Kunstenaar in hof oor sekswerker se dood

Argieffoto

Argieffoto

’n Internasionaal gerekende kunstenaar van Suid-Afrika het onskuldig gepleit op aanklag dat hy ʼn 23-jarige sekswerker vermoor het.

Zwelethu Mthethwa se verhoor het Dinsdag na meer as twee jaar se vertragings in die Wes-Kaapse hooggeregshof begin. Hy word daarvan beskuldig dat hy Nokuphila Kumalo geslaan en geskop het tot sy dood is.

Kumalo se liggaam is op 14 April 2013 in Ravenscraigstraat in Woodstock gevind. William Booth, Mthethwa se regsverteenwoordiger, het Dinsdag ʼn beroep op die hof gedoen om sy kliënt te beskerm. Volgens Booth is Mthethwa geteister, gestoot en gestamp deur sekswerkers wat buite die hof betoog het.

Booth het aangevoer dat Mthethwa geïntimideer voel en beskerming sal verlang wanneer hy by die hof opdaag en dit weer verlaat indien die betogers se aksies nie einde kry nie. Regter Patricia Goliath het gesê Mthethwa se waardigheid moet gerespekteer word aangesien hy onskuldig is tot hy skuldig bevind word.

Sally Shackleton, direkteur van Sweat, ʼn organisasie wat veg vir die regte van sekswerkers, het ontken dat die betogers Mthethwa geteister het.

Staatsaanklaer Christenus van der Vijver het vroeër aan die hof gesê die staat sal aanvoer dat Kumalo “onregmatig en met opset geskop is en dat die dood van die slagoffer deur die beskuldigde veroorsaak is”.

Van der Vijver het gesê die staat se bewysstukke sluit kringtelevisiebeeldmateriaal van die beweerde voorval in.

Die staat se eerste getuie was konst. Asanda Sasha wat by die Woodstock-polisiestasie werk. Hy het getuig dat die polisie in kennis gestel is oor ʼn liggaam wat langs die pad gevind is. Hy het verduidelik hoe hy op die toneel aangekom het en gesien het ʼn veiligheidswag staan langs die lyk. Hy het beserings aan die vrou se gesig opgemerk en ʼn ambulans ontbied.

Sasha het getuig ʼn vrou wat die oorledene glo geken het, het op die toneel opgedaag.

Die verhoor is tot 8 Junie uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Tommy ·

Ag en wie is Zwelethu Mthethwa so ewe?? Het nog nooit van hom gehoor nie, en siestog hy kon die sekswerker slaan en skop en alles, maar nou het hy ‘n problem met mense wat hom ‘n bietjie rondruk – arme ding!

anon ·

tommy lyk my hy bietjie baie bang lol ok nog nooit van hom gehoor nie

Eliza-beth ·

Vir die wat wil weet, hy is wel bekend hier en oorsee en ek sluit die volgende kort “CV” in: Zwelethu Mthethwa was born in 1960 in Durban, Kwa-Zulu Natal, South Africa. He holds diplomas from the Michaelis School of Fine Art, University of Cape Town. As a recipient of a Fulbright Scholarship, he studied at the Rochester Institute of Technology in the United States, where he received a master’s degree in imaging arts in 1989. On his return to South Africa he worked for several years in commerce before becoming a lecturer on photography and drawing at the Michaelis School in 1994.

In 1999 Mthethwa left teaching to devote himself full time to his artwork. He has received national and international recognition and has had over 35 solo exhibition in galleries and museums in the United States, Italy, Germany, Spain, France, Switzerland and South Africa. Best known for his large-format color photography, he also works in pastel and paint. The artist lives and works in Cape Town.

Natuurlik beteken dit geensins dat wat hy gedoen het (en daar bewyse van is op kringtelevisie) regverdigbaar is nie. Inteendeel mense soos hy behoort hul talent en bekendheid eerder te gebruik om kommentaar op sosiale probleme te lewer!

Johannes Comestor ·

Waarom word die nuwe Suid-Afrika- en daarby eufemistiese term “sekswerker” gebruik pleks van “prostituut”?

Eliza-beth ·

Vir die wat wil weet, hy is wel bekend hier en oorsee en ek sluit die volgende kort “CV” in: Zwelethu Mthethwa was born in 1960 in Durban, Kwa-Zulu Natal, South Africa. He holds diplomas from the Michaelis School of Fine Art, University of Cape Town. As a recipient of a Fulbright Scholarship, he studied at the Rochester Institute of Technology in the United States, where he received a master’s degree in imaging arts in 1989. On his return to South Africa he worked for several years in commerce before becoming a lecturer on photography and drawing at the Michaelis School in 1994.

In 1999 Mthethwa left teaching to devote himself full time to his artwork. He has received national and international recognition and has had over 35 solo exhibition in galleries and museums in the United States, Italy, Germany, Spain, France, Switzerland and South Africa. Best known for his large-format color photography, he also works in pastel and paint. The artist lives and works in Cape Town.

Natuurlik beteken dit geensins dat wat hy gedoen het (en daar bewyse van is op kringtelevisie) regverdigbaar is nie. Inteendeel mense soos hy behoort hul talent en bekendheid eerder te gebruik om kommentaar op sosiale probleme te lewer!

pop ·

Johannes, wat maak dit saak?? Jy kan seker hoer ook se. Maar dit gee niemand die reg om haar te vermoor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.