Kunsteraadvoorsitter glo aangerand ‘omdat hy swart is’

Hartley Sandy Ngoato het dié foto van sy beserings op sosiale media gedeel. Foto: Facebook

Hartley Sandy Ngoato, voorsitter van die Nasionale Kunsteraad en ook ʼn prokureur, is die afgelope naweek by Hartbeespoortdam in Noordwes aangerand in wat hy aanvoer ʼn “rasgedrewe aanval” en oor grondbesit was.

Volgens Thembelani Mpakati, ʼn kollega van Ngoato wat Sondag saam met hom by Hartbeespoortdam was, is Ngoato fisiek en verbaal deur ʼn groep wit mans aangerand ná ʼn plesierrit op sy boot.

“Mnr. Ngoato het my en ʼn groep vriende genooi vir ʼn bootrit. Ná ons die middag klaar op die dam gevaar het, is ons terug na ʼn oord waar mnr. Ngoato vroeër sy boot te water gelaat het,” het Mpakati gesê.

“Ek het van die boot afgespring en hom bygestaan sodat hy met sy bakkie en ʼn sleepwa agteruit na die dam kan ry om sy boot uit die water te kry. Terwyl mnr. Ngoato agteruit gery het, het ʼn man wat die middag by die oord piekniek gehou het aan sy bakkie se ruit geklop.”

Mpakati beweer die man het op Ngoato geskree en glo beskuldig dat hy te vinnig gery het.

“Die man het duidelik en kliphard geskreeu: ‘F*** these blacks! They must go away!’ Kort daarna was vier of vyf grootgeboude wit mans ook daar en het hulle die ander man aangemoedig. Die hele situasie was gespanne en het gou aggressief geraak. Mnr. Ngoato het bly vra wat presies hy verkeerd gedoen het, maar niemand kon ʼn samehangende antwoord gee nie.”

Hartley Sandy Ngoato het dié foto van sy beserings op sosiale media gedeel. Foto: Facebook

Die man het Ngoato daarna glo aangerand en sy kop teen die grond gestamp. “Die ander mans het niks gedoen om die geveg stop te sit nie en het my verhoed om nader te gaan om mnr. Ngoato te help.”

Mpakati het gesê Ngoato kon in ʼn stadium ʼn moersleutel uit sy bakkie kry om homself glo mee te verdedig, waarna sy “aanvaller” uiteindelik teruggetree het.

Ngoato het tydens die aanval snye en krapmerke aan sy gesig opgedoen.

Die polisie is na die toneel ontbied en die man is in hegtenis geneem.

Lt.kol. Amanda Funani, provinsiale polisiewoordvoerder van Noordwes, het die inhegtenisneming van Tiaan Ebersohn (35) bevestig en gesê hy het Maandag in die Hartbeespoortdam-landdroshof verskyn op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hy is op borgtog van R1 500 vrygelaat en moet later weer in die hof verskyn.

Funani het egter bygevoeg Ebersohn is ook tydens die voorval beseer en het ʼn teenklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer teen Ngoato aanhangig gemaak. Die polisie ondersoek die voorval verder en is besig om verklarings van talle partye af te neem.

Foto’s van ʼn beseerde Ngoato is ná die voorval deur hom op sosiale media geplaas en het soos ʼn veldbrand versprei. By die plasing skryf Ngoato hy is aangeval omdat hy swart is. “By dieselfde plek waar die SAUK en Carte Blanche met my ʼn paar maande terug ʼn onderhoud gevoer het om verbeteringe by die dam aan te bring, is ek later deur wittes aangeval wat gekant is daarteen dat ʼn swart man ʼn stuk grond besit wat aan die regering behoort,” het Ngoato geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Johan ·

Ons weet nie wat die ware omstandighede was nie. Maar ons het beslis nie hierdie tipe van insidente nodig nie.
Wat die Regering nie besef nie, is dat die afgradering van Blankes tot tweede rangse burgers, lei tot erge frustrasies, wat weer onverantwoordelike mense aanspoor om só op te tree.
Dit is egter geen verskoning vir onbehoorlike gedrag nie!

jaco ·

Aanvaar dan tog net die tweedeklas burger status en beweeg aan. Dis beter as etniese uitwissing, soos wat “beskaafde” Duitsers met 6 miljoen Jode gemaak het.

