Kurt Darren se ope brief ná erge kritiek

Kurt Darren en die sanger Matthew Mole voor hul optrede by die Uniegebou in Pretoria Foto: @kurtofficial, Twitter

Kurt Darren en die sanger Matthew Mole voor hul optrede by die Uniegebou in Pretoria Foto: @kurtofficial, Twitter

Kurt Darren het Dinsdag in ‘n ope brief gesê hy is ontsteld oor die aggressiewe kommentaar wat gemaak is nadat hy Saterdag tydens pres. Jacob Zuma se inhuldiging opgetree het.

“Toe ek ingestem het om by President Jacob Zuma se inhuldiging Saterdag in Pretoria te sing, het ek verwag daar sou kritiek wees, maar die agressie van die kommentaar wat ná die tyd gemaak is, is baie ontstellend,” skryf Darren in die ope brief.

Maroela Media het Saterdag berig Darren het voor sy optrede by die Uniegebou in Pretoria gesê die huidige regering het tandkryprobleme, maar hy dink ons moet saam werk om daardeur te kom. “Ons is ʼn ongelooflike nasie,” het hy bygevoeg.

Darren se uitlatings het ook op Maroela Media baie skerp kritiek uitgelok.

“Ek besef dis net ‘n klein groepie mense wat nog nie aanbeweeg het nie en nie besef hulle bly in ‘n demokratiese Suid-Afrika nie,” skryf Darren verder in die ope brief. “Ek het die afgelope paar dae stil gebly, maar ek voel ek moet my kant van die saak stel. Ek is ‘n trotse Suid-Afrikaner. Ek het al baie in my lewe gereis en Suid-Afrika is altyd die plek waarna ek terugkeer omdat dit is waar my hart en siel is.”

Hy gaan voort: “Vir iemand om te skryf dat hulle wens my en Dunay se baba word dood gebore, is die laakbaarste ding wat enigiemand kan sê. Ek het kommentaar soos hierdie en ander negatiewe kommentaar verwyder want ek wil nie ander mense daaraan blootstel nie. Baie van my aanhangers is jonk en ek wil hulle beskerm teen vieslike haat soos hierdie.”

Klik hier om die res van sy brief te lees.
Klik hier om die oorspronklike berig op Maroela Media te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Theresa Ross ·

Ja. Mens voel so half skaam nou. Maar mnr Darren moet besef dat, since hy die ‘Afrikaanse kultuur’ omarm en verteenwoordig (in sy eie woorde), hy versigtiger sal moet wees oor wat hy sê vir en voor die publiek, veral waar blanke afrikaners spesifiek, onderdruk en uitgemoor word, en dit is ongelukkig die FEITE. ‘n Voos geslaande nasie wil ongelukkig nie meer hoor hoe hulle moet ‘saamwerk’, as hulle reeds amper alles verloor het nie. Ek glo wel Kurt Darren se bedoeling was beslis nie om haat aan te wakker nie, en ek stem 100% saam dat van die reaksies en kommentaar onnodig en aaklig is, maar soos reeds genoem: Wees versigtig wat jy sê aan ‘n reeds oor-emosionele en vuisvoos publiek. Sterkte.

Andreas Meyer ·

Dat mense “skaam kry” was die doel van die aanmerking oor die baba wat hy gerieflikheidshalwe sonder bewyse verwyder het. Dit was ook nie tipies vir die kritiek teen hom nie!

