Kunstekaap se deure weer oop

Die rok is ʼn konsep van die humanitêre kunstenaar Lizette Chirrima. (Foto: Jan-Jan Joubert)

Die Kunstekaap-teater in Kaapstad se deure is weer oop ná die vaal maande van die koronavirus, en die teaterkompleks het sy deure vir die publiek heropen met die bekendstelling van ʼn buitengewone kunswerk, te wete ʼn rok geskep deur die gemeenskap.

Die rok is ʼn konsep van die humanitêre kunstenaar Lizette Chirrima, getiteld “ʼn rok deur dankbare mans”. Dit bestaan uit 27 borduurstukke op materiaal deur mans wat hul dankbaarheid teenoor vroue uitbeeld.

“Dit is kritiese sosiale wisselwerking met die gemeenskap om deur aktiewe burgerskap ʼn einde te maak aan geslagsgeweld en die fokus daarop te plaas dat alle lewens – ook dié van diegene met gestremdhede – saak maak,” het die hoofamptenaar van Kunstekaap, Marlene le Roux, aan Maroela Media gesê.

“Hierdie skepping is ʼn vertrekpunt vir gesprekke wat die verskillende vlakke van manlikheid uitlig. Sommige mans is chauvinisties, maar ander huil openlik.

“Geslagsgelykheid gaan oor daadwerklike optrede vir die totstandkoming van ʼn gemeenskap wat menslikheid op alle vlakke van die samelewing bevorder,” het Le Roux gesê.

(Foto: Jan-Jan Joubert)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.