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, sê hy kon reeds daarin slaag om van ʼn paar vrot appels in Eskom se bestuur ontslae te raak, maar dat daar nog harde werk voorlê om dié staatsinstelling tot sy voormalige statuur te herstel.

De Ruyter het Vrydag tydens ʼn paneelgesprek oor dié staatsentiteit gesê hy is daartoe verbind om die waardes wat jare gelede deur Eskom gehandhaaf is, voort te sit.

Dít volg ná jare se staatskaping en politieke inmenging wat eindelik tot grootskaalse kragprobleme gelei en byna die kragverskaffer permanent gekelder het.

Volgens De Ruyter het hy sedert sy aanstelling werkbare vordering in die ommeswaai van Eskom se bestuur gemaak, hoewel sy huidige direksie steeds ʼn ingenieurkenner en ʼn geoktrooieerde rekenmeester benodig om toesig oor die bestuur te hou.

“Ons het steeds ʼn paar slegte karakters in Eskom, maar nie meer op ʼn uitvoerende vlak nie. Ons maak goeie vordering, maar dit gaan nog lank wees voordat ons ʼn totale oorwinning kan verklaar.”

Hy sê Eskom het sedert 1923 al ʼn monopolie as die land se enigste elektrisiteitsverskaffer en dít het mettertyd ʼn kultuur en houding van arrogansie en oormatige selfvertroue by werknemers gekweek, “dikwels tot ons eie nadeel”.

De Ruyter het tydens die bespreking, wat deur die Ahmed Kathrada-stigting en Wits se Skool vir Regeerkunde aangebied is, gesê hierdie houding het eindelik daartoe gelei dat Eskom ʼn radikale verandering in sy funksionering en algehele struktuur benodig.

“Dit is byna onmoontlik om werknemers van ʼn staatsentiteit die trekpas te gee,” sê hy.

“Die kultuur van straffeloosheid en die sogenaamde geregtigheid op sekere voordele het my verbaas toe ek aanvanklik by Eskom aangesluit het. Dit is asof werkers wat jare reeds by die instansie is, die benadering het dat jy nie van hulle ontslae kan raak nie.

“Ek sê nie ʼn mens moet deur vrees regeer nie, maar dit is baie duidelik dat dinge by Eskom geruime tyd al nie werk soos dit moet nie.”

De Ruyter het ook gebieg dat die eksterne politieke inmenging ʼn groot uitdaging is in sy pogings om Eskom in ʼn werkende staatsentiteit te omskep.

“Die belange van ministers en oudpresidente is geruime tyd deur lede van die direksie bevorder, tot só mate dat daar voorgesê is wie aangestel of watter verskaffers guns gegee moet word. Dit skep ʼn baie moeilike situasie,” sê hy.

Volgens hom is dit duidelik dat etlike netwerke wat tydens staatskaping geskep is, steeds binne Eskom werksaam is. Diégene hoop steeds om die vrugte wat hulle destyds gepluk het, nou aan te vul.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Pietvdpaarl ·

Dit is nie nét by staatsbeheerde entiteite wat dit moeilik is om mense af te dank nie. Dit is een van die redes hoekom werkgewers verkies om so ver as moontlik arbeid te beperk/vermy, wat natuurlik weer lei tot verhoogde werkloosheid. Onse regering is siende blind. Besigheid bly die GROOT GEVAAR.

Samuel ·

Ek glo André de Ruyter is eerbaar en opreg in sy strewe om Eskom reg te ruk. Ek glo ook die eksterne politieke druk gaan nie oornag verdwyn nie. Wanneer die bestuur gesuiwer is, sal ek glo hulle sal gesamentlik van die vrot appels elders in Eskom ontslae kan raak. Maar o wee, dan skree die kaders weer RASSISME!

FranWilder ·

Privatiseer Eskom en kry klaar. Dan sal jy sien hoe vinnag begin mense hulle werk doen.

Pieter ·

Ouer people word mos beskerm dit is hoekom hulle maak soos hulle wil. Het nie eers graad een nie maar van hulle sit in n bestuurs pos gaan lekker hier in anc land

Aai ·

Hoekom sukkel jy met die poste omdat hulle velkleur verkeerd is wat jy moet aanstel en die ANC het ‘n probleem met dit.( steeds ʼn ingenieurkenner en ʼn geoktrooieerde rekenmeester benodig om toesig oor die bestuur te hou.)Sterkte Andre agter jou al die pad.

Piet parys ·

Wat ek noe kan verstaan is dat SASOL mense kan laat her aansoek vir poste en as jy geskik bevind word het jy werk anders groet hulle jou al is jy al jare in daai possisie . Met Eskom het hulle die bestuur aan die dinges beet met afdreiging van die netwerk lamlè. Het dit nie tyd geword om voet neer te sit en back plan te hé met oud geskikte werkers nie .

