Kulula-voorval: Naam van passasier bekend

Alochna Moodley. Foto: Via Twitter

Die Ahmed Kathrada-stigting het die onlangse “rassistiese houding” van ʼn Kulula-passasier, Alochna Moodley (26), ten sterkste veroordeel.

Maroela Media het vroeër berig die passasier is Vrydagaand van ʼn Kulula-vlug verwyder nadat sy glo die k-woord gebruik het om na die vlieënier en twee passasiers te verwys.

Nadine Watkins, een van die passasiers op die vlug Vrydagaand van die Internasionale Lughawe OR Tambo in Johannesburg na Durban, het kort ná die voorval getwiet die vlug kan dalk met tien minute vertraag word aangesien ʼn “aanstootlike” passasier uit die vliegtuig begelei is.

Die vrou het met haar kêrel op die foon gekommunikeer en die man wat langs haar gesit het, het opgemerk sy gebruik die k-woord om na die vlieënier te verwys. Hy het die lugwaardin in kennis gestel en hulle het veiligheidspersoneel laat kom om die vrou te verwyder.

Moodley, wat in Midrand werk, het ná die voorval aan die Sowetan erken dat sy die k-woord in ʼn teksboodskap gebruik het.

Sy het gesê sy het dit uit frustrasie gedoen aangesien die vlug laat was, iemand op die vlug dronk was en iemand heeltyd gesnuif het. Sy erken dit was ʼn fout, maar sê dit het in ʼn private boodskap gestaan en die man langs haar het haar privaatheid geskend deur op haar foon te kyk.

Die Ahmed Kathrada-stigting het in ʼn verklaring gereageer en gesê Moodley se houding was “afstootlik en moet ten sterkste veroordeel word”.

“Daar kan geen verskoning vir rassisme wees nie, hetsy dit in die openbaar op ʼn verhoog gebeur of via ʼn teksboodskap,” het Neeshan Balton, die stigting se uitvoerende direkteur, gesê.

“Terwyl sy erken sy het die woord gebruik, is ons moeg om altyd ʼn verskoning daarmee saam te hoor. Wat het ʼn vlieënier se ras met ʼn vlug wat vertraag word uit te maak? Vlugte oor die wêreld heen word deur verskeie lugrederye om verskeie redes vertraag. Moodley moet haar rassisme erken sonder om verskonings te verskaf. Sy moenie net om verskoning vra nie, maar ook antirassisme- en diversiteitsopleiding ondergaan om haar bevooroordeelde sienings te oorkom.”

Moodley het aan die Sowetan gesê sy dink die voorval word uit verband geruk.

“Ons wil haar herinner dat rassisme ʼn ernstige kwessie is. Om iemand die k-woord toe te snou is nie net ʼn ‘bietjie aanstootlik’ nie. Dit is hoogs aanstootlik en verdien media- en openbare aandag en veroordeling,” het Balton gesê.

William Smook, ʼn senior konsultant van Meropa Communications wat as woordvoerder vir Kulula optree, het Maandag die voorval aan Maroela Media bevestig.

“Die vrou is van die vlug verwyder en die lugredery het ʼn volledige ondersoek na die voorval van stapel gestuur. Kulula duld geen vorm van diskriminasie nie en hangende die uitkoms van die ondersoek sal besluit word of verdere stappe teen die vrou gedoen gaan word,” het Smook gesê.

Balton het Kulula se optrede geloof wat “ʼn sterk stelling” teen “die oortreder” gemaak het deur haar van die vlug te verwyder.

Balton het ook die fluitjieblaser, eerwaarde Solomuzi Mabuza, geloof om teen die “rassisme” standpunt in te neem.

