Kusile-kragstasie aan nasionale netwerk gekoppel

Kusile- eenheid 1 (Foto: Eskom, Twitter)

Kusile- eenheid 1 (Foto: Eskom, Twitter)

Eskom het Dinsdag gesê die eerste eenheid van die Kusile-kragstasie is vir die eerste keer Maandagaand aan die nasionale netwerk gekoppel.

Die kragvoorsiener het in ʼn verklaring gesê dit bied ʼn verdere 800 MW “om die kragstelsel nog verder te stabiliseer om Suid-Afrika se ekonomiese groei te ondersteun”.

Kusile, ʼn steenkoolkragstasie naby Kendal-kragstasie in Mpumalanga, sal uiteindelik ses eenhede hê, waarvan elkeen 800 MW-kapasiteit kan verskaf. Dit sal na verwagting in 2022 finaal afgehandel wees.

Eskom het daarop gewys dat eenheid 1 van Kusile in ʼn tyd kom waar hy oortollige kapasiteit bou om kragvoorsiening te verseker. Dit is bykomend tot eenheid 6 van die Medupi-kragstasie wat al meer as ʼn jaar lank operasioneel is, en het 1 332 MW van al vier eenhede van die Inqula-skema bekom, tesame met die sinchronisasie van Medupi- eenheid 5.

Volgens die verklaring kan Eskom sy kragvoorsiening verhoog na meer as 200 000 huishoudings teen die einde van Maart 2017. Die departement van energie het ʼn teiken van 169 722 gestel.

Eskom het ook gesê hy het sy uitvoere aan buurlande verhoog, van wie talle se hidroskemas deur die droogte getref is. Eskom se elektrisiteitsverkope aan Botswana, Namibië, Zambië en Zimbabwe het tot 31,6% toegeneem in die ses maande tot 30 September.

Matshela Koko, tussentydse groep- uitvoerende hoof van Eskom, het gesê Eskom fokus op die lesse wat hy geleer het uit nuwe bouprojekte en daarom is die eenheid vroeg gesinchroniseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Lance ·

Ek hoor daar is nou weer teveel krag omdat die ekonomie so swak is en mense nie in SA wil belê agv politieke uitsprake en korrupsie ….kan dit waar wees dat SA nou weer teveel krag het ….so dalk kan die Kusile nog bq af anders dra ons net by tot aardverwareming ?

Callie van der Merwe ·

Dis mense soos Lance wat die duiwel om elke draai sien. Niks positief ooit! Maak my naar! Goed gedoen Eskom!

Uys ·

Eskom vorder eers die uitstaande honderde duisend US$ van Zim in voor jul nog krag uitvoer
Moet asb net nie die betaling in lewendehawe aanvaar nie.

Johanna Botha ·

Presies, Eskom kan maar die uitstaande gelde eers inkry en verhaal en ook die mense afsit wat nie betaal en die krag so steel ….dis wat my siek maak want ons gaan WEER vir dit moet betaal ! Ongelukkig is sommige mense reg en sien die situasie presies vir wat dit is so sit asb af as dit nie nodig is nie !

wilma ·

Maak tog seker buurlande betaal vi hul krag en dat ons ni wee beurtkrag moet kry ni

Kobus ·

Jis….hier darem n slim klomp mense….wees dankbaar dat die eenheid op n Vakansiedag in werking gestel is…..

Johann ·

Whahahahaha! Rerig? “Volgens ESKOM?” En ons moet die PR oefening glo? Ja shure…

jaco ·

hoekom gaan dit eers in 2022 klaar wees? neem werkers in diens wat nie worry oor vakbonde en al sulke nonsens nie, betaal hulle goed en die kragstasie sal baie vinniger klaar wees. as dit eers teen 2022 klaar is, sal die land se kragbehoeftes klaar so groot wees dat nog 5 Medupi kragstasies nodig sal wees.

Drakensberger ·

Lyk my daar is nou ‘n oorvloed krag! Genoeg dat ons aan ons buurlande kan verkwansel – nou waarom die prys van krag so drasties verhoog? Om Afrika nie weer Donker-Afrika te laat word nie? En ons arme ape betaal ten duurste vir die gelag!

regverdig ·

hopenlik sal ons nou een kW een prys beginsel he of ons nou net een kW in mamelodi of tienfuisend kw in Clifton koop.

Danie ·

As dit is hoe nuwe sisteme se beheerpaneel lyk kan hulle maar solank begin planne maak om af te skakel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.