Deon ·

Ek weet ook van daardie sasol plan, dit was meer as eenmaal in n 25 jaar tydperk gedoen, vula mehlo en phoenix was die “projekte” se name…. Waarom kan hulle dit nie daar ook doen nie?

Jacobus ·

Eskom funksioneer binne een van omvattendste kriminele state. Daar is geen vrees vir vervolging, geen respek vir die wette van die land. Geen ding, hetsy geld, goedere, enigiets wat nie toegesluit is nie is “fair game”.
Amptenare, unies en die publiek kan vat wat hulle begeer. Vir die rede ook word mense wat hulle goed bewaak en dit met geweld verdedig hulle gou voor die hof bevind.
Mr de Ruyter hoe verander jy die houding? Dit was jarre gelede die gebruik dat stropers en saboteurs met die dood gestraf is.
Om ‘n saak by te sleep – hoe word misdadigers aangestel as burgemeesters – in die onlangse verlede word hulle kandidate vir verdere promosie.

Onnie ·

Ek hoop en bid en vertrou dat hy sal slaag in sy doel, voordat die vrot appels hom inhaal en al die harde werk daarmee heen is. As dit in 1 staatsdepartement werk, is ek amper seker daarvan dat die goeie gene sal oorspoel na ander staatsdepartemente ook. Kom ons hou duimvas, dalk kan ons land weer ‘n land wees om op trots te wees.

Papsak ·

Verwyder alle vrot appels nie net n paar nie maar begin en stel regte mense aan om met esmom te help sterkte Mnr De Ruyter wys hulle

SjN ·

Dit is vandat daar redes aangevoer moet word hoekom hy/sy nie geskors moet word nie, as die werk nie volgens standaard gedoen word nie, fire die persoon ssos per wetgewing en stel kundige werker aan volgens kwalifikasie soos vereis deur die posbeskrywing.

Philip ·

Ek kan maar net my kop skud en lag as ek van al hierdie rugstekery wat al jare lank plaasgevind vanaf Mr Mc Crae se tyd in die begin 90s na sy aftrede gebeur het . As n werknemer op alle vlakke van bestuur het ek die verrotting waargeneem onder kollegas en diegene wat gestoei het om homself tot die hoogste vlak bevorder te kry daarom wens ek vir Andre de Ruiter en Jan Oberholzer alle sukses toe julle het n opdraande stryd wat besaai sal word met obstruksies.Dit sal hard gaan om weer net Dr. Strassenzacker se ESKOM standaard te kan bereik al is dit net die helfde daarvan.

AW ·

So lank hierdie land die ANC as deel val die Regering op elke vlak het, wens ek jou alles van die Beste Toe !

dr. Petronella ·

Staan sterk mnr. De Ruiter. Miljoene Suid Afrikaners staan agter jou. Ek glo egter min sal op die huidige oomblik in jou skoene wil staan!

Kobus ·

Mnr de Ruiter , hier is raad. Die ANC het ‘n kultuur van nie – betaal geskep. Hulle het dit egter vervolmaak. Ons geagte liegbek CR het tydens sy termyn as minister belowe dat al die staatsdepartemente soos Eskom, Poskantoor, Transnet SAL ens binne 2 jaar weer die trots van SA sou wees.Hy en sy comrade Zuma het saam die land geplunder, skielik ‘n engel voor die Zondo kommissie. Ek stel dus voor u versoek die ANC om die mense aan die betaal te kry. Indien nie , sny die toevoer af. Kry me Maria Ramos om te help met afleggings. Sy skrik nie vir wetgewing nie. Betaal fluitjieblasers bonusse , rampokkers sal gou agterkom dat hulle onheil nie meer gewaarborg is nie. Stel asb kundiges aan

Dries ·

Lankal geweet dit is die situasie. Maak sy hande heeltemal los en hy sal Eskom regruk. Tot op grondvlak seevier korrupsie. Ek weet dit ook. Het probeer gietstukke verkoop aan Camden. Ek was geskok om te hoor hoeveel is hulle bereid om te betaal.

Raadsman ·

Per MWatt wat gelewer word deur Eskom is daar 3 keer meer werkers in vergelyking met Duitsland met dieselfde tipe kragstasies en by alles word hierdie werkers nog oorbetaal ook. Die regering moet na ander opsies kyk vir werkskepping i p v elektrisiteit prys die hoogte injaag.

Charl ·

Baantjies vir boeties ! Sterkte Mnr de Ruyter, gooi die hele mandjie appels uit want almal is ewe vrot !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.