Balton het gesê die stigting is in verbinding met Mabuza en bespreek hoe die kwessie verder hanteer word en of stappe teen Moodley gedoen gaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

91 Kommentare

Johan ·

Wat gaan nou met haar gebeur?
En wat gaan nou met daai een gebeur wat die wit ou so gevloek het…kan maroela vir ons opvolg met n berig?

tamboti ·

Me. Moodley ek hoop jy kry die beste advokaat in die land en dagvaar die afloerder die on-” eerwaarde” en Kulula vir inbreuk op jou privaatheid, naamskending en verliese en ongerif gelei omdat jy van die die vliegtuig afgehaal is. Hierdie absolute gekke beheptheid moet vir ‘n slag in die bek geruk word! K woord of de nie dit laat niemand bloei, doodgaan of geldelik verloes ly nie, dis opgeblase en verteenwoordig net swart haat teen almal wat beter is. Maar soos Julius se: nie almal nie, net die meerderheid.

Santjie ·

Ek stem saam…. wie het die mede-passasier die reg gegee om haar boodskap te lees?

Cherokee ·

Waarom beskou jy dìt as ‘n faktor Peet? En verwys gerus na menings wat haar wit geraai het? Ek het geen so mening raak gesien nie en indien wel is dit baie verstaanbaar.

Sandra ·

Ek wil nou graag weet, wat beteken die k woord nou eintlik? Wat is boer en kleurling dan? Hoekom noem hy sy broer so, maar ander kan nie?

MissDemeanor ·

Ek het ook gewonder Peet. Want daardie mense het ook dié ingesluit wat aanfeneem het dat KULULA deel is van ‘n heksejag teen witmense.

Jaco Olckers ·

Hoekom is ek nie verbaas dat die groot media niks hieroor se nie. Seker omdat dit nie n wit vrou was nie. En wat het die man gedink toe hy haar boodskap lees.

Lain ·

Dit is presies waarom ewn die berig so uiters min aandag gegee het in vergelyking met ander berigte waar witmens dieselfde woord gebruik het.

Celeste ·

Ja nee peet vra dit. As daai woord gebruik word dan word wit mense dadelik verdink.

gatiep ·

Hoekom luister daai ou ander mense se gesprekke af.
Dis slegte maniere

Marai ·

@Gatiep, as jy gelees het, sou jy sien hy’t nie afgeluister nie, hy’t net gekyk wat sy tik.

CB ·

Liewe aarde. As ek moet gaan op wat die reaksie is dan gaan die hele bevolking moet boete doen. Hoe op aarde kom die nie blankes wat rassisme en haatspraak uitoefen daarmee weg????! Die girl het die volle reg om in haar persoonlike spasie te sê wat sy wil. Ek sê nie wat sy gesê het is reg nie, maar sy kan mos haar opinie in privaatheid deel. Dis mÿ opinie!!!

Cherokee ·

En dan met ‘n ‘eerwaarde’ langs haar wat haar boodskappe afloer.

jean ·

Moenie skynheilig wees nie……….seker daarvan dat julle dit ook gedink het aangesien dit net die blankes is wat mos die rassiste in die land is!

jean ·

Persoonlik dink ek dis totaal onnodig om haar naam bekend te maak…..skaam julle!

Jack Russel ·

Dis in elk geval swak maniere om ander mense se boodskappe te lees.

Hannelie ·

Ek stem saam Jack Russel, die man wat haar boodskap gelees het, is arrogant en duidelik ongeletterd. Sy moet hom eerder aankla oor hy haar privaatheid skend deur haar boodskap te lees. Hy het seker gedink hy gaan ‘n medalje kry, of ‘n gratis vlug by Kulula. Hoekom maak hulle nie sy naam bekend nie.

Fluitjieblaser ·

Sowetan Live het dit reeds bekend gemaak: Reverend Solumuzi Mabuza

jean ·

En as an afterthought:….watter name word daar vir die blankes nie alles gebruik nie?…..

Fg ·

Net so! Maar dis mos okay – sommige mense dink mos dat sommige mense glad nie verstaan wat “wit” in ander tale genoem word nie. Ek word gereeld so genoem. So bietjie tong in die kies _ moet by sê eks trots dat ek raak gesien word.

