Kutama-ontsnapping: Nog een vas

Argieffoto

Nog een van die sewe gevangenes wat laat verlede jaar uit die Kutama Sinthumule-tronk buite Makhado ontsnap het, is vroeg Dinsdagoggend vasgetrek.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Phathutshedzo Nemadodzi (34) van Dididi-nedersetting buite Thohoyandou is vasgetrek waar hy in sy huis weg gekruip het.

Ses van die sewe verdagtes is nou weer in hegtenis. Nemadodzi is oorspronklik in hegtenis geneem vir moord en roof met verswarende omstandighede.

“Die soektog na Raphaelj Nyota (30) [die sewende verdagte] van Harare in Zimbabwe duur voort.”

Maroela Media het vroeër berig tronkbewaarders by die tronk het glo in Oktober begin staak en die gevangenes het munt geslaan uit die situasie. “Hulle het op ʼn verwoestingstog gegaan, voorwerpe aan die brand gesteek en skade aan die eiendom aangerig. Tydens die chaos het sewe gevangenes ontsnap,” het brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, gesê.

Die ander vyf wat reeds aangekeer is, is Jabulani Mahlangu, Ntshengedzeni Manukha, Ntshavheni Munyai, Chris Faku en Justice Makamu.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Alida ·

En so mors hulle kosbare tyd!!! Hulle moes NOOIT in die eerste plek ontsnap het nie.

kas ·

As die staat die bewaarders met meer waardigheid behandel het sou hulle nie gestaak het nie.Hulle moet ook maar tevrede wees met die krummels wat na hulle kant toe kom soos al die ander staatsamptenare.So pas ses en sewe persent verhoging aangebied,vat dit of los dit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.