Mariana Fourie ·

Ek is jammer oor die erge lelike reaksies, maar ek verstaan alles wat jy in hierdie brief probeer sê. Ek het nog net nie gehoor jy skerm vir die witmense wat baie swaarkry, nie werk kan kry nie en vermoor word net oor hul velkleur. Ek was een van die wat gaan regmerkie maak het om die land te verander nie om daarna swaar te kry nie. My seun kry nie werk, my familie sukkel in hierdie land. Ek dink nie jy of jou vrou kan enige van ons wat ontsteld was heeltemal kwalik neem oor ons reaksie. As jy ook gesê het dat ons omgekeerde rassisme beleef en die regering ook vermaan het oor dit wat hulle wil miskyk, dan was dit miskien nie so erg op ons wat elke dag deur hel gaan nie. My vriend net die Here het my sover aan die gang gehou. Van my inkomste kan ek nie leef nie. Ek is 56 en is ook lief vir die land en het ook kleinkinders. ‘n Saak het altyd twee kante. As jy nie elke dag sukkel en veg om te bestaan nie, vergeet jy seker van die res. Ek sal nie die verandering in die land beleef nie, maar hopelik jou kinders en myne. Sterkte vir jou keuses en besluite. Bid sal seker al wees om ons in die land te red.

Hannes ·

Dankie Kurt, dis iets wat waarlik na aan my hart lê en ek is baie bly iemand het dit gesê, dit was nodig. Dankie vir die positiewe bydra tot ons land. Ek as mede Suid-Afrikaner is trots op ons land. Dankie.

Andreas Meyer ·

“Hy gaan voort: “Vir iemand om te skryf dat hulle wens my en Dunay se baba word dood gebore, is die laakbaarste ding wat enigiemand kan sê. Ek het kommentaar soos hierdie en ander negatiewe kommentaar verwyder want ek wil nie ander mense daaraan blootstel nie. ”

Nee Kurt, die laakbaarste sal wees om so iets somer net te versin, want dis nou kwansuis “verwyder”. En jy het enige kritiek verwyder, want dit het in waarheid ‘n groot meerderheid van jou ondersteuners ontstel. Die meerderheid Afrikaners is moeg vir die ANC-Regime om die minste te se. En nou gaan jy en probeer hulle goed praat!

David ·

Die feit van die saak is dat n optrede by iemand se aanstelling wys vir ons dat jy saam stem en gelukkig is oor wat gebeur, ek sal nooit my teenwoordigheid saam met n verkragter en n dief as n eer beskou nie….

HERMAN COMBRINCK ·

EK HOOP HULLE BABA WORD GESOND GEBORE . DIT IS N MAL MENS WAT SULKE VIESLIKKE GOED VAN N ONSKULDIGE ONGEBORE BABA SE .

AAN MNR DARREN WIL EK NET SE ,WORD WAKER UIT JOU DROOMWERELD GAAN KYK IN DIE WOORDEBOEK WAT BETEKEN DEMOKRASIE . GAAN LEES DIE AFRIKANER SE GESKIEDENIS . GAAN KYK HOEVEEL BLANKES IS WREED VERMOOR .GAAN GOOGLE OOR MOORDE OP BLANKES EN KYK MOOI HOE LYK MENSE WAT EERS VERMINK EN DAN LEWENDIG IN STUKKE GEKAP WORD .WIT BABAS WAT VERKRAG WORD OU DAMES WAT VERKRAG WORD .EN JY PRAAT DIT GOED .

Marlene ·

Kurt, miskien moet jy jou nuwe vriend inlig wat die woord ‘demokrasie’ beteken!! Kyk na jou eie volk se trane jou kinders se voorland eendag!!

Retha van Rensburg ·

Mense in hul glashuisies… Ongelukkig is Kurt een van hulle!! As daar so iets gesê is van hul baba – dit is laakbaar en regtig onvanpas!!!

Tess ·

Tussen hakies, jou rondreis oor die wereld het jy te danke aan jou lojale ondersteuners wat jou cd’s gekoop het.

Jy moet so bietjie by Steve kers opsteek oor hoe om vir die Boerevolk op te staan.

Ek hoop werklik jy volg hierdie kommentare op Maroela ook op en word wys.

Herman ·

Ja os altyd sy cd’s gekoop en baie van sy shows by gewoon ma dit nou kla os al sy musiek uit os huis en sal nooit weer iets van hom bywoon of koop nie net snaaks dat hy nog nooit iets gedoen of gese het oor os boere volk wat sos diere uit gemoor word ni!!!!!!! Hoop regtig dat di demokratiese klomp jou sal ondersteen sos wat die afrikaner jou ondersteen het en as ek reg onthou toe hy engels gesing het het dit ni so goed gegaan sos toe os afrikaners hom begin ondersteen het ni!!!!!! Sal selfs nie eers weer jukbox kyk ni jy os mos ni nodig ni!

