Kusasalethu-myn: Derde myner se liggaam gevind

Die Kusasalethu-myn naby Carletonville. Foto: https://www.harmony.co.za

Die liggaam van ʼn derde mynwerker wat Vrydagoggend ondergronds vasgekeer is by Harmony Gold se Kusasalethu-myn naby Carletonville, is na die oppervlak gebring.

Die myn het in ʼn verklaring gesê die soek-en-reddingspoging na nog twee mynwerkers wat steeds vasgekeer is gaan voort.

“Ons innige medelye gaan aan die vriende en familie van die oorledene. Ons sal nie rus tot die ander twee werknemers ook gevind en na die oppervlak gebring is nie,” het Peter Steenkamp, uitvoerende hoof van die myn, gesê.

Maroela Media het vroeër berig die myn het Vrydagoggend omstreeks 10:30 ʼn ineenstorting beleef tydens ʼn seismiese gebeurtenis ongeveer 3.1 km ondergrond. Byna 3 000 myners was besig om in die myn te werk toe dele van die myn ingestort het. Alle mynboubedrywighede by die myn is sedertdien opgeskort.

ʼn Soek-en-reddingsoperasie is van stapel gestuur na die vyf mynwerkers wat ondergronds vasgekeer is en die eerste werker se liggaam is Saterdag gevind en na die oppervlak gebring. ʼn Tweede werker se liggaam is Sondag uit die myn gehaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.