KVBA wil met Gautrein-staking help

Gautrein in die depot (Foto: GautengCitizen via Wikimedia Commons)

Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het Vrydag aangebied om bystand te verleen waar loononderhandelings tussen die vakbond Untu en Bombela, die maatskappy wat die Gautrein bedryf, vasgeval het.

Kesagee Nayager, woordvoerder van Gautrein, het gesê die maatskappy het dadelik die KVBA se aanbod aanvaar, aangesien hy besorg is oor ʼn moontlike verlies aan inkomste deur hul werkers en hoop om dringend ʼn oplossing te kry. “Ons het die KVBA in kennis gestel dat ons dadelik beskikbaar is vir onderhandelings. Die United National Transport Union (Untu) het ongelukkig aangedui dat hulle eers Maandag kan vergader,” het Nayager bygevoeg.

“Ons wil graag ons passasiers bedank vir hul begrip en ondersteuning in hierdie tyd. Ons hoop dat ʼn oplossing nog voor Maandag bereik kan word.” Nayager het gesê die gebeurlikheidsplanne sal oor die naweek hersien word en die maatskappy sal na verwagting teen Sondagmiddag enige verwikkelinge aan die huidige diens vir Maandag aankondig.

Werkers het Maandag begin staak. Hulle eis ʼn salarisverhoging van 10%. Bombela bied 8.6% aan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

John ·

Is die Gautrein eintlik in besit van ‘n buitelandse, Indiese, maatskappy?

Johanna Botha ·

Ek soek n werk maar begin dadelik staak sodat ek n Dr se salaris kan verdien ….as dit te min betaal gaan siek tog vir jou n ander werk !

Arie ·

Dit is opmerklik die redes wat aangevoer word waarom gestaak word

Dit is hoofsaaklik twee redes.
1. Salarisberhoging / Bonus
2. Werksomtandighede.

My antwoorde hierop is maklik.
Tradisioneel was n BONUS iets wat jy goedgumstļglik gekry het uit waardering dat die maatskappy besonder goed presteer het vanweë die besondere produktiwe bydraes van die werknemers en die waarde daarvan was nooit n vasgestelde bedrag of persentasie van die wins gewees nie.
Betaling van n BONUS is dus in wese nie afdwingbaar nie.

Die salarisse wat maatskappye aanbied was van die jaar toet af nog alltyd onvoldoende.
Parkinson’d law het nog altyd gegeld – “expenditure rises to meet the income and soon exceeds the income.”
Jy het by die maatskappy aangesluit onder sekere voorwaardes aangaande salaris en werksomstandighede (eat jy aanvaar het). As die salaris onvoldoende is of werksomstandighede onaanbaar is, gaan soek dan vir jou n ander werk met beter salaris en/of werksomstandighede.
Die keuse is jou eie. Indien jy nie die keuse uitoefen nie beteken dit tog dat jy tevrede is met jou omstandighed – waarom staak jy dan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.