Martin ·

Ag shame Kurt. Jy sal enige iets doen of se net om in die nuus te wees. Volgende keer moet jy 2 keer dink voordat jy sulke bollie kwyt raak

DAVID RAS ·

Jammer Kurt Darren, maar jy toon ‘n gebrek aan begrip. Jy skryf jy het verwag dat daar kritiek op jou optrede by Zuma se inhuldiging sou wees—wel , kritiek was daar maar nie oor jou optrede nie. Die kritiek was oor jou aanmerkings agterna. “ONS MOET OPHOU OM IN SWART EN WIT TE DINK” My reaksie op daardie woorde wil ek herhaal–Anti wit wette soos Regstellende Aksie, BEE ens is onbetwisbaar rassisties van aard. Hierdie wette DWING MY om in swart en wit terme te dink, want sien ek is wit. My kinders en kleinkinders is wit. Ons is deel van ‘n groep wat onder minderheids onderdrukking ly, want dit is wat Regstellende Aksie doen–onderdruk,
Ek wil jou aanraai om tog artikel 9(2) in hoofstuk 2 van hierdie grondwet te gaan les. Dan sal jy–as jy intelligent genoeg is—ook besef tot welk mate mense van ons velkleur tot in die verste toekoms gedoem is.

Dalene ·

Jy moet net hoop die “dis net ‘n klein groepie mense wat nog nie aanbeweeg het nie en nie besef hulle bly in ‘n demokratiese Suid-Afrika nie” is die groepie wat altyd jou cds gekoop het nie! Jy vervreem jouself deur jou uitsprake! Nou weet ek ook hoekom sing jy nie op Afrikaans is Groot konserte nie…

Willa ·

Ja Dalene, want hy kan nie sing nie. Die vent sing mos maar nie altyd so 100 % op noot nie. Dit is ‘n “live show” en daar is nie toerusting om die vals note te verbloem soos met die opneem van ‘n cd nie.

wanda ·

Ag kom tog net oor jouself asb. Jy verdien die kritiek wat jy kry. Jy kanselleer 2DAE voor die tyd ñ optrede by ñ klein skool in Pretoria omdat jy nie vir net 400 mense sal sing nie. Daai kindertjies het hard gewerk om die kaartjies te verkoop. Al die voorbereiding en kos ens, als vir NIKS! Die kinders wat die meeste kaartjies verkoop het sou jou na die tyd ontmoet…hulle het so uitgesien. Maar jy kan vir die klomp tax vreters gaan sing en mooi praatjies maak. Sterkte ek hoop dit bring vir jou vrede en vreugde. Ek is seker Zuma en Malema gaan voortaan al jou cd’s koop. My kas is ongelukkig vol…met Steve se cd’s.

Amamda ·

Kyk van Kurt hou ek nie baie nie het nog nooit sal ook nooit wanet volgens my kan hy nie sing nie moet se die liedjies het lekker ritme vir parties ensovoorts maar geen waarde as net dit nie dans musiek. Gelukkig het ons vir Steve en ander vir dit. Maar om die baba te verwens is bietjie erg. As dit nou die waarheid is of nie mens doen dit nie.

Babs ·

Jammer Kurt, nou het jy jouself in die voet geskiet. Dit is die mense vir wie jy nou bykom wat jou gekry het waar jy vandag is. Ek is nie een van jou fans en ek dink jy het nou bietjie te ver gegaan met jou “ope brief”.