Lindtjies ·

Ai menere julle maak dit vir julle self moeilik asook vir ons ander blanke mede aardbewoners. Ons word alreeds so gehaat. En om nogal ‘n prokureur aan te rand….. Dit was ‘n groot fout!

Rocky ·

Ons het die tipe voorvalle nie nodig nie. Anders kan ons rêrig SA afskryf . Ons sal moet werk aan verhoudinge. Koelkoppe is wat ons nou nodig het.

hendrik ·

Rocky, die ANC en sy president en sy ministers en sy pelle inbesonder die EFF het ons al lankal afgeskryf.

Iemand ·

Dis aaklig en ek hoop die skuldiges word gevang en beboet vir wat hulle gedoen het. Dit is niemand se reg om ‘n ander so aan te rand nie!

By gese ek hoop maar vir die man dat dit waar is want ons kort nie nog insidente soos die aan enige kant van die spektrum nie.

Cherokee ·

Jy verbaas deur te hoop dat dit waar is. Ek hoop dit is nie die waarheid nie.
Soos gewoonlik is hier mense wat onmiddelik menings lewer sonder dat ons weet wat aanleiding gegee het daartoe. Ek weet nie of swartes ook so kritiek lewer na swart aanvalle, soos wittes doen. Daar sal ‘n ondersoek wees (soos KFC ens (!)). Wag en kyk wat gebeur.

Penellope Jones ·

Gee net kansie dat ek gou al daai fotos van boere en hul werkers en gesinne wat wreder aangerand is en word bymekaar hark om hier te plaas dan sal jy self kan bepaal hoeveel simpatie ek het

Sies Peellope! ·

was dit hierdie swart man wat al die boere en werkers en gesinne vermoor en aangerand het?
hy is n slagoffer van geweld. deur kriminele…. hulle is NIKS beter as die wat jy slegs nie!

DHK ·

Heeltemal reg Penellope Jones, ek is saam met jou. Soos gewoonlik word een kant se weergawe van die gebeure verkondig en al wat blanke is spring dadelik op die afgesaagde koortjie van kruiperigheid en skuus ek lewe refrein.

Penellope Jones ·

Wat? Ek verstaan nie jou boodskap nie, en sies jouself!

Cherokee ·

Die probleem Penellope, is dat mense soos die wat jou kritiseer wegkruip agter name wat hulle elke keer verander.

dejager ·

Dalk was Hartley nie ń engeltjie nie?Flou storie.
As beide die bakleiers wit was,was daar geen nuuswaarde.As beide swart was ,ook nie.

Kobus ·

Blameer die ANC regering wat wit mense so opwerk, daar gaan nog baie bloed vloei. Verspry die foto`s op social media sodat ander kan gewaarsku word.

Hansman ·

Speel al weer die slagoffer. Die ware verhaal het natuurlik heel anders verloop
…..en my kommentaar word verwyder in 3….2….1

Dries ·

Klink vir my eerder asof iemand vir iemand getart het en toe kry hy slae. Hoekom was daar gese “F… these blacks”

Griet ·

Skokkend. Ek dag die wittes is so goed opgevoed en di ander bevolkings se meerdere, volgens die jarelange kommentare op MM

Cherokee ·

Mooi! Hier is uiteindelik iemand wat weet wat gebeur het! Vertel meer Griet, almal is nuuskierig oor wat daar gebeur het. Vertel.

Delmarie ·

Wat beteken:”…dat ‘n swart man ń stuk grond besit wat aan die regering behoort..”?

Bernard Hellberg ·

“Besit grond wat aan die regering behoort”………?

