Kuruman-moord: Verdagte dood in sel aangetref

Danie Fourie Foto: Verskaf.

Die 31-jarige verdagte wat Woensdag in verband met die moord op Danie Fourie (70) in hegtenis geneem is, is Donderdagoggend in sy sel dood aangetref.

Fourie is Dinsdagaand wreedaardig op sy kleinhoewe in die Seoding-omgewing naby Kuruman in die Noord-Kaap vermoor.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die verdagte is vanoggend aangetref waar hy in sy sel hang. “Die verdagte is in sy sel in die Kathu-polisiestasie aangetref. Die polisie ondersoek die omstandighede rondom die voorval,” het Kock gesê.

Maroela Media het vroeër berig die verdagte is Woensdagmiddag om 14:45 in hegtenis geneem. “Die verdagte is ʼn werknemer van die oorledene wat algemene takies rondom die huis verrig het. Die polisie het in samewerking met die gemeenskap die verdagte in ʼn veld langs die N14 in Kuruman vasgetrek,” het Kock in daardie stadium gesê.

ʼn Rewolwer is glo ook in die verdagte se besit gevind wat vermoedelik aan Fourie behoort het.

Fourie se vrou, Mariaan, is erg aangerand, ontvoer en Woensdagoggend in die vroeë oggendure in die egpaar se bakkie langs ʼn snelweg gevind. Kock het vroeër aan Maroela Media gesê die polisie het ʼn verlate Isuzu-bakkie op die N14 naby Mothibistad aangetref. “ʼn Vrou is erg aangerand en met vasgebinde hande binne die bakkie gevind,” het hy gesê. Die polisie kon daarna die voorval verbind met die aanval op die egpaar se kleinhoewe. Fourie se liggaam is toe op die kleinhoewe aangetref waar dit toegemaak is met ʼn waentjieklap.

Mariaan is in ʼn hospitaal in Kathu opgeneem vir mediese behandeling.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Moegepraat ·

Jammer die skare buite die selle kon nie n woordjie met die moordenaar wissel nie. Justice was not served.

Dankie dankie ·

Ek se eerder net dankie dankie, ten minste vreet hy nie belasting betaler se geld op nie en hy kry ook nie belasting betaler se gratis regshulp nie om in elk geval oor ‘n jaar of wat uit te kom om weer iemand te vermoor nie. Ongelukkig Moeggepraat kan ons nie reg in eie hande neem nie, maar glo my ek voel soos jy, maar die storie het vir die beste uitgewerk. Ek voel ook soos ‘n paar wat sê vreemd dat hy alleen was of tussen ander homself gehang gekry het. Ek gee egter nie om, ek is bly, een stuk gif is uitgewis.

PJC ·

Goeie uitkoms sou ek sê al vat dit nie die trauma en hartseer weg nie.

Leahim ·

Nou ondersoek hulle alweer kom niemand in die aande by die selle om te kyk of die gevangenis nog daar is nie die publiek moet optrek na die polisie stasie en hulle bestook met vrot eiers

Pieter ·

Mooi man, skuldig en gevonnis, minder om in die tronk vet te voer.

Robert ·

Wonder wie was bang wat hy sou kwytraak gedurende sy verhoor?

Vermeende ·

Dit is seldsaam dat net een verdagte wat verhoorafwagtend is alleen in n sel aangehou word, daai selle is gewoonlik vol mense, die kans is baie klein dat iemand homself kan hang en niemand anders sien dit of weet eenvoudig nie wat hy doen nie.
Hierdie lyk eerder na n moord op n moord saak.

Yster ·

Hang. Self gedoen of gehelp. Jammer hy is so maklik uit die werêld uit.

Hilda Kruger ·

Ek stem saam jou …..net TE convenient!! Maar beslis nie verlies nie.

Veronica ·

Dankie tog! Een minder wat kan uit op borg net om dit weer te doen!

Oud Kalla ·

Was die mannetjie alleen? Oom Kat was nie n klein mensie nie.

Miskien ·

Miskien was dit so dat die Oom groot is, maar as die Oom besig is om te werk en nie verwag dat sy werker hom gaan aanval nie, sal die groot niks help. Ek weet nie wat presies gebeur het, maar ‘n hou van agter oor die kop kon hom ongelooflik weerloos gelaat het……. deurmekaar en nog verward ook en dan met ‘n mes steek, dit kan enige een doen, as die swernoot hom reg van voor, sou die Omie hom beslis ‘n ding of 2 gewys het.

Cor ·

Gerieflikheids halwe is die bewys daar dat hy kort pad gevat het , wie was aan diens of wie het hom aangespoor om kort pad te vat. Egter geen verlies vir die smelewing nie. Asal die misdadige ellement almalkort pad vat sal dit n beter wereld wees.

Ek dink ook ·

Al is ek ook verskriklik happy hy het sommer self doodstraf teruggebring, moet ons die aanmoediger soek, baie betaal dat hy na elke polisie stasie & tronk gaan en aanmoedig, dan kan ons dalk wen. Hul kom mos na ‘n jaar of wat uit om maar weer te moor.

net ek ·

En daar word bietjie van ons tax geld gespaar met hof verigtinge…… Sterkte aan die familie van Danie Fourie…….

Peet J ·

Ek dink Mnr. Fourie was die derdeslagoffer binne ‘n paar maande in die Noord-Kaap. Baie bly die doodstraf kom nou sommer vanself terug op hierdie kriminele. My innige simpatie met die familie.

Neo Muller ·

Die swaard van gerigtigheid deurboor onreg.Ek wens die media wil meer berig oor misdadigers wat hul vasloop teen die stryd teen misdaad.Op die oomblik sien die misdadigers op die nuus net hoe suksesvol hulle is.Hulle moet bangraak om plase te betree.Dankie

Max ·

Ek stem saam, Neo, daar behoort meer gerapporteer te word deur die media en die polisie wanneer misdadigers vasgetrek en gevonnis word. Tans is die persepsie dat hierdie moordenaars skotvry afkom en dis nie heeltemal waar nie. Ongelukkig hoor ons net van die aanval/misdaad en selde van die inhegtenisname.

Colleen ·

Hy het eers skade aangerig voor hy homself uit die samelewing verwyder het. RIP Danie Fourie.

Speedguard ·

Bitter soet, ek is seker hy was nie allen in die aanval nie , hoop hy het gepraat voor sy “dapper” daad !! Weereens my vraag , is daar nie meer sel inspeksies nie ??

Rina Kotze ·

So vat hy baie onbeantwoorde vrae saam graf toe!

Maar was hy alleen by aanval op kleinhoewe betrokke?

Of het hy geweet hy gaan baie lank tronk toe dat hy sommer self die doodstraf ingestel het?

In elk geval. Dis los die naasbestandes van Danie Fourie met baie vrae, maar ten minste hoef sy moordenaar nie onderhou te word in die tronk terwyl hy iemand se reg om te lewe weggeneem het nie!

Viva! Mag daar nog baie aanvallers wees wat sommer self die doodstraf instel en ons baie geld spaar!

Sterkte en Simpatie aan Danie Fourie se familie. My pa se neef het self lank in daardie omgewing gebly.

Hein ·

Dit sal my geensins verbaas as die vermoorde boer vir moord op die verdagte aangekla gaan word nie.

Max ·

He-he-he! Hein, ek is seker jy is reg. Enigiets is moontlik in ons he-he-he-republiek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.