Eg Afrikaans ·

Ons het soos gewoontlik almal ons eie opinie en siening en ons kruisig soos gewoontlik……. wanneer gaan ons Afrikaner Volk besef, maak nie saak wat die volgende persoon doen nie, dit is wat JY doen wat saak maak en waarvoor jy eendag verantwoording moet gaan doen! Aarde, los ander mense uit, is dit werklik nodig om alewig te kritiseer en te beledig, g’n wonder ons Afrikaner Volk kan nie saam staan nie, want wragties sien ons nie die Son oor iemand anders se kop skyn nie!! Dit is eitlik bitter eenvoudig ….. AS JY NIKS GOEDS VAN IEMAND ANDERS TE SE HET NIE HOU JOU MOND DAN EERDER!!!! Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is ook voos en moeg vir die “demokrasie” in ons land, die omgekeerde rassisme, ons kinders wat nie werk kry nie, ons belasting geld wat gesteel word ens. Maar ek weet die wiel draai, en daai gat wat gegrou word, gaan daai mense self in val!! Dit is nie die kere wat ons val wat saak maak nie, dit is elke keer wat ons opstaan wat saak maak!!

Brenda ·

Nee, kyk, wraggies!!! Ek hoop Kurt kry ALLES wat hy verdien….as dit dan nou minder geldjies in d bank is, boikotte van sy optredes en geen massa-opkoms van sy vertonings, dan, so BBEEEE ( ;D) it!!!

Annatjie ·

Ek is nou nie ‘n Kurt Darren aanhanger nie. Sou se hy kan mos maar sing waar hy wil. Die inwoners van Suid Afrika moet leer om brue te bou en nie brue af te brand nie.

Yumna Malherbe ·

Nee, rasisme kom van 2 kante Mnr Darren, ek het 2 dogters wat ek groot maak, een is in Pretoria in ‘n dowe skool en die ander een is by ons in die week. Ek maak al twee my dogters groot om nie rasisties te wees nie en toe my oudste dogter in die laerskool was en die skool begin swart word het ek haar nie uit gehaal soos die ander blanke ouers nie, reeds omdat ek weet dat die land se toekoms in ons kinders van vandag se hande is en hulle moet kan saam werk met mekaar, my jongste dogter wat in ‘n koshuis bly by die dowe skool in Pretoria bly saam met swart dogters in die koshuis, maar ek kan vir jou se, rasisme kom van hulle af, want hulle intemedeer die wit kinders een na die anders totdat die blanke ouers hulle uit haal uit die skool, my dogter was tot 3 weke terug die laaste blanke senior dogter daar en ek het hulpeloos gesit en nie geweet wat om te doen as ouer nie, want sy is 14 jaar oud en sy moet skool gaan, hulle het haar geruk, gepluk, geryp aan haar boude en privaat dele, dan se hulle vir haar sy moet uit die skool want sy is te groot daar onder en in die selfde asem se hulle vir haar sy is te dom om haar bene oop te maak, hulle het haar gedreig dat as sy iets gaan se vir iemand sal hulle haar doodmaak!! Dit kom van dowe dogters se monde, hulle is 20 teen een en dit net omdat haar vel wit is, want volgens hulle moet al die wittes uit die skool. Dit is nou dogters wat saam groot geword het in een koshuis vanaf graad 0 ? Dit is ongelukkig ‘n model C skool, maar jy sal seker jou kind in ‘n privaat skool sit, waar daar net blanke kinders is, waar daar geen swart kinders is wat hom/haar gaan boelie en afknou nie?? Dit is maklik om te praat as jy nie self in ‘n situasie was, waar jy probeer om jou kinders te leer om die land vorentoe te bring maar dan kom rasisme van die anderkant af net oor haar vel wit is nie, ek as ouer was raadop, moedeloos en moes toe soek vir alternatiewe verblyf vir my kind wat my 3 keer soveel finansieel kos, ons is maar in ‘n middelklas gesin, met ‘n gewone inkomste en nou oor die swart kinders maak soos hulle maak, het ek nie ‘n ander keuse as om haar uit die koshuis te gehaal het nie. So Mnr Darren, ek hoop van harte dat jou kind nie eendag bloot gestel gaan word aan so iets nie, want vandag voel ek beslis nie meer soos ek ‘n jaar terug gevoel het oor die toekoms van die land nie. Hulle wil ons hier uit he en hulle dryf ons uit een na die ander.