Werner ·

Moet ons nou in trane uitbars boere lyk baie erger en hulle leef gewoonlik ook nie

Stinkgogga ·

Jy is heeltemal reg. En die storie het tog sekerlik n ander kant ook? Wat is die rede vir die aanval?

kas ·

klink vir my na n pot leuens. hulle sou hom sonder slag ofstoot toelaat om n moersleutel uit sy bakkie te gaan haal en dan verder te kom baklei. en die frisgeboude witmans kyk ner goedsmoeds toe sonder om hom daar die moersleutel te voer?

Ben ·

Sulke dade is krimineel en onaanvaarbaar. Ons veroordeel dit ten sterkste.
Die feit bly staan dat onder elke ras is daar kriminele en ek het ook nog nooit ‘n volmaakte mense ontmoet nie.
Dit is tyd in Suid Afrika dat die mense emosioneel volwassse raak. Daar is ander meer beskaafde maniere om probleme op te los.

Verveeld ·

Daar is ongelukkig drie kante aan ‘n storie; jou kant, my kant en die waarheid!

Anni ·

En ongelukkig glo elke kant sy weergawe van die gebeure was reg, maak nie saak watter kleur die betrokke partye is nie. Hopenlik was daar kameras wat dit vasgevang het.

Chris Joubert ·

Dit gaan nie oor wie die ergste aangerand is nie – dit gaan oor reg en verkeerd. Hierdie is net so verkeerd as enige boer wat aangeval word. As ons dit nie besef nie, is daar nie hoop op ‘n gesamentlike toekoms nie – en so ‘n geveg gaan witmense nie wen nie.

anton ·

Ek sê dit al lankal en ek sê dit nou weer na aanleiding van baie blankes se kommentaar hier.
Ons as nasie is ons eie grootste vyand!!!
Ons kon nog nooit en sal ook nooit kan saamstaan nie!!!
Dan wonder ons wraggies hoekom dit so sleg met ons gaan in S.A.

Schalk ·

Ai mense dink n bietjie as dit die regte feite is, is ek regtig onnosel. Julle kommentaar is gebaseer op watter feite, so die denk vermoë word alweer deur media en emosie gelei. Intellek is die vermoë om te lees wat nie daar staan nie. Sit volgende keer op jou stert en dink evalueer en maak n deurdagte objektiewe bydrae of is ons ook maar soos fisiese klip gooiers wat alles opvreet vir soetkoek.

Spark Plug ·

Ek blameer die ANC wat die rasse spanning veroorsaak tussen die mense. O ja en drank, jy kan verseker wees daar was drank betrokke.

Henk ·

En so: stadig kook die pot.
Raka se rooi septer swaai
En my volk word gemaai
Hulle glo dus nog die son van die 80’s wat oor ons gloei.
NEE! Boere, weer staan ons by die rivier
en die bloed gaan vloei.

Anni ·

Die moeilikheid is witter in die blom tans in hierdie land, as wat die OOIT was voor 1994. Die pot dinges wat op die plaat gestaan en kook het voor 1994, is weer mooi aan die kook, en op die punt om oor te kook…

Judge Dredd ·

Hoe besit ‘n persoon ‘n stuk grond wat aan die regering behoort?

Praat die waarheid ·

Nee my maat. As inwoner van Harties weet ek jy lieg. Jy vertel nie hoe dronk jy en jou maters was nie. En hoe julle gejaag het in die oewer klub en amper kinders raak gery het nie. Jy en jou maters het amok gemaak. Jy het die ander ou aangerand met n wheel spanner. Nou speel jy die victim omdat jy toe tweede gekom het.

anton ·

Ek het geweet die ander kant van die storie sal wel uitkom.
Hulle is mos ALTYD die victim al doen hulle 1000 X verkeerd en dan word die ras kaart gegooi.
Maar wees gerus sandy, daar is baie blanke liberals wat jou kant glo en sal vat.

Sam ·

Ag shamepies…ons boerevolk word elke dag gemartel. Ons word geskiet oor n fiets nou moet ons saam jou huil? Ek gaan beslis nie n moordkuil van my hart maak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.