Kutama-ontsnapping: Laaste voortvlugtige weer aangekeer

Argieffoto

Die sewende voortvlugtige wat uit Kutama Sinthumule-tronk buite Louis Trichardt ontsnap het, is Vrydagoggend weer aangekeer.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Rphaelj Nyota (30) van Harare in Zimbabwe is in Gauteng naby die Ivory Park-taxistaanplek aangekeer.

Nyota is die laaste van die groep gevangenes wat die aand van 27 Oktober 2017 uit die tronk ontsnap het.

“Al sewe voortvlugtiges is weer aangekeer. Nyota is in aanhouding ná hy skuldig bevind is op aanklag van moord en roof met verswarende omstandighede,” het Ngoepe verduidelik.

Die ander ses persone wat ontsnap en later aangekeer is, is:
* Chris Faku (37)
* Jabulani Isaac Mahlangu (32) van Pretoria
* Ntshengedzeni Manukha (26) van Thohoyandou
* Ntshavheni Thomas Munyai (30) van Riverside
* Justice Makamo (28) van Zimbabwe
* Phathutshedzo Namadodzi (34) van Dididi buite Thohoyandou

Maroela Media het vroeër berig tronkbewaarders by die tronk het glo in Oktober 2017 begin staak en die gevangenes het munt geslaan uit die situasie. “Hulle het op ʼn verwoestingstog gegaan, voorwerpe aan die brand gesteek en skade aan die eiendom aangerig. Tydens die chaos het sewe gevangenes ontsnap,” het brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, in daardie stadium gesê.

“Nyota sal binnekort in die Makhado-landdroshof verskyn op aanklag van ontsnapping uit aanhouding,” het Ngoepe bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

IK ·

En Nyota vlug nie oor die grens?!
Dan moet dit verskriklik gaan daar anderkant?

NEE ·

“Tronkbewaarders” is ‘n uitgediende term. Die Internasionale term is korrektiewe beampte en tronke is korrektiewe sentrums, al vir meer as 15 jaar in Suid Afrika. Kutama Sinthumule is ‘n privaat korrektiewe sentrum wat deur G4S bedryf word met basies “sekuriteits beamptes” in die plek van korrektiewe beamptes teen ‘n astronomiese koste vir die belasting betalers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.