Kunsuitstalling wat wit mense beledig ‘skok’

kunsuitstalling-wit-mense-kaapʼn Uitstalling in die Nasionale Kunsmuseum in Kaapstad, wat bestaan uit kwetsende woorde teenoor wit mense, is “onverantwoordelik”.

Die uitstalling bevat net die woorde “F*ck white people”, wat in wit en swart gedruk is. Die VF Plus het intussen ʼn beroep op die museum gedoen om dit te verwyder.

Volgens dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het lede van die publiek hom genader oor die uitstalling en hy het ook bewus geword van groot ontevredenheid wat op die sosiale media daaroor uitgespreek is.

Dr. Groenewald het gesê in tye waarin rasseverhoudinge in Suid-Afrika uiters sensitief is en waar mense wat hulle aan rassistiese uitsprake skuldig maak, selfs swaar deur howe gestraf word, is die uitstalling kortsigtig en ervaar baie mense dit as beledigend.

“Die museum het ʼn groot verantwoordelikheid om, veral in die huidige klimaat in Suid-Afrika, met groter omsigtigheid op te tree en vryheid van spraak en die uitdrukking daarvan in enige vorm sterk op te weeg teen die skade wat dit mag aanrig wat menseverhoudinge in die land aanbetref.

“Uit die kunstenaar, Dean Hutton, se eie vertelling by die kunswerk, beskryf sy wittes sonder uitsondering as rassiste. Verskeie items in die museum beeld die tydperk van apartheidspolisie-geweld uit. Hutton se uitstalling is ook baie prominent in die hoofingangsaal geplaas.

“Die verantwoordelike beamptes van die museum sal moet antwoord of hulle ʼn uitstalling met ʼn omgekeerde rasse-boodskap sal plaas, of selfs ʼn uitstalling wat die brutaliteit van langer as twee dekades se plaasmoorde uitbeeld.

“Die VF Plus meen die betrokke uitstalling hoort nie in die land se nasionale kunsmuseum tuis nie. Dit gee aanstoot en veroorsaak wrywing en behoort onmiddellik verwyder te word,” het dr. Groenewald gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.