Kusile-korrupsie: Lomas se uitleweringsaak dán aangehoor

Die beskuldigdes tydens ‘n vorige hofverskyning (v.l.n.r. France Hlakudi, Antonio Trindade, Abram Masango en Maphoko Kgoemoeswana (Foto: NVG-OD)

Die Westminster-magistraatshof in Londen het 20 en 21 Desember 2021 geskeduleer vir die uitleweringsverhoor van die Brits gebaseerde Michael Lomas.

Lomas het Donderdag vlugtig vir die tweede keer in die hof in Londen verskyn ná sy inhegtenisneming op 15 April 2021 in verband met korrupsie van R745 miljoen by die Kusile-kragstasie in Mpumalanga.

Hy is vrygelaat op borgtog van £100 000 (sowat R1,9 miljoen) en ʼn waarborg ten bedrae van £250 000 (sowat R4,9 miljoen) met streng borgtogvoorwaardes.

Dit volg ná gesprekke met wetstoepassers in die Verenigde Koninkryk in verband met die bedrog- en korrupsiesaak waar Eskom R745 miljoen aan Tubular Construction Projects oorbetaal het en waarby Lomas betrek word, het Sindisiwe Seboka, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag se ondersoekdirektoraat, in ʼn verklaring gesê. Die kontrak het die staatsbeheerde entiteit aan R1,4 miljard blootgestel.

Lomas staan saam met vier ander beskuldigdes in Suid-Afrika tereg op die aanklagte. Die medebeskuldigdes is in Desember 2019 in hegtenis geneem en sal na verwagting op 1 Junie 2021 weer in die hof verskyn.

Die Pretoriase hooggeregshof het vroeër ʼn bewaringsbevel ten bedrae van R1,4 miljard aan die NVG se ondersoekdirektoraat toegestaan teen die vier medebeskuldigdes. Die bevel is op Abram Masango, ʼn voormalige uitvoerende hoof van Eskom, France Hlakudi, ʼn voormalige kontrakbestuurder, en die sakemanne Antonio Trindade, die uitvoerende hoof van Tubular Construction, en Maphoko Kgomoeswana beteken. Hul bates is nou onder toesig van ʼn kurator wat deur die hof aangestel is, het Seboka bygevoeg.

Die ondersoekspan het ook ʼn aansoek gebring sodat Lomas aan Suid-Afrika uitgelewer kan word om hier aanspreeklik gehou te word en aan te sluit by sy medepligtiges.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tubac ·

Nee ou grote. Dit mense soos hy wat ons beinvloed, ongeag van sy ras.

Marcello ·

So gaan een vir een moet “Pa-staan” vir hulle bedrog, te danke aan Eskom se Andrè de Ruyter. Met so ‘n leier kan Eskom net vorentoe gaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.