Kundiges ondersoek onlangse aardbewings

Foto: USGS.

Die Raad vir Geowetenskappe het spanne na Klerksdorp en Botswana gestuur om ondersoek in te stel na die twee aardbewings wat Suid-Afrikaners Maandag op hol gehad het.

Mahlatse Mononele, woordvoerder van die raad, het gesê ʼn aardbewing van 6,3 het Maandagaand om 19:40 naby die Kalahari-wildreservaat in Botswana voorgekom. “’n Netwerk van seismiese stasies in Suid-Afrika en ons buurlande het ons in staat gestel om spoedig vas te stel waar die episenter van die aardbewing was,” het Mononele gesê.

Die skudding is oor groot dele van Gauteng gevoel, asook in Limpopo, Noordwes, Mpumalanga, die Vrystaat, die Noord-Kaap en glo ook in al die ander provinsies. Volgens berigte kon dit ook in dele van Namibië gevoel word.

Die raad het gesê die aardbewing wat vroeg Maandagoggend in Gauteng en dele van Noordwes gevoel is, het omstreeks 05:08 plaasgevind.

“Dié aardbewing van 4,6 se episenter was by goudmyne naby Klerksdorp en was 2 km diep,” het Mononele gesê. Dit kon in Potchefstroom, Orkney, Klerksdorp, Johannesburg en Pretoria gevoel word.

Volgens Mononele is dit nog nie duidelik of daar enige verband is tussen die twee skuddings nie. “Ons sal dit wel ondersoek,” het hy gesê. Volgens Mononele is daar geen beserings of lewensverlies as gevolg van die skuddings aangemeld nie.

“Die raad wil alle Suid-Afrikaners gerusstel dat daar in dié stadium geen risiko vir Suid-Afrika is in terme van aardbewings nie, weens die relatiewe stabiliteit in Afrika se plate,” het Mononele verduidelik.

Daar is intussen ʼn span seismoloë na Botswana gestuur om die aardbewing te ondersoek. ʼn  Span is ook na Klerksdorp gestuur om die aardskudding daar te ondersoek.

ER24 het intussen wenke gegee oor hoe om veilig te bly tydens en ná ʼn aardbewing. Annine Dormehl, woordvoerder van ER24, het gesê nooddienste het altyd hul hande vol tydens so voorval.

Wat om te doen tydens ʼn aardbewing:

  • Bly kalm.
  • Probeer bly waar jy is. Kruip byvoorbeeld onder ʼn groot, swaar lessenaar in of staan met jou rug teen die muur naby die middel van ʼn gebou. Bly weg van vensters en deure.
  • Indien jy buite is, maak seker jy is weg van kragkabels wat moontlik op jou kan val, en ook ver weg van geboue.
  • Gebruik trappe (mits dit veilig is) om geboue te verlaat.

Wat om te doen ná ’n aardbewing:

  • Maak heel eerste seker jy het nie beserings opgedoen nie. Indien jy buite gevaar is, maak dan seker of die mense rondom jou beserings opgedoen het. Indien jy weet hoe om noodhulp toe te pas, doen dit.
  • Bel dadelik die nooddienste indien iemand ernstige beserings opgedoen het.
  • Indien die gebou waarin jy jouself bevind enige strukturele skade gely het, ontruim die gebou spoedig en kalm.
  • Luister na jou plaaslike gemeenskapsradiostasie vir nuus oor die aardbewing.
  • Moenie enige gebou met strukturele skade binnegaan nie.
  • Moet nooit jou skoene uittrek nie, daar kan dalk glas of ander voorwerpe wees wat jou kan beseer.
  • Wees bedag op naskokke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Verbruiker ·

Wat staan ʼn mens te doen sou jy in ʼn winkelsentrum soos bv Menlyn of Sandton City tydens ʼn aardbewing bevind?

Bly kalm ·

Bly kalm en probeer by jou kar of die noodgeval-bymekaar kom plek kom. Alle groot maatskappye insluitend die winkelsentrums behoort so iets te hê. Die sekuriteit van die mall of die werkers sal vir jou kan sê wat om te doen. Maar hulle sal moontlik die plek stuk-stuk ontruim en mense veilig kry.

Johann ·

Dankie vir die uiters nuttige wenke oor wat om te doen en wat nie ek glo daar is baie mense soos ek wat dalk net die verkeerde sou doen. En vir al die ou grapjasdiedies hierdie is geen grap nie, dit gaan oor oorlewing of nie

Scalla ·

Hoop die kundiges stel hul bevindinge bekend, jy kan nie teen die natuur indring nie, dit is nog verkwisting van belasting geld, wat het geword van die ondersoek na die weerlig deur die regering? Jan van Riebeeck het baie om te verduidelik.

JJ ·

Hulle moet maar ‘n span na Kempton Park toe ook stuur want ons het dit nogal erg gehad gisteraand

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.