Brenda ·

Daar het jy dit Kurt!!! Dit is hoe die gemiddelde Afrikaner se lewe daaruit sien, wat dit nie kan bekostig om met geld vir hul die luukse van veiligheid in ‘n barbaarse land te “koop” nie!!! Alle wette, werksplekke, besighede en publieke omgewings diskrimineer teen ons blankes…dit word daagliks tot op d letter nagevolg en ons word daagliks vertrap, verguis en verarm. Ons kan nie privaatskole, top sekuriteits oorde, sekuriteits maatskappye en privaat lyfwagte bekostig nie. Ons kan onsself nie uit “slegte'” situasies “koop” nie. Al wat ons het is ons Hemelse Vader om aan vas te hou. Om ons af te maak as ‘n klein goepie wat in die verlede vashaak en nie wil aanvaar dat ons in ‘n demokratiese land bly nie, is belaglik. Om vir jouself en jou volk op te staan is wat ‘n mens doen as jy murg in jou pype het, maar moet nie bekommerd wees nie……jy sal nie weet wat dit beteken nie, want jy kan nie eers die woord spel nie. Gelukkig het ek nog nooit ‘n sent bygedra tot jou rykdom en liefde vir geld, waarmee jy jou mede-Afrikaner vertrap nie!

Theresa ·

Ek het nog nooit van Kurt gehou nie en sal ook nie. Jy moet wakker word ou en mooi om jou kyk. Jou kind moet in hierdie land wat op sy kniee is groot word. Maar gaan voort met jou lekker sorgvrye lewe en onthou die dag toe jy vir jou “Kaptein” gesing het.

Peter Says ·

Boooom, kurt, skiet jy jouself in die voet….Voorstel, leer gou Zulu, ek glo nie die Afrikaner gaan jou enigsins meer ondersteun nie.

Peter Says ·

Net iets bylas, kurt Ope brief se jy, wat van n ope hart.Dink mooi…

willie olivier ·

Ek het simpatie met jou dat jy op die inhuldiging moes sing. Ons weet die ekonomie druk swaar. Maar onthou net, meng you met die semels en die varke vreet jou op.

AmY ·

Liewe Kurt: Die kritiek was nie soseer omdat jy by die inhuldiging opgetree het nie, maar oor wat jy gesê het.

Die regering sien dan alles nog as swart en wit. Waarom sê jy dan ons moet ophou om in swart en wit te dink, as die regring alles wat wit is (jou ook dalk) haat en verafsku?

Dink jy werklik Zuma & Kie hou van jou????

Haal jou oogklappe af Kurt. Jy is blind.

AmY ·

Kurt, wat gaan jy maak as die afrikaners voortaan weier om jou cd’s te koop? Of jou vertonings by te woon? Of weier om ‘n fees by te woon waar jy sing?

Die feeste sal dan gou van jou ontslae raak. Op die oomblik byt jy die hand wat jou voed.

Ek weet van ‘n paar mense in my kantoor wat nie meer die ‘clueless Kurt’ cd’s wil koop nie.

Ek persoonlik het so ‘n ‘effense gly’ in jou gekry.

Kom kyk hoe dit by my werk lyk.

en witte vir elke 30 swartes. Is dit demokraties?

As alles nie meer oor swart en wit gaan nie, moet alles mos 50/50 in die werkplekke en die land gewees het?

Mickey ·

Kurt jy is nou soos n kat op n warm plaat met jou valse “ope brief en onwaarhede oor die baba ” as jy gedink het dat al die ware afrikaners wat jou aanvat oor jou stiksienigheid oor die toestand van ons land, gaan jou uitsprake gou vergeet maak jy n groot fout , jy het klaar gewys aan water kant van die draad jy boer ons sal nog sien hoe tuimel jy van jou selfbehepte troontjie af.

