Lt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die twee verdagtes, 19 en 22 jaar oud, is vroeg Saterdagoggend in Bankhara buite Kuruman in hegtenis geneem. Die verdagtes sal Maandag in die Kuruman-landdroshof verskyn.
Kock het bevestig dat een van die verdagtes voorheen op Kruger se plaas gewerk het. Maroela Media het verlede week berig dat Kruger vermoedelik uit wraak vermoor is. Jan-Sarel Kruger (31), Christo se seun, het gesê die familie vermoed ʼn voormalige werker het sy pa vermoor.
Christo is voorverlede week Donderdag omstreeks 20:00 drie keer in die bors geskiet nadat hy ʼn geluid buite gehoor en ondersoek gaan instel het. Sy vrou, Vera (59), was in die huis en het gesien hoe haar man geskiet word. Sy is egter nie in die aanval beseer nie. Niks is tydens die aanval gesteel nie.Jan-Sarel het gesê sy pa het verlede jaar teen ʼn voormalige plaaswerker getuig nadat laasgenoemde glo sy bakkie en ʼn paar skape gesteel het. “Ek praat onder korreksie, maar sover ek weet, is die werker vroeër vanjaar skuldig bevind, maar wel op borgtog vrygelaat omdat hy ʼn eerste oortreder was. My pa was die hoofgetuie in hierdie saak en daarom vermoed ons hy is uit wraak vermoor.”
Die Kruger-egpaar het die afgelope drie jaar op die plaas gewoon nadat hulle jare lank ʼn wegneemkosonderneming in Kuruman bedryf het. Die plaas is egter al geslagte lank in die familie en Christo het die bees- en skaapboerdery by sy pa oorgeneem.
ʼn Intieme gedenkdiens is Saterdag vir Kruger gehou. Hy laat sy vrou en vier kinders agter.
uit wraak uit, dit oor n getuie van die skaap diefstal wat hy betrokke was, moordenaar, hy en sy makkers moet boet, hoekom altyd n klomp ander ook betrek, te bang om sy man te staan. sterkte aan die familie.
Ja Scalla. Dis mos ons regering wat dit propageer. Jy vat terug wat eintlik joune is, as jy steel. En die boer moet maar net die “regstellende ” aksie aanvaar? As hy getuig oor sy Veediefstal word hy terreggestel. Moordenaars word mos nie terreggestel in hierdie land nie. Ons regstelsel is sieklik.
Dink aan die familie van Christo. Mag God julle dra in hierdie tyd.
Ja dis omdat julle mense borg gee dat so iets gebeur. Maak nie ‘n joos saak of die piesang ‘n eerste oortreder is nie hy het gesteel so hy moet sit, maar nee hulle het ook regte en mag maak soos hulle lus het. As daar borg gegee word kan jy maar weet hulle sal weer so iets doen.