Kultuur van korrupsie nou deel van ANC, sê Maimane

Inwoners volg Mmusi Maimane in Matjhabeng, Vrystaat (20 Mei 2017) Foto: @Our_DA, Twitter

ʼn Kultuur van korrupsie het deel geword van die ANC en dit kan nie reggestel word nie, het DA-leier Mmusi Maimane Saterdag gesê.

Maimane het by ʼn openbare vergadering in Matjhabeng in die Vrystaat, as deel van sy nasionale #Change19-veldtog, ges6e hy glo almal stem in dat daar ʼn behoefte vir verandering is.

“Ek dink ons almal stem ooreen dat ons verandering nodig het. Ons land is op pad in die verkeerde rigting en dit kan binnekort te laat wees om om te draai. Ons maak nie meer vordering as ʼn land nie. Ons is nie meer op pad na ekonomiese vryheid vir almal nie.

“Gemeenskappe soos julle in Matjhabeng word agtergelaat deur ʼn regering wat onderneem het om julle vorentoe te neem, maar glad nie van plan is om dié belofte na te kom nie. Hier in die Vrystaat gaan julle gebuk onder ʼn dubbele bedreiging van die ANC-regering onder Jacob Zuma en ʼn provinsiale ANC-regering onder [premier] Ace Magashule.

“Want hierdie twee mans is dieselfde. Die beloftes wat hulle vir hul ryk vriende, die Guptas, maak, beteken baie meer as die beloftes wat hulle aan julle maak voor die verkiesing,” het Maimane gesê.

“Daar was talle gerugte of die ANC Jacob Zuma sal uitskop en hom met iemand anders sal vervang. Ek verseker julle, dit sal geen verandering maak aan die ANC nie. Die kultuur van korrupsie – om geld te steel wat vir gemeenskappe soos julle bedoel is – is nou deel van die ANC. Dit kan nie meer reggestel word nie.

“Om Zuma met iemand anders te vervang, sal mense se lyding vererger. Net so sal dit ook nie die manier waarop die Vrystaat bestuur word, verander indien Magashule met ʼn ander ANC-leier vervang word nie. Dit sal net beteken die naam van die persoon wat kontrakte en tenders aan vriende en familie oorhandig, verander.

“Wanneer ek tydens hierdie veldtog van verandering praat, bedoel ek algehele verandering. Ek bedoel ʼn hele nuwe manier om na Suid-Afrika te kyk. Ek praat van ʼn Suid-Afrika wat sy tweede struggle era ingegaan het, hierdie keer is dit ʼn stryd vir ekonomiese vryheid vir almal. Die stryd om onder die ekonomiese verdrukking onder die ANC-heerskappy te ontsnap.

“Ek praat van ʼn Suid-Afrika waar ons almal ʼn sê het hoe hierdie land van ons herbou moet word: hoe dit moet lyk en hoe ons almal bevoordeel kan word. Ek praat van ʼn Suid-Afrika wat op verdraagsaamheid en respek vir mekaar gebou is… waar geweld teen vroue nie geduld word nie. Waar ons saam opstaan teen enigiemand wat dink hulle het die reg om vroue te behandel soos iets wat hulle besit,” het Maimane bygevoeg.

“Ek praat van ʼn Suid-Afrika wat nie meer die verkragting- en moordhoofstad van die wêreld is nie; waar kinders nie daagliks verdwyn nie en waar ons strate en woonbuurte behoort aan die mense wat daar bly. ʼn Suid-Afrika waar die leiers die voorbeeld stel wat ander kan volg. Waar wet en orde by die leiers begin. ʼn Suid-Afrika wat werk. Wat werk in elke dorp en stad skep en wat belê in opleiding en opvoeding vir ons jeug om hierdie poste te vul.

“Ek praat van ʼn Suid-Afrika wat vry is van die ANC. Ons moet begin om oor ons toekoms sonder die ANC te praat. Slegs dan kan ons vorentoe beweeg. Dit help nie ons dink aan ons self as net DA, net ANC of net EFF en almal anders as ons vyande nie. Ons moet oor hierdie grense begin dink. Ons moet diegene wat dieselfde Suid-Afrika wil bou, as ons vriende beskou.

“ʼn Nuwe regering wat ons land van die ANC red sal op koalisies en samewerking gebou wees. Dit is hoe ons besig is om munisipaliteite soos Johannesburg, Tshwane en Nelson Mandelabaai om te draai, en dit is hoe ons Suid-Afrika sal omdraai.

“Ons moet anders dink en anders stem. En die enigste mense wat dit kan laat gebeur, is julle, die kiesers. Julle het die mag om ons toekoms te vorm,” het Maimane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Geen verandering ·

Geen verandering in die Metsimaholo (Sasolburg, Deneysville, Oranjeville) munisipaliteit waar die DA-koalisie aan bewind is. Inteendeel gaan dit selfs swakker!