Anton Visser ·

Nee Koert ek is jammer maar van jou en jou musiek wil ek niks weet nie en sal ook nie weer n CD van jou koop nie! Jy se die Afrikaner moet nie meer wit en swart sien nie??? Wel as n Afrikaner werk soek of wil studier of aansoek doen vir n beurs moet hy se hy is wit want ons kry niks daar van in die land nie! Ons mag nie hier werk nie ook nie studier nie want Meneer Darren jou President sie net wit en swart! Jammer maar maak oop jou oe!

Johan Venter ·

Kurt.
Ek het nog altyd gedink jy is ‘n Aap, en nou bewys jy dit aan my en almal. As jy probeer sing, dan sluk jy jou woorde in. Ek dink dat dit better vir jou gewees het om nou jou woorde te sluk, of om jou tong af te byt. (Dan het ons nie nodig om oor die radio te luister na jou eentonige lirieke wat jy oor en oor herhaal)

Marionette ·

Wat help ‘n oor en weer moddergooiery? Hoe kry ons die land weer op sy voete en bevorder harmonie onder mekaar met haat, bitterheid, beskuldigings en onvergewensgesindheid? Ons land is in ‘n ernstige krisis en staan op die rand van anargie en oorlog en ons val mekaar aan! Dis tyd Suid-Afrika, om terug te keer na die Here toe. Dit het inderdaad tyd geword om hand in eie boesem te druk en self ondersoek te doen. Dis waar dat moord, verkragting, rassisme en alles wat vieslik is hooggety vier in ons land, maar wat doen ons om dit te verander? Wat het geword van ‘n Godvresende nasie wie eens op ‘n tyd hul hulp by die Here gaan soek het? NET HY KAN ONS HELP en hoe gouer ons dit besef en iets daaraan begin doen hoe beter. Dit help nie om ‘fire with fire’ te probeer beveg nie en maak alles net erger. Suid-Afrika is lankal nie meer ‘n Godvresende volk nie. Pornografie, seksuele immoraliteit, prostitusie, aborsie, moord, verkragting en elke ander vielike sonde is aan die orde van die dag. Suid-Afrikaners het die Drie Enige God wat hul voorvaders gedien het verlaat en is meer gesteld op plesier en die dinge wat hul behaag. Laat ons ons oë op die Here kry, ons sonde bely en daarvan wegdraai en met verenigde harte na Hom roep sodat Hy kan ingryp, ons land kan red en genees en weer vir ons ‘n Godvresende regering kan gee. NIKS is onmoontlik vir die Here nie. Hy leef, en is dieselfde, gister, vandag en tot in alle ewigheid dieselfde getroue Almagtige God. Hy SAL ons help as ons wegdraai van ons sonde en Hom weer eerste stel in ALLES en Sy regmatige plek gee in ons harte, huise, huwelike, families en elke ander opsig van ons lewens.

Les ·

Ek het blank getrou, my kinders het blankes getrou en ek het vir my klein kinders gesê hulle trou met hulle eie vel kleur, die Here het ons so geskape en ons sal so voort gaan en nie ons bloed meng nie kyk Esra 9 dit was in die Ou Testament now wie is ons vandag om dit ter syde te stel
Die Blankes wat hulle gaan verset, gaan die selfde behandeling ontvang as die Israel vandag almal gaan jou uitskel, vloek en beledig, maar wat ons in sy naam verduur sal verseker dat ons sy seën ontvang
Ek is trots op wie ek is ek is nie ‘n Afrikaner nie en ook nie ‘n Engelsman nie alhoewel my voor ouers van Wallis afkoms is en eers in die laat 1800 hier aan gekom is ek ‘n Suid Afrikaner

Magdelena ·

Aag nee a mense, sulke kleinlikheid het ek lank laas gesien. Dit is hoekom ons volk nooit sal saam staan nie. Dink julle net dat blankes vermoor word in die land? Of dat dit net in Suid-Afrika sleg gaan – die hele wereld is korrup. Dankie Kurt dat jy ons naam probeer hoog hou, al sien die mense dit nie in daardie lug nie. Die mense moet net onthou dat dit wat jy ander toe wense het ‘n manier om terug te draai na jouself

