Kulula-voorval: Vrou haar werk kwyt

Alochna Moodley. Foto: Via Twitter

Die vrou wat Vrydagaand van ʼn Kulula-vlug verwyder is nadat sy die k-woord gebruik het om na die vlieënier en twee passasiers te verwys, is nou ook haar werk kwyt.

SMC Pneumatics in Midrand, Alochna Moodley (26) se werkgewer, het dié week bevestig dat sy die trekpas gekry het.

Kevin O’Carroll, die maatskappy se besturende direkteur, het in ʼn kort verklaring gesê SMC se maatskappye wêreldwyd het ʼn zero-toleransie-beleid oor rassisme. “Met betrekking tot die onlangse gebeure: Die werknemer werk nie meer vir SMC Suid-Afrika nie,” lui die verklaring.

SMC Suid-Afrika wou nie verder kommentaar lewer oor die aangeleentheid nie.

Moodley is verlede week van die vlug verwyder nadat ʼn man wat langs haar gesit het opgemerk het dat sy die k-woord op haar selfoon gebruik om na die vlieënier te verwys. Dié fluitjieblaser, eerwaarde Solomuzi Mabuza, het die lugwaardin in kennis gestel en veiligheidspersoneel het haar verwyder.

Moodley het ná die voorval aan die Sowetan erken dat sy die k-woord in ʼn teksboodskap gebruik het, maar voorgehou sy het dit uit frustrasie gedoen aangesien die vlug laat was, iemand op die vlug dronk was en ʼn ander persoon heeltyd gesnuif het. Sy het erken dit was ʼn fout, maar het gesê die verwysing na die k-woord het in ʼn private boodskap gestaan en Mabuza het haar privaatheid geskend deur op haar foon te kyk.

Daar is nie duidelikheid oor die jongste verwikkelinge in Kulula se ondersoek na die voorval nie. ʼn Woordvoerder vir die lugredery kon nie Vrydagmiddag bereik word nie.

Die Ahmed Kathrada-stigting, wat vroeër gesê het dat hy met die fluitjieblaser in kontak sou tree om te besluit of stappe teen Moodley gedoen moet word, kon ook nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

PJC ·

Een van die dae gaan mense ook vervolg word oor wat hulle in die privaatheid van hul slaapkamers doen en sê. Hierdie voorval is absoluut belaglik.

peraly ·

die eerwaarde moet van spioenasie aangekla word. alles wat sy op haar selfoon gedoen en getik het, was privaat.

Jakkalas ·

Soos ek dit sien is hier ‘n tendens wat sy kop uitsteek hier. Dit wil voorkom asof maatskappye polities korrek wil wees maar niks doen om die groot rasistiese aanstoot van regering en EFF se kant aan te spreek nie. Vat die klein individue aan en score politieke punte vir watse rede ookal. ……

christa ·

hoe pateties is die mensdom. Sy was nie in diens van haar werk tydens die voorval nie. Sy was in haar privaat hoedanigheid op die vlug. wens ek was in die posisie om haar ‘n werk aan te bied. Die mensdom het regtig niks om met hulle tyd te maak nie. hou hulle besig met kinderagtigheid

honourable member ·

Hierdie reel word nou net op sekeres toegepas . Dit raak nou baie belaglik.

1+1 ·

‘n Leuenverklikkertoets kan ook jou gedagtes verbaliseer of is dit manipuleer? Skrikwekkend !!

Ray ·

Alles waar, maar die howe ek ook nou die standaard daar gestel en as ek reg tel is dit tussen 4 en 6 weke tronkstraf?

Onthou die eerste person is klaar gevonnis en tronk toe gestuur, hierdie geval is niks anders nie.

Of is dit dubbel standaarde?

Rerig??? ·

Ek dink in SA word wat in jou privaattyd gebeur te veel na jou werksplek deurgetrek. Dit is regtig belaglik en die heer wat ander afgeloer het????? Ekl neem aan hy het n bonus gekry. Ons land is so siek!