Kollie ·

Gee kans, jy kan nie jare se wanbestuur in twee jaar regmaak nie. Dit het jare gevat om Kaapstad reg te ruk na die ANC ramp. As daar ‘n party is wat ALMAL se dienste kan verbeter, is dit die DA. Onthou, die provinsies word ook maar gekortwiek deur die sentrale regering (ANC) wat die staatskas beheer so daar kan ook net soveel gedoen word.

Magda ·

Ek stem gee die DA kans- daar is so baie korrupsie en agterstand wat uitgeroei moet word – maar ssos Bollie se – nie tevrede nie – stem volgende keer ANC – dan soek ons asb geen klagtes nie.

marous ·

Haai o wee , en wat van die waarskuwings hieroor wat al jare gelede deur wit monde geuiter is ? O , ek het vergeet … dit tel nie.

Johann ·

Nee, en as ons dit wat Maimane beduie onderaan in ons kommentare sou uiter, was dit nie geplaas nie. Kommentators mag mos nie sulke goed sê nie, net ander mense.

Ekke wil net sê ·

Ek dink dit raak tyd ons almal almal ongeag sy vel kleur nou saamstaan en saam ‘n vederale kontong stelsel beding en dit dan gebruik en ons land red deur saam hande te vat’ n nuwe toekoms te bou vir ons almal en nageslagte. Gid seen julle almal

PietM ·

Ekke wil net se: wat vir ‘n ding is ‘n “vederale kontong” Miskien kan jy asseblief uitbrei.

Ai ·

Ja Maimane, vertel ons bietjie meer van die Westerse geld wat julle sponsor. Die D.A is niks beter as n blink gevryfde ANC nie. Enige persoon wat vir die D.A stem na Maimane se land distribution uitlatings kan nie baie skerp wees nie en as daar een ding is wat Suid Afrika nie n tekort van het nie is dit sulke mense.

Kollie ·

Enige clown behoort te kan sien dat daar herverdeling van grond in SA moet wees.. Hoe de hoender kan jy die oorgrootte meerderheid uitsluit? Die DA sal egter definitief nie enige verdeling sonder vergoeding voorstaan nie. Die VF+ het ook nie ‘n probleem dat grond herverdeel word nie. Dis ‘n noodsaaklikheid in die land en nie onderhandelbaar nie..

Koos1 ·

Kollie. Wat die grond betref stem ek saam. Hoe en waar dit bekom word id die probleem. Die boere ge grond word geteiken want dit is produktiewe grond, maar die boere het dit nie so gekry nie! Die staat het BAIE grond wat uitgedeel kan word, maar die grond moet bewerk word om produktief te word, en daar is die probleem….. werk.

Johann ·

Kollie, jy is populistie, dis die nuwe gonswoord. Kwalifiseer jou geskribbel. Die eienaars van die grond het dit wetlik bekom. Watter grond moet herverdeel word, en hoe, aan wie? As jy dit uitgeklaar het aan wie, stel hulle belang? Of stel hulle net belang om te maak asof hulle die grond wil hê, maar verkwansel dit vir geld, soos daai een ou wat die hele Pretoria opgeies het.

Jy droom en maak geluide net omdat dit vir jou mooi klink.

Ai ·

Ja Kollie, put your money where your mouth is en gee jou huis en grond dan vir n “previously disadvantaged”. Dis mos maklik om sulke goed te se vir ander mense maar het jy jou huis en grond al weg gegee? Jou besigheid? Jou werk bedank en aangedring jou baas stel n previously disadvantaged persoon in jou plek aan?

Nie so gedink nie. Bly maar stil hoor.

Maroela, as julle nie my kommentaar wil plaas nie hoekom plaas julle Kollie sn?!

Werner ·

Verstaan jy nie grondverdeling moet gedoen word. VF sê dit ook. Vir my gaan dit of dit regverdig gedoen gaan word.

Jan ·

Ek het ‘n idee die rein eksieperfeksie Jeff Radebe gaan vir Zuma opvolg.

Johann ·

Waar is Zapiro nou? Hy kan gerus ‘n spotpret teken waarin al Zuma, Gigaba en Radebe in voorkom. Na vandag se onthulling in die media, sal dit nou nogal gepas wees.

Nita ·

Ek hoop amper die ANC bly aan bewind. Miskien is hulle en al hulle se sakke nou tot oorlopens toe vol. Sou n nuwe party aan bewind kom moet hulle en hulle trawante se sakke ook opnuut gevul word. Want almal wat hulle hande op die koekieblik kan le, SAL hulleself help.

enzed ·

Wow, Maimane klink soos ML King. Ek hoop hy word president.

Philip ·

Positiewe woorde…..maar ongelukkig is die land verby die omkeerpunt. Al hoop is dat die Filipeinse president die land beheer.
Die kriminele stroom daagliks die land in vanaf die buurstate waar die situasie veel erger is. So dit is n onbegonne taak vir engine regering( wat nog die anc) om enige iets positief in die huidige situasie te beryk.
Julle moet die land uit…..dit is al hoop. Kyk na Zimbabwe!!!
Jammer vir die harde waarheid.