Interessant ·

Ek wonder of die lot wat so tekere gegaan het oor die saak en dadelik aangeneem het dit teen ‘n wit persoon is nogsteeds dieselfde voel?? As ‘n wit Afrikaanse man glo ek dat enige persoon wat nou nog daai woord in hulle woordeskat het of hul skuldig maak aan ander vorme van haatspraak maar die gevolge moet dra ongeag van jou ras.

Ons leef in ‘n tyd waar rasse verhoudings op breekpunt is en dit is baie onverantwoordelik van mense om dit verder aan te blaas. Dis tyd dat almal hul denke transformeer en bietjie anders na ander mense kyk. Vergeet van kleur en sien bietjie die siel en menswees van ander raak. So sal ons almal ‘n heel ander wêreld rondom ons raaksien.

En ja, nou sal ander weer se: “maar wat van die of daai een se dade of uitsprake?” Vergeet van dit!! Begin by jouself en die mense om jou, kweek dit by jou kinders en jou werkers… Die kringloop mag jou dalk verbaas. Begin self die omgewing kweek waarin jy wil leef

Albaster ·

Ek voel dieselfde ja, ons en die Indiers is beide minderhede geteiken deur die EFF.

JSG ·

Vergeet van transformasie. Jy sal dit nooit regkry dat alle groepe mekaar sal aanvaar en oorskakel na ‘n ander kultuur. Dit is ‘n geval so oud soos die mensdom is, of verwag die dominante regering dat daar ‘n middeweg geskep word? Aanvaar daar is verskillende kulture op die aardbol, respekteer ander kulture. Wat vir hulle aanvaarbaar is, is dalk vir jou aanstootlik. Verskillende kulture kan saam in een land woon, solank die een nie dominerend oor die ander probeer wees. Vir die volgende paar duisend jaar, indien die aarde nog so lank gaan bestaan, gaan groepe mekaar sleg sê. Dis maar die norm van die mens.

Belaglik ·

Ek dink die hele storie is belaglik en uit proporsie geblaas! Dis swak maniere om mense se teksboodskappe te lees, punt. Die vrou word soos ‘n selfmoordbomaanvaller behandel. Mens sal sweer sy het ‘n teksboodskap aan haar medepligtige gestuur. Daar sal besluit moet word hoe straf in hierdie land uitgedeel gaan word. Moordenaars en verkragters kom met meer weg as mense wat die k-woord sê.

karen ·

Nou is dit wonderlike geleentheid om te bewys die SA Regstelsel is neutraal ne ? Gelukkig is dit nie blanke dame en ek voel jammer vir die jong dame maar nou sal die punt van regverdigheid bewys moet word. Sterkte

Elle ·

Moet ASB nie uit die oog verloor nie.
Indiërs is al jare lank ook slagoffers van ‘n sekere K-woord…

Cherokee ·

Ek het ‘n Indiese vriendin met ‘n goeie sin vir humor wat somtyds grappig na haarself so verwys. Veral graag wanneer sy samoesas vir ‘n smul happie aanbied.

Tammy ·

Kulula dink dis hulle reg om laat te wees. Jare gelede was hulle 4 ure laat vir n vlug terug Johannesburg toe. Ons het toe elkeen n voucher vir n ete gekry. Ek kan hulle tot vandag toe nie daarvoor oorsien nie. Hulle het n verantwoordelikheid teenoor die passasiers wat op hulle beurt moet vergaderings bywoon en afsprake nakom. Al kry ek n vliegkaartjie verniet van Kulula sal ek net nee dankie se!!! In hierdie geval voel ek die jong dame moet ook n saak maak omdat haar privaatheid geskend is deur die passasier wat haar boodskap “gekaap” het (afgeloer)

Verby Gatvol ·

Whaaahahah. Ek het Desember 7 ure gewag vir my vlug. En da was nie eers onverskoning gevra of niks nie. Van CPT JHB toe.