Tameletjie ·

@Magdalena – stem heeltemal met jou saam. Die groot ironie is die mense wat so bek uitspoel oor Zuma en sy vroue en kinders en dan is Steve vir hul nou NET die man – met al SY buite-egtelike kinders! Die ander ironie is dat mense Kurt kruisig omdat hy by die inhuldiging op uitnodiging van Zuma gesing het, maar hul vergeet BAIE gou einste Steve het GEBRAAI met Zuma – en nie op Zuma se uitnodiging nie maar andersom! HOE IRONIES! En Maroela hoe kom party mense dan so weg met “vieslike persoonlike opmerkings”, “rassisme” ens as dit jul reg is om sulke aanmerkings te verwyder?

Salomie ·

Ai mense, lewe ons nie maar in n land waar daar soveel beloftes gemaak word nie, om Kurt nou te kruisig ek weet darem nie kyk hoe kom die lelik uit, dis julle keuse om sy cd’s te koop of nie, ja ons land is in n groot gemors so erg dat ons kinders met ons kleinkinders oorsee vlug, en die hartseer ouers agterlaat party van ons is bevoorreg om hulle eenkeer in 2 jaar te sien ander kan dit nie eers bekostig nie. Maar ek wed julle 50% van die mense wat so aangaan oor Kurt nou het nie eers gaan stem nie, nou wil julle seker se hkm moet julle stem elkeen van julle stemme kon getel het vir die DA of enige ander party behalwe die ANC, hoekom gaan julle nie so tekere wanneer enige ander Afrikaanse sanger of sangeres vir hulle optree nie, ek haat ook die huidige omstandigdhede en glo my ek praat niks goeds nie maar kom ons vat liewerste hande mense en kyk of ons die beste van hierdie sitsuasie kan maak. ons gaan nie iets bereik om te kere te gaan soos nou nie, en glo my dit gaan nog erger word, ons is mos trots AFRIKAANS

frank passano ·

Ag kom nou Kurt! Terwyl jy piekniek by Dingaan hou, lag Dingaan in sy mou. Really. Of voel jy jou nou deel van n lang lys sg ‘volkshelde’! As jy so aangaan is jy binnekort deel van die Oscar-joke brigade!

Frank Passano ·

Om by te voeg: [Kurt Darren] vir jare lank koop Afrikaners jou temerige siellose cd’s en jy gaan spring saam met die onderdrukkers op n verhoog rond. Ag nee man, kry ruggraat!

Andre ·

Zuma, nSkandla, Gupta en al die ander kriminele vergrype is “TANDKRY” gebeure?

brakpanpop ·

Dag se mense. Eks nie n liefheber van kurt nie maar om die dood van n onskuldige klein mensie wat nogie eers gebore is nie. Te se hoop jou ongebore baba gaan dood. Sal ek nie eers op my grootste vuihand gee nie. Kurt was dalk op n manier verkeerd in mense se oe. In myne oÓk. Ek sal die dag waneer hulle die doodstraf trug bring en ons land begin reg ruk sal ek saam hulle stem. Ek bly in n dorp. Die sap is so saam die nageriars en hulle dinge. Hulle word betaal om blinde oog te gooi. Ons kanie op hulle staat maak nie. Hulle altyd verskoning maar is vanig om hulle geld te gaan optel om n blinde oog te gooi oor als. Hoe werk n mens saam so blary nasie. Iemand se my asb want tot beroemde moordenaars kom weg met moord want hulle gaan weskoppies toe as buite pasient.

jaco ·

Kurt, waarom moet daar altyd n frot kol in n appel wees. Daai mense wat dit aan jou en jou vrou gewens het dat jul baba dood gebore word,mag hulle deur die blinde sambok geslaan word, alle sterkte met jou sig en jou vroutjie wat jul kleinding verwag. Groot fan. Jaco Havenga. Van Randfontein. Jacohaven@[email protected]

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.