Philip
NZ

Bietjie bietjie ·

Verby jou omkeerpunt ….
Hou asb jou negatiewe kommentaar maat
Daar is so baie van ons familie en vriende wat graag sou wou die land verlaat maar a.g.v verskeie redes dit nie kan doen .
Asseblief dink aan jou mense en los jou negatiewe uitlatings .
Sê eerder niks as jy nie iets positief kan sê.
Jy sal sien mens voel selfs beter .
Onthou dat die geleentheid om ñ nuwe begin te kon maak slegs onverdiende genade is .
Vrede vir jou en jou familie tuis in pragtige Suid Afrika!

JPV ·

Ek stem saam met Bietjie Bietjie. Ons almal kan nie net weg hardloop as ons so voel nie. SA is ook net so veel my land as wit SAner as wat dit ñ swart of bruin SAner s’n is. Weg hardloop is nie ñ opsie vir my.
… ons sal lewe en ons sal sterwe, ons vir jou Suid Afrika!

Johann ·

Maar so onderlangs wroeg ons darem. Dis een ding om in die koerante opgewonde te wees, maar ‘n ander ding om by die huis te sit en kyk hoe als om jou, in die land, in duie stort. Dit sit nie in elke mens se broek om dit positief te ervaar, of eenkant toe te skuif, asof dit nie bestaan nie.

al ·

Nietemin ons almal sal ons moet uitspreek teen korrupsie. Korrupsie verarm die ekonomie, strem werkskepping en mense.
Ek dink nie ons besef aldag die omvang van korrupsie en sy nagevolge nie.

Hennie ·

Ek sal baie graag wil weet wat beteken “ekonomiese vryheid vir almal”.

Robert ·

Tot die DA oorneem, dan is ons net vinniger oppad na nêrens. Hy het minstens ‘n Graad 12

Johan. H. ·

Mense ek vertrou die da nie, Hulle sal net aanbewind kom dan het hulle weer i geleendhyd om te plunder, Soos die spur sal ek julle nooiet weer ondresteun nie.

Dink bietjie ·

Dan moet jy maar te vrede bly met Zuma as jou president

Marsha ·

Ag nee wat stop julle nonsens.
Ons woon almal in Suid Afrika, dit is tyd dat ons almal SAAMSTAAN om SA n beter plek te maak vir ALMAL.
Hierdie gemor moet nou end kry.
Vergeet van wat agter jou was en strek uit na wat voor jou le.
As ons almal SAAMWERK KAN ons hierdie land n beter plek maak.
Vir ALMAL.
Ek is positief oor die toekoms.

Marsha ·

Ek wil ook graag byvoeg dat Suid-Afrikaners wat die land verlaat het asseblief moet onthou julle het reeds jul keuse gemaak.
Julle is nie meer deel van Suid – Afrika nie.
Los die probleem oplossings vir die ware Suid-Afrikaners wat in SA woon,ons is hier om te bly gedwonge a.g.v. omstandighede of vrywillig.
Ons sal saam met ons medeburgers ‘n oplossing vind

Leendert ·

Ek sien Maimane het vandag ‘n beroep op die mense gedoen om hul stem aan die DA te “LEEN” om korrupsie te pak. Dus erken hy dat mense net tydelik en teen hul beginsels vir die DA stem , maar net om van Zuma ontslae te raak.

WHAAAU!

Rupert Ashford ·

Mens se stem behoort altyd net “geleen” te wees aan enige politieke party. Dan sal hulle die “dienaars” wees wat hulle veronderstel is om te wees in demokrasie. Maar meerderheid kiesers wereldwyd sien “die Part” as hulle “klub” en gee daarmee mag aan die spul om soos boewe op te tree.

Vinkie ·

Mmusi noem verkragtings, korrupsie en eiendom maar noem nie die plaasmoorde wat moet stop nie? Uiteindelik het hy agtergekom dat voor die verkiesings word mense huise, motors, karre ens belowe en dan kom daar niks van die beloftes nie… 22jr later…

Tikkel Tokkel ·

JAAAAAAAAAA hoor MMUSI ons het jou werklike kleure ook reeds gesien net totdat jy op daardie TROONTJIE sit, dan doen jy presies dieselfde. Nou draai jy almal ‘n rat voor die oe en maak asof korrupsie so vreeslik is en dat jy dit wil uitroei, totdat jy self die miljoene kan inhark en die luxuries kan geniet DAN DOEN JY DIT OOK!! EK ondersteun jou glad nie, jy maak ‘n groot bohaa bolangs, maar jou rassistiese uitsprake jeens blankes vertel my maar presies wie jy is .. ! Jy gaan my minderheidstem nie mis nie, maar ten minste weet ek ek verkrag nie my gewete om jou te ondersteun nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.