Mich ·

Ja Jean,stem saam met jou kommentaar!
En Indiërs word ook geteister met ‘n K-woord al vir jare lank…
Ai!

TDW ·

Jinne, en ek dog nog heeltyd sy het dit gesê oor die foon! Dit was ‘n boodskap, private boodskap! Sy mag enige iets gesê het in haar private boodskap! Dis mos PRIVAAT! Jy loer nie af op ander mense se privaat boodskappe nie! Wat sy dink is mos nie krimineel nie. Jy mag dink wat jy wil. Sy het dit nie hardop gesê nie, nie iemand anders hardop beledig nie! Die “fluitjieblaser” is eintlik net ‘n peeping-tom. Die woord is deur die wet verkeerd, want mense vind dit aanstootlik. Maar sy het dit nie geuiter in die openbaar nie! Sjoe dis verregaande! Het hierdie nou nie net betyds gekom nadat Malema gesê het alle Indiërs is rassiste. Net te toevallig!

Nienie ·

Oèps, toe is Malema reg. Het nog niks v Chrisi vd Wedthuizen en Kie gelees nie. Wonder of hulle hierdie voorval ook in d media gaan veroordeel.

Mielie ·

As sy in Amerika was het sy n sterk saak gehad op haar privaatheid. Ek is nou oortuig daarvan dat Jalema in die toekoms kan sien. Net laasweek die Indier ras van rassisme beskuldig , toe trap die vrou oor die rassedraad. Ai tog. Sal interesant wees om te sien wat van haar gaan word.

Juanré ·

hoeveel keer waS dit 47? kan nou nie presies onthou ni..maar jip die wit vrou het 2/3 jaar vir haar 47? k woorde gekry…mmm wonder hoeveel DAE maybe 2/3 DAE gaan die Indiër vrou vir haar 1 k woord kry…NOT

Slappe ·

Jou stoute kabouter! Moet dit nie weer sê nie…

En daarmee seker “afgehandel”.

Ella ·

Hierdie goed raak nou belaglik.
Sy moes dit nie skryf nie maar ek ek sou die meneer wat geloer het dagvaar skending van my privaatheid.
Ongeskik om ander se boodskappe te lees.
Ek wens ek kan op ons landgenote se fone loer. Dink ek sal n floute kry…

$ ·

Skrikwekkend – wat tot nog nie te lank terug nie as onaanvaarbare (en strafbare) optrede beskou is, word nou as heldedade opgehemel en diegene wat op die (vroeër gerekende) misdadige optrede reageer of onbewustelik ingetrek word terwyl die misdaad gepleeg word (soos met die bosvarkjag) word nou die misdadiger/oortreder:
– Handsakdief
(held), Vicky (misdadiger)
– Kabeldief (held), doodskis2 (misdadigers)
– Lemoendief (held), Benson (misdadiger – darem later vrygespreek)
– Mieliedief (held), Hepburn (misdadiger)
– Afloerder (held), Alochna (oortreder).

Die SA waar dit nou aanvaarbaar raak vir mense om ander se privaatboodskappe af te loer en dit aan die groot klok te hang en dan nog daarvoor vereer ook te word, begin nou vir my lyk en klink na Rusland en die KGB.

Rissiepit ·

$ – Baie dankie!
Ek het nou so lekker gelag!!!
Kan nie onthou wanneer ek laas so lekker gelag het nie!!!xxxxxxxxxx

Wim Kotze ·

Nee $, dit het niks met Russe of KGB te doen nie. Die KGB is reeds 30 jaar gelede ontbind, maar hier ter plaatse floreer Orwelliaanse absurditeite.

jaco ·

die gewraakte woord beteken ongelowige in arabies. vir n arabies-sprekende moslem is dié woord dus op alle nie-moslems van toepassing – ook christene, omdat mainline Christene se siening van God as vader seun en heilige gees deur moslems beskou word as veelgodery. So meeste lesers van maroela wat mooi wit afrikaanse christene is, dra daardie gewraakte naam in moslems se manier van dink.

