KVBA sê SAID-afdanking was regverdig

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het die besluit deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwelkom dat sy afdanking van die voormalige regshoof adv. Refiloe Mokoena regverdig was.

Die KVBA het Mokoena se bewering, dat die SAID onregverdig opgetree het toe sy afgedank is ná sy tydens ʼn dissiplinêre verhoor skuldig bevind is aan wangedrag, van die hand gewys. Die KVBA het Mokoena se verweer verwerp dat daar nie ʼn prima facie-saak teen haar bestaan het nie.

Die kommissie het ook Mokoena se besluit, om nie self te getuig of getuies te roep wat haar saak kan staaf nie, in ʼn negatiewe lig beskou.

Maroela Media het vroeër berig Mokoena is in November 2019 afgedank ná ʼn vyf dag lange dissiplinêre verhoor. Aan die einde van die verhoor is Mokoena skuldig bevind aan wangedrag op die volgende aanklagte:

  • dat sy aktief BTW-terugbetalings ter waarde van R150 miljoen gefasiliteer het sonder redelike gronde om dit te doen;
  • dat Mokoena nie die vereiste belasting en/of regskennis gehad het nie, maar steeds die SAID en eksterne kenners oor belastingwetgewing teëgegaan het en ʼn artikel van die BTW-wet, wat herroep is, gebruik het om haar besluit, dat Oakbay-terugbetalings aan ʼn derdeparty betaal mag word, te regverdig;
  • dat sy belastingbetaler-inligting gedeel het en dus wetgewing oortree het dat belastingbetalers se inligting vertroulik gehou moet word.

Die SAID het met die bevindings van die dissiplinêre verhoor saamgestem dat die aanklagte teen Mokoena só ernstig is dat sy oneerlik opgetree het en dat haar optrede haar ongeskik gemaak het om op te tree as die SAID se regshoof.

“Die SAID kan nou uiteindelik, ná die KVBA se beslissing, ʼn lyn trek onder die saak en al sy energie daarop fokus om die organisasie vorentoe te vat,” het die SAID in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Leonard ·

Hoor, hoor vír SAID, dat hulle besig is om KORRUPSIE vas te vat!

Jr ·

Maar moenie worry jou kredentials op jou CV is nou perfek om ‘n cANCer politician te word. Hulle kan jou nou in die treasury sit. Of mini star van die Reserwe bank maak

Pieter J ·

Hierdie klomp is mos altyd onskuldig. Absoluut geen skaamte nie.

Winnie ·

Die wiel draai stadig maar seker solank daar nie beurtkrag is nie né

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.