Nikita ·

Rerig??? Dis nie ons land wat siek is nie, dis die mensdom.

hoe nou? ·

Mabuza het op haar foon gekyk en toe lugwaardin geroep? Hoe werk dit, hoorse nou toelaatbaar of is daar foto van boodskap ook deur hom geneem. Hy moet mos klaer wees, nie ‘n derde party wat dit nie gesien het nie?

Petro ·

Wanneer gaan mense leer? Los daai woord.. Klaar… Los dit net!

Pieter Nel ·

Ek was op die punt om n bestelling te plaas by SMC Pneumatics ter waarde van R 51 miljoen vir n projek in Afrika.
Jammer SMC, ek sal by julle oposisie koop as julle dan so kleinlik en gemeen is.
Daar is al lankal klagtes oor julle diens en nou die. Nee wat dankie ek stel nie belang nie.

Hardkoppig ·

Mooi so! Ons moet ons stemme dik maak terwyl ons nog kan.
Het vandag ‘n R100 Voucher van ons plaaslike Spur gekry, wil dit vir hulle gaan terug gee met ‘n toepaslike boodskappie. R100 af op ‘n reeds belaglike duur, onsmaaklike ete gaan my nie oorreed om weer my voete in ‘n Spur te sit nie.
Het ook nog nooit weer na Jacaranda geluister nie.

Ai-jai-jai ·

I rest my case! Dit is nou belaglik verby. Dan het die eerwaarde nog haar privaatheid ook geskend.
As hy dan nou die posisie van ‘n eerwaarde het, hoekom het hy nie vir haar daar en dan op die regte manier reggehelp nie, is dit nie sy werk nie? Of hou hy daarvan om eerder ‘n ou storietjie aan te dra en gedink hy gaan beloon word?

theresa ·

Het haar mede passasier nie haar privaatheid geskend deur haar selfoonboodskap te lees nie? Wat het dit met hom of enige iemand anders te doen wat sy in haar privaatheid skryf?

Anoniem ·

Wat ek nie kan verstaan is dat maatskappye lyk my dubbel standaarde het. Jy mag nie godsdiens of politiek praat by die maatskappy maar as jy weg van die werk is en jy raak betrokke soos die vrou in n rasistiese ding betrokke wat niks maar niks met die maatskappy te doen het dan word sy afgedank. Wat sy gedoen het praat ek nie reg nie maar om haar af te dank is absurt. Ek dink mense moet die maatskappy boikot en nie meer sy produk koop.

Anoniem ·

Dis aboluut verregaande! Wie het die man die reg gegee om te lees wat sy op haar foon skryf? Maw Kulula ondersteun die skending van medepasassiers se privaatheid. So ons almal kan nou mekaar se boodskappe sit en lees en in mekaar se handsakke krap ensovoorts? Nê? Kulula, rk sal in my lewe NOOIT weer van julle diens gebruik maak nie! Kom ons maak met julle soos die Spur!

Hardkoppig ·

My kinders wil Desember PE toe en het begin na vlugte kyk. Gelukkig is hulle NIE die goedkoopste nie maar ek het in elkgeval geweier om vir dit te betaal.
Spur
Jacaranda
Kulula en die lysie groei …

louis du preez ·

Kla daai man aan wat haar privaatheid geskenk het.en boikot kulula.sal nooit weer van hul gebruik maak om te vlieg nie.

rollie ·

Jy mag iemand se privaatheid skend om ‘n misdaad te openbaar (eintlik moet jy in alle gevalle ‘n misdaad openbaar as jy bewus is daarvan, dis ‘n wetlike verpligting). Rassisme is nou ‘n misdaad in SA.

Johan ·

Waar is die ouens nou wat menseregte beskerm nou. Die vrou se reg op privaatheid is geskend en daar moet teen die oortreder opogetree word.

elize ·

Sal ek maar n ander lugrede vlieg,net soos wat ek n ander restaurant deesdae ondersteun!!

