Kusile-beskuldigde se regsverteenwoordiger onttrek

Die beskuldigdes tydens ‘n vorige hofverskyning (v.l.n.r. France Hlakudi, Antonio Trindade, Abram Masango en Maphoko Kgoemoeswana (Foto: NVG-OD)

Twee voormalige hoë amptenare van Eskom en twee kontrakteurs het Dinsdag weer vlugtig in die hof verskyn waar hulle tereg staan op aanklag van onder meer geldwassery, bedrog, korrupsie asook dat hulle ongemagtigde betalings gedoen en ontvang het.

Abram Masango, ʼn voormalige uitvoerende groephoof by Eskom se kapitaalafdeling, France Hlakudi, ʼn voormalige kontraktebestuurder by Eskom, Maphoko Kgomoeswana, ʼn sakeman, asook Antonio Trindade, uitvoerende hoof van Tubular Construction, word daarvan beskuldig dat hulle die misdade tussen 2014 en 2017 gepleeg het.

Sowat R745 miljoen is by die ondersoek betrokke. Die ondersoek hou verband met bedrieglike betalings wat aan subkontrakteurs by die Kusile-kragsentrale gedoen is.

Sindisiwe Seboka, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag se ondersoekdirektoraat, sê die Palm Ridge-landdroshof het die saak tot 19 Augustus uitgestel sodat Hlakudi ʼn nuwe regsverteenwoordiger kan aanstel. Dit volg nadat sy tweede regsverteenwoordiger hom weens finansiële redes aan die saak onttrek het.

Maroela Media het vroeër berig die direktoraat het reeds formeel aansoek gedoen dat Michael Lomas, ʼn voormalige voorsitter van Tubular Construction wat tans in Brittanje woon, aan Suid-Afrika uitgelewer word en saam met sy vier medebeskuldigdes tereg staan.

Masango en Hlakudi word daarvan beskuldig dat hulle R30 miljoen elk van die kontrakteurs – Trindade en Lomas – ontvang het.

Kgomoeswana en sy maatskappy, Babinatlou Business Services CC, het glo die betaling van die omkoopgeld tussen die Kusile-kontrakteurs en die senior amptenare in die hand gewerk.

Verskeie ander maatskappye word ook by die ondersoek betrek.

Hlakudi en Kgomoeswana staan ook tereg op aanklag van belastingontduiking, onderskeidelik van R30 miljoen en R5 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hennie ·

Nog ‘n mooi parasiet invested storie om te vertel…gebring aan jou deur die ver-DOM – de ANC imbisiele en gefinansier deur die banggat belastingbetalers!

Jacobus ·

Díe plundery by Kusile het al in die beplanigs fase begin. Hierdie is net deel van ‘n “gift that keeps om giving”! Die groot geld is egter hoër op gemaak – baie hoër!

Boon ·

Dis die soort leierfigure van staatskaping en selfverryking wat die burgers van SA in die tronke wil sien. Ons will ook hê daar moet op alle bates beslan gelê word, want dit behoort aa die staat. Ons is moeg van die baie gepraat, skelm prokureurs, en die afwesigheid van reg en geregtigheid.

Cecilia ·

Hy het R30miljoen gekry maar sy regsverteenwoordiger onttrek agv finansies.
Laat d Stasat vir hom n regsverteenwoordiger gee!
Hy het belasting ontduik. Maar arme ek d weduwee met twee afhanklikes moes d afgelope 18jr maar net elke hoes as SARS my aanslaan omdat my oorlede man se pension +my salaris 2x getax is.
Ek hoop hy gaan vir ewig agter tralies sit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.