‘Kultuur van moord’ in dele van O-Kaap moet stop – polisiehoof

(Argieffoto: pixabay)

Die polisie is op die spoor van die verdagtes wat betrokke was by die skietdood van vier mense in Zwide in Gqeberha. ʼn Vyfde persoon is gewond.

Lede van die KwaZakele-polisie het Donderdag omstreeks 11:00 gereageer op ʼn skietery in Johnsonstraat. Volgens brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, het beamptes twee voertuie – ʼn geel Opel Kadett en ʼn blou Suzuki – met talle koeëlgate aangetref.

“Een persoon, vermoedelik die bestuurder van die Opel, is doodgeskiet en die liggame van drie ander slagoffers het in die pad langs die voertuie gelê.

“ʼn Vyfde man, met verskeie skietwonde, is na ʼn hospitaal vir behandeling gehaas,” sê Kinana.

Die polisie het op die toneel op twee 9 mm-pistole beslag gelê. Die vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word. Die provinsiale ondersoekeenheid vir georganiseerde misdaad het die ondersoek oorgeneem.

Die motief vir die moorde is nog onduidelik en ʼn soektog na die aanvallers is begin.

Lt.genl. Nomthetheleli Mene, provinsiale polisiehoof, het reeds opdrag gegee dat die polisie se 72‑uur-aktiveringsplan in werking gestel word om na die moordenaars te soek.

“Dit lyk of dit ʼn kultuur in sommige dele van die Oos-Kaap is om die lewe van ander te neem. Ek gaan verseker dat dié vreemde kultuur nie langer in my provinsie voortduur nie. Ons gaan dit stuit waar dit ook al kop uitsteek.

“Dit moet nou stop, nie later nie, en die oortreders moet gevind word,” sê Mene.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan sers. Mvuyiseko Xhayimpi by 079 896 7010 bel, of die polisie se Stop Misdaadnommer by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

C-Monster ·

Doodstraf moet ingestel.
Sommer vir ‘n hele paaroortredings bv ontvoering, mensehandel, verkragting

Kokerboom ·

Bosgeregtigheid is vervolmaak onder 28 jaar van ANC bestuur

SlinkseKoljander ·

Ag asb, en wat gaan die polisie doen? Niks, want hulle is onbevoeg net soos die klomp BEE grootkoppe in die parlement. Vat die gereg in you eie hande, moet nie worry oor tronk toe gaan nie, dit is SA se nuwe toekoms. Die regering wil he gemeentelede moet hulle werk vir hulle doen, mense tereg stel, potholes reg maak, water verskaf ens.

Dan kan hulle moes nie te blaam gehou word nie, VIVA ANC/Africa mentality!

Misky ·

Dis nie net die Oos-Kaap nie Mnr Mene, maar die hele SA. Dis hoekom die ministers meer lyfwagte het as breinselle!!!

Herpiet ·

Soos hy seg “Dis ‘n Kultuur”
Jy verander dit nie oornag nie. Dis hoe hulle rol..

Tanniepetoors ·

Nou hoe gaan jy dit gestop kry Mene? Gaan jy ‘n toordokter kry of gaan jy vir Zuma of Ramaphosa vra om met “our people” mooi te praat?

Di ·

Ongelukkig is die “kultuur om die lewe van ander te neem” landwyd ‘n probleem. Moord is nou al deel van ons alledaagse lewens, tragies! Hierdie “KULTUUR” moet vinnig uitgeroei word, wat ek persoonlik nie dink sal kan gebeur. Daar is net TE VEEL van hierdie moordenaars in ons midde, useless Regering en veral “hoed” het versuim om enigsins iets te doen om misdaad hok te slaan. MISDAAD het nou letterlik in ‘n MONSTER verander. Statistiek word elke dag gegee van aantal COVID gevalle en hoeveel mense gesterf het asof DIT die grootste probleem in ons land is! NEE, misdaad is die GROOTSTE probleem in SA. Ons aandag word afgelei met al die Covid snert sodat ons nie regtig ag slaan op misdaad wat besig is om ons mense se lewens te verwoes nie. Volgens misdaad statistieke net vir die tydperk Jul-Sep 2021 (3 maande) was daar 350 519 misdade aangemeld. Stel jouself voor hoeveel gevalle van misdaad daar dan oor ‘n 12 maande tydperk strek.

Deon ·

Let wel, dit is misdade wat aangemeld is. Hoeveel glip verby? As hulle mense kan tel wat op gegee het om werk te soek dan kan hulle ook mense tel wat op gegee het het om misdade aan te meld, ek self is skuldig aan beide

Elmarie ·

Deon, dit maak my hartseer om jou kommentaar te lees -die gedeelte “opgegee het om werk te soek…” . Ek hoop jy kom reg met iets ou maat, sal sommer vandag so bietjie gedagtes jou kant toe gooi hoor, al ken ek jou nie. Wie weet dalk kom ietsie jou kant toe

Deon ·

Dis al geruime tyd kultuur, net jammer dit moes eers n kultuur word voor jy iets daaroor noem, bewys van jou bevoegdheid vir jou posisie waarvoor jy belasting betaler geld betaal word

Pietertjie ·

So asof kriminele hulle aan politieke twak-praat en militêre range steur. Probeer eerder om minder leë beloftes uit lala-land te maak, en pas eerder die landswette toe.

Perdeby ·

Dit is nie net in die Oos Kaap nie dit is orals in ons land. Kyk rond om jou. Doodstraf moet terug kom en nie net vir moord nie, maar vir verkragting, ontvoering, mensehandel, en waar mense deur rowers erg mishandel word ook.

Shakespeare ·

Gladnie ‘n ongewone kultuur verskynsel nie. Die “horror” rondom die storie is dat dit NOOIT gaan verander nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.