Siek en sat ·

As ek weer iemand hoor wat blankes boere noem kla ek hulle aan. Vir my is dit amper net soos daai ander woord. Tipe beskuldiging.

t ·

Ek sien dit anders, as jy my ‘n Boer noem herbevestig jy my status as mens en wie ek is. Hoe meer jy my ‘n Boer noem, hoe meer gaan jy besef, jy wat my so noem is NIE een nie.
As iemand my so noem sê ek dankie, want dit is wat ek is.

Joshua ·

Ahmed Kitrada Stigting, kla haar aan en maak n Vicky Momberg van haar maar julle sal nie want dis net oor Vicky’s wat jul soos skynheilige tweegesig judges tekere sal laat gaan.

Josh ·

Gróót verskil tussen 48 binne 34sekondes die K woord gebruik teenoor dit 1 keer tik.

Gatvol ·

Hier’s my graag, waar is al die sogenaamde organisasies wanneer Malema en sy, Everything For Free terroriste groep haatspraak uiter teenoor wittes? Waar is hulle almal as daar haatspraak op Facebook teenoor wittes geuiter word?

Dan is al hierdie soganaamde organisasies stil. Geen woord word van hulle gehoor nie. Ek dink die organisasies moet ontbind word. Hulle is bias en rassisties.

Wie het die manlike passasier die reg gegee om op die vrou se foon te kyk. Dis skenking van haar privaatheid. Al stuur sy watse boodskappe ook al. Hy het geen reg gehad nie.

Kulula het geen reg gehad om die vrou af te laai nie tensy sy oproerig was en die dus die vloegtuig met passasiers in gevaar sou stel. Hulle het dus onregmatig opgetree.

Wie het die media die reg gegee om die vrou se besonderhede te plaas? As sy iets moet oorkom hoop ek haar familie dagvaar elke nuus uitlet in die land. Die media is opreg bias.

Leeu ·

Ek weet nie wat’s jou “graag” nie. Maar gaan vra Afriforum, hulle is lief daarvoor om geld te vra en te vat, maar dan doen hulle absoluut niks nie.

anton ·

Watse soort ”eerwaarde” is die een wat ander se privaatheid indring/skend?
Ek hoop regtig sy maak n saak teen hom dat hy kan leer om sy neus uit ander mense se dinge te hou en meer fokus om n eerwaarde van formaat te wees.
En niemand sal vir my se dat dit verkeerd is wat ek in privaatheid met n ander persoon deel nie!!!
Belaglik, Binnekort gaan hulle jou seker begin aankla oor wat jy moontelik gedink het ook!!!
Hierdie land maak my net meer siek by die dag!!!

Msp ·

Sjoeee, swartes noem witmense baie erger dinge op Facebook en Twitter deesdae. Hulle doen dit sonder vrees omdat hulle deur die eff aangehits word om die witmense, kleurlingmense en Indiers te tart. Om iemand die heeltyd te tart gaan probleme veroorsaak. Hulle kry hulle sin en die minderheidsgroepe in Suid Afrika moet die prys betaal. Wees versigtig wat julle se en rapporteer alle rasistiese aanmerkings, video’s en fotos met inligting aan: [email protected]. As ons dit nie rapporteer nie sal dit nie aan die lig kom nie. Weer versigtig mense.

Attie ·

Narre wat hul uitgee as “regskenenners” en “politici”sal weer storie uitbuit. Skuim van die aarde.

RICA ·

Kan ‘n regskenner dalk uithelp hier, is die lees van ‘n ander persoon se SMS sonder toestemming nie ‘n oortreding van die RICA wetgewing nie?

Koos ·

Baie swartes verwys na Indiërs as “makulas”. Niemand van hulle word oor die vingers getik nie.

Peer ·

@Koos en BAIE wit mense verwys na hulle as n ander K woord en word nie oor die vingers getik nie

rollie ·

‘n Indier, kan jy nou meer. ‘n Goeie les vir ons almal om te leer (myself inkluis) om nie aannames te maak voor ons nie al die feite het nie.

