Frank Itumeleng (22) en Ben Thabo (19) is vroeg Saterdagoggend in Bankhara buite Kuruman in hegtenis geneem. Hulle het Maandag in die dorp se landdroshof verskyn. Lt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die verdagtes sal in aanhouding bly tot hul volgende hofverskyning op 15 Junie.
Maroela Media het verlede week berig dat Kruger vermoedelik uit wraak vermoor is. Jan-Sarel Kruger (31), Christo se seun, het gesê die familie vermoed ʼn voormalige werker het sy pa vermoor nadat sy pa teen die werknemer getuig het nadat laasgenoemde glo sy bakkie en ʼn paar skape gesteel het. Volgens Jan-Sarel is die werknemer vroeër vanjaar op borgtog vrygelaat.
Christo is op 28 Mei omstreeks 20:00 drie keer in die bors geskiet nadat hy ʼn geluid buite gehoor en ondersoek gaan instel het. Sy vrou, Vera (59), was in die huis en het gesien hoe haar man geskiet word. Sy is nie in die aanval beseer nie. Niks is tydens die aanval gesteel nie.
Moordenaars op ouderdomme 22 en 19???. Geen borg nie asseblief, hulle gaan net nog ander mense vermoor. Gebore moordenaars en sal altyd moordenaars wees
Hoekom hoor mens nooit dat Boere by plaaswerkers se huise inbreek nie? Wanneer mens op die ouderdom reeds by moord betrokke is, kan mens net wonder… Gevangenes is oorvol en die belasting betaler word ook dan inherent geraak…
Hoekom hoor mens nooit dat Boere by plaaswerkers se huise inbreek nie? Wanneer mens op die ouderdom reeds by moord betrokke is, kan mens net wonder… Gevangenes is oorvol en die belasting betaler word ook dan inherent geraak…
Vuilgoed!
Sal hulle ook so ‘n lang vonnis ontvang EN uitdien as hulle skuldig bevind word soos Derby-Lewis of gaan die maar ook net ‘n paar jaar wees?