At ·

Jou keuse raak min. Padlangs jou voorland, as jy ook ander “rederye” se bagasie oorweeg.

Joshua ·

Wonder hoe voel Vicky Momberg hieroor,-gaan Moodley ook strafregtilik vervolg word?

anton ·

Ek glo daar sal n horde werkgewers wees wat haar sal wil aanstel wat ook nou moeg is vir die omgekeerde rassisme in ons land.
Net sekere nasies kan mos rassisties en diskrimenerend wees.

Bareie ·

Dit is so maklik stop die k woord en die lewe sal soveel makliker wees vir almal .

Kraai ·

Eerwaarde se werk is om vir afgedwaaldes te bid. Nie te gaan verkla nie. Hy het sy gemeente gefaal.

Lana ·

Met soveel respek gesê as wat dit verdien – die eerwaarde moet mense help om hemel toe te gaan, maar hy verkla hul dan nou by die duiwel.

Heidi ·

Dis verstommend om te sien hoe dié mense wat so lief daarvoor is om op hierdie rasseperd te spring self maar weinig genade vir ‘n ander het…….

André ·

Boikot Kulula en sommer SMC Pneumatics. Mens het geen privaatheid meer nie. Almal hou alles fyn dop. Pasop wat jy dink; jy kan in groot moeilikheid beland.

Koos de Meyer. ·

Dis verseker, ek kulula vlieg nooit. Hoop almal boikott hulle. So siek as wat kan kom, belaglik trek maar ‘n Spur ook op hulle. En dan SMC julle gaan dieselfde paadjie loop. Hoe belaglik kan mense wees. Pateties verby. Dit is ons nuwe RSA.

Andre ·

Absoluut belaglik om die vrou af te dank! En Kulula sien my ook nie weer nie

K_woord ·

So ry ek vanaand 22junie terug huis toe na n opvoering van Sarafina by die Joburg teater en ek en my vriendin bespreek die feit dat daai afgryslikke woord sommer n paar keer gedurende hierdie opvoering gebruik is.
Nou ek verstaan dit is iemand se voorstelling van die verlede, maar wat ek nie verstaan nie is dat ek en sy aangegluur is deur die meeste gaste asof ons self verantwoordelik was van een van hulle geliefdes se dood. Asof dit ons was wat daai neerhalende woord meer as een maal geuiter het…..tog was daar nie n massa aksie in die teater toe dit gese is deur die akteurs.
As die woord dan uit alle boeke verwyder word en jou stert in die tronk kan laat beland, of buite die vliegtuig of afgedank….waarom word dit in die toeneelstuk toegelaat?? Voor n massa gehoor nogals.

Nikita ·

Belaglik verby! Genoeg om n mens mal te dryf. Wat gaan volgende kom? Nou moet n mens nog in vrees lewe en wonder wanneer jy dalk volgende onskuldig in die moeilikheid gaan kom. Bou die nasie……hoe? Party maal wonder ek of ek droom. Dink aan jou, en bid vir jou vrou. Alle sterkte Alochna.

RH ·

En wat van die weermag rasis wat sy werk nie kwyt is nie???? Wat van Malema???? Wat van die onderhoof van sapd??? Wat van dept president????wat gee hulle die reg om beskerm te word teen ALLE rasistiese opmerkings?????

MF ·

Wou net weet…is al die rolspelers Kulula, SMC en die eerwaarde bewus van die Popi wet. Hulle saam het die wet oortree. Gaan lees gerus daaroor. Dit gaan oor privaatheid skending

MF ·

simple terms, the purpose of the PoPI Act is to ensure that all South African institutions conduct themselves in a responsible manner when collecting, processing, storing and sharing another entity’s personal information by holding them accountable should they abuse or compromise your personal information in any way …Oct 5, 2016

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.