Kusile-beskuldigde dán weer in hof

Maphoko Kgomoeswana (Foto: NVG)

Maphoko Hudson Kgomoeswana, ʼn verskaffer vir Eskom se Kusile-kragstasie, het Donderdag vlugtig in die Pretoria-streekhof verskyn op aanklag van bedrog ter waarde van R5 miljoen.

Die hof het bepaal die saak sal op 4 Augustus 2021 aangehoor word.

Sindisiwe Twala, ʼn woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê dié saak hou verband met belastingontduiking ter waarde van R5 miljoen. Dit het aan die lig gekom dat Kgomoeswana en sy maatskappy, Babinatlou Business Services, tussen 2016 en 2018 belasting ontduik het.

Die belastingbedrog is onthul tydens ʼn ondersoek oor korrupsie ter waarde van R745 miljoen by die Kusile-kragstasie. Die Limpopo-sakeman en sy maatskappy word daarvan beskuldig dat hulle omkoopgeld gefasiliteer het. Hy is tans vry op borgtog van R300 000 in dié saak.

Maroela Media het in Februarie berig Kgomoeswana het saam met Abram Masango, ʼn voormalige uitvoerende groephoof in Eskom se kapitaalafdeling; France Hlakudi, ʼn voormalige kontraktebestuurder by Eskom; en Antonio Trindade, uitvoerende hoof van Tubular Construction, in die Palm Ridge- gespesialiseerde handelsmisdaadhof hof verskyn onder meer op aanklag van geldwassery, bedrog, korrupsie, asook dat hulle ongemagtigde betalings gedoen en ontvang het. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle tussen 2014 en 2017 bedrieglike betalings aan subkontrakteurs by die Kusile-kragsentrale gedoen het. Die korrupsie beloop sowat R745 miljoen.

Die direktoraat het reeds formeel aansoek gedoen dat Michael Lomas, ʼn voormalige voorsitter van Tubular Construction wat tans in Brittanje woon, aan Suid-Afrika uitgelewer word en saam met sy vier medebeskuldigdes tereg staan.

Masango en Hlakudi word daarvan beskuldig dat hulle R30 miljoen elk van die kontrakteurs – Trindade en Lomas – ontvang het.

Kgomoeswana en sy maatskappy het glo die betaling van die omkoopgeld tussen die Kusile-kontrakteurs en die senior amptenare in die hand gewerk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
jacobus

ek soek ook daar werk???

Blomme

Ai…. Die nuwe norm van SA is… KORRUPSIE!!

Jack

Daar gaan nie ‘n dag verby of ons hoor oor die radio en lees in die media van groot bedrae geld wat by korrupsie betrokke is nie. Persone van alle bevolkingsgroepe is betrokke maar daar is telkens een gemeenskaplike faktor: Die ANC.
Nou is dit so dat die ANC graag aanspraak maak dat hulle ‘n eerbiedwaardige organisasie is wat vryheid en demokrasie vir Seffricans gebring het. Hulle optrede getuig egter die teendeel. Hulle is erger as die mafia.

Abraham

Geen wonder ons het nooit krag nie….

Pierre

Maar die kragtariewe gaan op. Want Eksdom het nie geld nie.