Callie ·

Ek is regtig bang. Het in bosoorlog baklei, was in drie gewapende rooftogte waar ek beroof is. In een fooftog is my werker wat wou keer toe hulle my wou skiet, geskiet. My broer is n week terug in n huisbraak in sy bed gewond. N vrou is in die tronk oor die k woord. Die een is van n vliegtuig afgesit. Swart weermag offisiere word kamstig afgedank oor hulle wittes wil uitmoor en hul oe wil uitsteek. N swart weermag drywer skiet n jong wit meisie in die straat. Daar is nog baie gevalle. Gaan lees nou weer die oppervlakkige kommentare. Daar is niks oor nie. As julle nie wil opstaan en iets doen nie, daar is niks oor nie. Hemel weet, bly liewer stil as om sulke kommentaar te lewer.

André ·

Ek dink Kulula moet geboikot word. Hulle reaksie is baie onvanpas. So nou word mens ook dopgehou wat jy in privaatheid skryf. Een van die dae gaan mense jou gedagtes lees en jou dan verkla.

Johan d ·

Hierdie K-woord beheptheid ruk nou hand uit. Hoe het ons tot hier gekom? Dit is soos iets uit ‘n toekoms-sci-fi komedie.

Snowball ·

Ons beleef George Orwell se ‘Animal Farm’ ……All animals are equal, but some are more equal than others.

R ·

Eerstens. As dit malema op die vlug was, en iemand het afgekyk op sy foon hoedat hy skryf vermoor boere, en Indiers, wat sou die reaksie wees.
Seker dieselfde as met al sy ander gegorrel..?

Die Verlore Skaap ·

Dit is meskien n goeie ding dat dit so gebeur het.
Die vrou het die woord in privaatheid gebruik op n boodskap. Sy het dit nie in die publiek gebruik nie.
Dit bewys net weereens hoe belaglik hulle geraak het met die rassisme ding.

M ·

Ek wonder wat doen die eerwaarde nog alles behalwe om skelm n jong dame se boodskappe te lees.

nannie ·

Wit, Kleurling en Indiers word daagliks name genoem en niks kom daarvan nie, maar bewaar jou om enigsins daardie woord te gebruik dan is jy die grootste rassis op twee bene.

Anoniem ·

Ek hoop sy kry ook tronk straf soos Vicky Momberg… almal moet dieselfde straf kry… geen uitsondering nie… wat vir een goed is is goed vir almal wat dit doen… Kapish!!!!!!!!!!!

carnett ·

Snaaks,hoekom maak hulle net die name van die vrou publik en die van die passagier langs haar,wat all die Probleme ,ook vir die ander passagiere veroorsak het, nie publik nie?

Anni ·

EN NOU???? Die wereld word dan wysgemaak dat dit NET witmense is wat rassiste is.

Willie ·

Dalk het die “spel checker” die woord op haar foon verander…

Magda ·

Ongelukkig geld vryheid van spraak nie vir almal nie, n mens moet baie mooi dink voor jy enige iets dink en dan 6 keer dink voor jy tik of hardop sê.
Mens mag ook nie meer praat van n” black out” as daar beurtkrag is nie- jy moet nou praat van ” previously lit”.

Alma ·

Carnett, ja wil ek ook graag weet. Kry hy nou skaam oor sy optrede? Laat almal sien hoe hy ook lyk sodat toekomstige passasiers versigtig kan wees met hul fone.

Lj ·

Ek wil net weet of ek al my boeke en woordeboeke nou moet vernietig waarin die woord voorkom. Die boeke wat ek het is nog ou boeke. Ek vra maar net.

Alida ·

Kulula moes die persoon in die eerste plek aangese het om sy neus uit ander mense se sake te hou en ‘n boek te lees op die vliegtuig. Hy het homself net verneder deur haar boodskap te lees en dit aan te meld. Wat se dit van hom?

