Kulula vlieg nou weer meer gereeld

Kulula sê hy het meer as 10 000 besprekings vir vlugte in November en reeds meer as 3 000 besprekings vir vlugte in Desember. (Foto: kulula.com)

Nadat die Covid-19-pandemie aanvanklik ʼn verlammende uitwerking op die lugvaartbedryf gehad het, is rederye stadigaan besig om weer hul voete – en hul vlerke – te vind en die laekostelugredery Kulula sê hy het nou weer sy voor-Covid-roetenetwerk ten volle herstel.

In die geval van vlugte tussen Kaapstad en Durban, het die redery inderwaarheid sy kapasiteit verhoog, sê Desmond O’Connor, hoof van Kulula. Vantevore het die redery slegs een vlug per dag bedryf. Kulula vlieg nou twee keer per dag tussen die twee stede: Soggens om 07:00 en 11:45 van Kaapstad na Durban, en weer om 13:20 en 18:25 van Durban na Kaapstad.

“Die tydsberekening van ons nuwe dienste tussen Kaapstad en Durban is perfek vir Kaapstad se korporatiewe mark, en bied buigsaamheid vir klein tot mediumgrootte sakeondernemings en toeriste wat kies om binne of buite spitstyd te vlieg.”

Met verwysing na die sogenaamde Goue Driehoek tussen Johannesburg, Kaapstad en Durban, gaan die verhoogde kapasiteit ook kan voldoen aan ʼn verwagte styging in aanvraag oor die Desembervakansie.

Met verwysing na die sogenaamde Goue Driehoek tussen Johannesburg, Kaapstad en Durban, gaan die verhoogde kapasiteit ook kan voldoen aan ʼn verwagte styging in aanvraag oor die Desembervakansie. (Foto: kulula.com)

“Dit is ʼn geweldige gewilde roete, veral oor naweke en skoolvakansies,” sê O’Connor.

Die redery het meer as 10 000 besprekings vir vlugte in November en reeds meer as 3 000 besprekings vir vlugte in Desember.

“Met die herstel van ons roetenetwerk tot volle kapasiteit, is die kulula.com-span opgewonde en gereed om hul deel te doen om mense weer met mekaar in verbinding te bring en bekostigbare, maklike en prettige reise te bied sodat ons passasiers weer op plekke kan uitkom,” sê hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

PersHeks ·

Het die langnaweek met Kulula gevlieg en sal nooit weer nie. Moes R410 ekstra betaal om my tas op die vliegtuig te kry nadat ek al verlede jaar my kaartjies gekoop het!!

Linki ·

Onthou net hulle was in lockdown baie langer as ander bedrywe en die impak op die personeel was groot. So, ondersteun die lugrederye hulle is deur hel.

walrus ·

Nee wat, ek vlieg graag met Kulula.com en British Airways! Bly hulle is weer aan die gang!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.