Kusasalethu-myn: Laaste 2 myners se liggame gevind

Die Kusasalethu-myn naby Carletonville. Foto: https://www.harmony.co.za

Die liggame van die laaste twee van die vyf mynwerkers wat ondergronds by Harmony Gold se Kusasalethu-myn in Carletonville vasgekeer was, is gevind.

Harmony Gold het bevestig reddingswerkers het die oorblywende twee mynwerkers se liggame opgespoor en na die oppervlak gebring.

Die vyf myners is Vrydag ondergronds vasgekeer toe ʼn grondstorting omstreeks 10:30 plaasgevind het. Harmony het bevestig ʼn seismiese trilling van 1.8 het 3,1 km ondergronds plaasgevind.

Die eerste liggaam is Saterdag na die oppervlak gebring. Nog ʼn liggaam is Sondag gevind en die derde is Maandag opgespoor.

Die oorledenes is intussen as mnre. Matuba, Mokhele, Mokemane, Moganedi en Sethafuno geïdentifiseer.

Harmony se bestuur het sy innige meegevoel met die oorledenes se familie, vriende en kollegas betuig en onderneem om die nodige bystand te bied.

Lees alle vorige berigte oor die Kusasalethu-myn op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Santie ·

Ag siestog! Ek dink mens hoop tot op die laaste oomblik dat ‘n wonderwerk gebeur het en jou geliefde lewend uit die myn kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.