Piet ·

Het die sg eerwaarde al ‘n bohaai opgeskop oor die ydelike gebruik van die Almagtige se Naam?? Sal kalula ‘n vliegtuig daarvoor laat omdraai of ‘n passasier verwyder? As hy nou as gevolg van sy eie toedoen gekrenk is, hoekom het hy nie gewag tot by sy eind bestemming en ‘n klag gaan lê nie? Niemand se lewe of iemand is versteur deur die teks boodskap nie. Nou is al die passasiers nog verder laat omdat die sg eerwaarde oneerwaardig opgetree het om op ander se persoonlike boodskappe in te loer. Is hy ‘n peeper of wat?

Danie ·

Die land brand en geen Ramaposa, geen beheer en ons redeneer oor die woordeboek. Woorde gaan nie die land red nie.

kulula ·

Albei passasiers moes afgelaai word. (Wie gee die Kaptein die gesag om ‘n eensydige besluit neem? Ja def is hy in bevel, maar om regverdig te wees moes hy albei persone laat stap het, dit is objektiwiteit en neutraliteit!)

Theresa ·

Kulula moet haar kaartjie se geld terugbetaal.
Eerwaarde : Moenie ander se boodskappe lees nie. Dis regtig onvanpas. Moet ook nie kwaadstook deur om nuus aan te dra nie. A nee a!
Dame: Probeer baie hard om nooit weer die woord te sê of the tik nie.

LVH ·

Hierdie ding word nou so uit verband geruk ne! Om van naar te word. Ek ken baie meer afstootlike goed as hierdie foutjie

Rissiepit ·

Ek wil graag ´n Duitse liedjie uit die jaar 1800 en iets vir jul vertaal.
My gedagtes is vry
wie sal dit ooit raai
Dit vlieg verby
soos donker skadu´s
Geen mens kan dit weet,
geen jagter dit skiet
dit bly daarby
My gedates is vry
Al sper mens my in ´n donker kerker
dit is onnodige werke,
my gedagtes breek trallies
en bevry my van mure
Dit bly daarby
my gedagtes is vry.

m ·

Sy het nie die woord toegesnou aan iemand, soos in die berig beweer nie.

Theo ·

Lyk vir my altoos of die ou wat so afgeloer het op skool dalk lekker kon krip, vir die wat nie weet wat “krip”is nie dis juis wat die ou op airy gedoen het. Om n mens se privaatheid so te skend verdien n vinger in die oog. Siestog man hou jou neus uit ander se sake, of wil jy nou soos n skool prefek optree.

Luister ·

Ons is al ongeveer 40 jaar gelede, as kinders, geleer om nie die “K” woord te gebruik nie. Dit is nie moeilik nie!
Wys respek; en jy sal dalk gerspekteer word.

marius ·

Daar is regte misdadigers daar buite, maar dis mos maklikker om ander se boodskappe te lees en hul misdadigers te maak….

Vistank ·

Hoe Ironies. Die engelse media en politisie (EFF, DA en ANC) hoekom so stil oor die insident? Engelse media so paar berigte geplaas en klaar. Politisie nog nie veel gesê nie, laat my wonder oor dubbel standaarde? Was die blanke persoon het die storie aandag geniet tot op die hoogste vlak!

ES ·

Afgesien van die afloerder, en haar persoonlike boodskapp dink ek ‘n mens moet darem maar ook soms respek toon vir ander. Om geirriteerd te wees is normaal maar om rassistiese aanmerkings te maak teenoor iemand wat jy nie self ken of self gesien het nie is ongevraagd. Die hele situasie kon vermy gewees het deur net ‘n klein bietjie selfbeheersing.

Naar ·

Hierdie k woord ding raak nou RERIG afgesaagd. For crying out loud. Ons het baie ernstiger probleme in hierdie land as name wat mense mekaar toesnou. Grote genugtig.

Prioriteite, Prioriteite, Priori-flippe-teite.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.